Andre01
Pack Dog
- Joined
- Apr 15, 2012
- Messages
- 228
- Reaction score
- 55
- Location
- Malmesbury
- Bike
- Honda CRF-1000L Africa Twin
’n Vinnig dagtrip. Aangesien gister a vakansiedag was, besluit ons om die fietse te vat en bietjie die Sandveld te gaan verken.
Drie manne. Ek en Mike op F650gs Dakars en skoonpa (Marius) op ‘n 750 African Twin.
Om julle ’n idee te gee ek gaan al vir die afgelope 10 jaar gereeld Elandsbaai toe, my skoonpa al die afgelope 30 jaar, hy het ’n strandhuis daar, maar ons het gister paaie in die Sandveld ontdek wat ons nog nooit gery het nie. Dankie T4A en Google Earth.
Tussen Bitterfontein en Kaapstad loop daar ’n treinspoor wat deesdae baie min gebruik word. Natuurlik is daar oral klein “stasies” waar die boere destyds hulle goedere kon laai. Ons wou so paar van die vergete stasies gaan soek het. Paleisheuwel- , Verlorevlei- en Sandberg stasie.
Ons spring toe so ± 8 am weg uit Malmesbury, tot op Piketberg. Daar drink ons ’n koffie en eet ’n groot roosterkoek, ons het geweet in die Sandveld gaan ons nie maklik fancy eetplekke en koffies shops kry nie. Ons het genoeg water en eetgoed ingepak om heeldag te hou.
Ons glip toe tot bo-op Piekenierskloofpas en vat die Paleisheuwel afdraai. Die pad is geteer. So ±10km gery toe draai ons regs, by ’n bordjie wat sê Clanwilliam, na so 15km raak die pad grondpad en ons vat so skelm links draai (Dankie GPS) daar is geen aanwysing bordjies nie. Die pad wys nogal op T4A.
Dis die pad in rooi.
Hierdie was die mooiste stuk pad van die dag, hy kronkel tussen die berg deur, daar is bietjie boerdery aktiwiteit aan die gang maar nie veel nie. Die pad word nie baie gebruik nie en plek-plek is hy net ’n tweespoorpad. Baie klippe en slote soos die water hom al uitgekalwer het, laat my baie dink aan die stuk tussen Oasis en Wuppertal, hy is net meer toegegroei.
Ons vorder goed en stop vir ’n bietjie water en iets om te kou. Die uitsig oor die sandveld is asemrowend.
Hierna begin die sports. Die klippe is skielik verby en die sand begin. Ek het al bietjie sand gery maar nog nie sulke dik stukke aaneen nie, en dan kronkel die pad ook nog. Ek vat dit stadig aan die begin. Dit maak my moeg, ek stoei met die fiets! Later staan ek, 2de en 3de rat 30-50kmph, gewig agtertoe. Wat ’n plesier, niks meer van die ge-stoeiery nie! Die fiets “surf” oor die sand. Ek ry verby die ander manne, hulle “paddle” nog soos eende, baie versigtig. Elke nou en dan dan stop ek en wag op hulle. Ek hoor darem heeltyd hulle bikes, die Sandveld is doodstil. Ek probeer hulle oorreed om ook vinnige te ry, hulle kyk na my met ongeloof.
En skielik hoor ek nie meer bikes nie. Ek draai om. Mike het sy fiets neergesit. Niks ernstig nie, net die spieëltjie wat af is. Hy was darem dapper genoeg om ’n foto te neem. Toe ek by hulle aankom toe rus hulle eers, darem klaar die fiets regop gekry.
Hierna was dit nog so ±5km se sand ry tot waar ons reg by Paleisheuwel se “sonplaas” uitkom op die “grootpad”. Hier rus ons weer en sit sommer onder die boom en stront praat vir 10min. Ek lees die sonplaas se borde. Hulle wek 83MW se krag op, seker oor ’n area van 30-40HA skat ek.
Ons draai toe vir so 6km suid en kom by Paleisheuwel se stasie uit. Hiervandaan vat ons die ou dienspad langs die treinspoor op in die rigting van Sanbergstasie. Hierdie pad kon ek op geen kaarte opspoor nie, slegs Google earth. Ons Die pad word glad nie in standgehou nie, baie bosse, takke en natuurlik Sand! Plek-plek is die pad net ’n enkelspoor. Ons vorder so ±1km, ek “surf” gemaklik op die sand. Mike het ook intussen agtergekom bietjie spoed is jou maat. My skoonpa sukkel. Hy is 59 jaar oud, weeg seker 85kg en het nog nie baie sulke paaie gery nie. Die African Twin gee hom opdraand.
Na 1km besluit ons om eerder om te draai en met die grootpad langs te ry tot by Sandbergstasie. Sanberg lê net mooi halfpad tussen Graafwater en Redelinghuys. Ek het dit oorweeg om op my eie die treinspoor te volg, maar wou nie die noodlot tart nie.
Die blou stukkie is die pad wat ons beplan het om teen die treinspoor te ry.
By die grootpad gekom vrek Mike se bike heeltyd as hy clutch intrek. Bietjie kopgekrap, Sidestand switch. Ons vat ‘n tang en insulation tape en bypass hom vinnig. Ons vorder so 15km toe vrek die bike weer. Die insulation tape het warm geraak en begin “afgly”, die draad loop baie naby aan die uitlaatpyp. Ons stop. Die keer doen ons ’n beter job. Die twee episodes het ons seker so 30min besig gehou.
By Sandberg gekom draai ons suid, al teen die treinspoor af. Wie kry ons daar? Sand! Ons het sekerlik nie gedink ons gaan in die Sandveld ry by ’n plek genaamd Sandberg en nie Sand kry nie.
Ek en Sand is nou al beter vriende en ek verkies dit bo uitgeryde, gate gespoelde “gravel highways”. Ons vorder so 7km. En wag eers vir skoonpa. Vra of hy wil omdraai. Nee. Hy wil niks weet nie. Hy sê hy het al op plase in die omgewing ’n paar windscreens ingesit, die pad sal beter raak. Ons stoot aan.
Die stuk pad in groen.
Dit raak nie beter nie, die sand is dik en wat dit nog erger maak, die boer is besig om die pad te skraap, soos die sand is gelyk, jy kan nie sien waar die sagte kolle is soos die spoor voorheen geloop het nie. Hy is nog hard en die volgende oomblik sak jy weg en dis oop throttle om spoed te hou. Vet pret.
Ek stop weer en wag vir die ander manne. Ek hoor nie bikes nie. Mike het vasgeval. Hulle het gespook om sy Dakar uit te kry. Ek draai om en kry die manne. Hulle rus bietjie. My skoonpa beskuldig my daarvan dat ek vroer wil erf en hom aspris op hierdie paaie gelei het.
Die sand het vir so ±16km aangehou, toe raak die pad hard. Ons stoot tot op Redelinghuys. Ek was al twee ure terug lus vir ’n bier!
Redelinghuys se enigste eet plek is nie oop nie. Dankie tog. Ek is nie honger nie, ek is dors! Die bottelstoor is oop! Ons koop drie quarts, yskoud! Die tannie sê ons moet nie in die straat drink nie, die polisieman sal lastig wees, mens verstaan dit. Sy bied aan dat ons agter die drankwinkel in hulle werf onder die koelteboom ons bier kan drink. Sy gee nogal vir ons klein glasies ook. Ons trek die bikes om en haal al ons orige biltong, chips en lekkers uit. Dit was verfrissend na al die sandpaaie.
Dis nou 16:30. Ons het beplan om nog ’n paar paaie agter Aurora se berg te gaan verken. Ons gaan nie vandag tyd hê nie. Ons vat teerpad Piketberg toe, pomp bande by Winkelshoek en sit die laaste 60km in terug huis toe. Stop net na 6pm by die huis.
Dit was ’n goeie dag.