Saterdag dagtrip, net vorie storm kom

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lem

Grey Hound
Joined
Jan 20, 2010
Messages
5,320
Reaction score
17
Location
Bellville, Cape Town
Bike
BMW R1200GS
Dagse Manne en Manninne

Die afgelope kwartaal was tot dusver 'n rowwe een by ons huis. Meimaand was 'n droe Salticrax happie vir my, en my vrou se saterdae was volgeboek met skool hokkiegames.  Die bike het dus maar baie stilgestaan. Ek het my vrou al maandag gevra hoe hulle sportprogram lyk, en syt spoedig met my die goeie nuus gedeel dat hulle enigste wedstryd vir Vrydagaand geskeduleer was. Die vorige paar naweke het ek dus lekker petrolgeld gespaar deur te gaan bergfiets ry, maar vir hierdie een het ek gereken, come hell or high water, hierdie saterdag ry ons bike.

Die aanvangklike plan sou wees om Tankwa padstal toe te ry & Katbakkies om terug te kom, maar met die afgelope week se reen in die Kaap, Anakees & die voorspelling van 90% kans op 'n storm vanaf vanaand in die Kaap wou ek nie vandag risikos neem met my kosbaarste cargo agterop nie.

Ek het ook vandeesweek 'n topboks aangeskaf, en vandag sou dus 'n gulde geleentheid wees om hom te toets. Ek en Anmar is suckers vir 'n goeie padstal, en ek wou dus paar lekker plekke vir snuisterye & lekkernye inwerk in die dag se roete. 

Ek het opgestaan met n keelseer, maar selfs dit sou my nie stop nie. Om verkoue te behandel is goedkoper as 'n bike-battery, en om by n Dakar se battery uit te kom kort jy minstens 'n N6 diploma voor.

So ek het vroegoggend gaan tenk volmaak terwyl vroulief haarself regkry vir bietjie koudkry, en omstreeks 09h00 is ons hier vanuit Durbanville weg.

 
 

Attachments

  • WP_20140531_001.jpg
    WP_20140531_001.jpg
    82.7 KB
Vandat ek my kop by die deur uitgesteek het was dit duidelik dat ons vandag sou wind kry. Nie 'n sagte briesie nie, proper Noordwester! Die heersende Kaapse reenwind.

Ek probeer ook altyd die N1 te vermy in ruil vir die stilste, agterste roete, want dis ook gewoonlik die mooiste.

Ons is vanuit Goedemoed uit op Klipheuwelpad, regs by Fisantekraal en reguit tot Agter Paarlberg. Regs op R44, links op Suid-Agter Paarl (Fairview) en vandaar het ons in digte, ysige mis regs gedraai op die N1 by Paarl.

Ons draai toe af vir Du Toitskloofpas. Een van my gunstelinge, hierdie. Die son was besig om oor die berge te begin uitkruip, maar die padoppervlak in die skadu draaie was maar nog baie nat van al die dou, of selfs die vorige dag se reen. Versigtig wees!

Bo-op Du Toitskloof het ons gou afgeklim vir 'n foto. Die Paarl Vallei was geklee in die mooiste misbank. 
 

Attachments

  • WP_20140531_002.jpg
    WP_20140531_002.jpg
    46.1 KB
  • WP_20140531_003.jpg
    WP_20140531_003.jpg
    35.8 KB
  • WP_20140531_004.jpg
    WP_20140531_004.jpg
    35.3 KB
My vroutjie was hier bo-op die berg al redelik soos 'n blok ys, en ons moes dus aanstoot tot agter die berg sodat ons bietjie in die son kan ry en ontdooi.

By Rawsonville draai ek altyd links op die Slanghoekpad. Hier het ons die Noordwester loodreg van voor gevang, maar die Dakar trek op sy lekkerste hier op 115kph @ 4700rpm, met ons twee swaargewigte op en al.

By die laagwaterbruggie oor die Breederivier het ek weer vir 'n son kolletjie afgetrek. Die bruggie was seker eergister in vloed, en die stroom het steeds baie sterk gevloei.
 

Attachments

  • WP_20140531_005.jpg
    WP_20140531_005.jpg
    115.4 KB
  • WP_20140531_006.jpg
    WP_20140531_006.jpg
    108 KB
  • WP_20140531_007.jpg
    WP_20140531_007.jpg
    55.9 KB
Vanaf die Slanghoekpad bruggie het ons aangestoot na Tulbach. Die belofte van warm koffie & 'n goeie brekfis/hamburger het my die oor laat draai en 20 minute later was ons daar, weereens in 'n ysige misbank.

Ons besluit toe op Saronsberg Teater, in die hoofstraat. 

Die plek het bykans elke week vier of vyf shows deur redelike bekende kunstenaars. Baie soos Die Boer in Durbanville.

Cappuchinos & Hamburgurs is van hoogstaande gehalte. Regtig, as jy noggie daar was nie, stop gerus volgende keer daar.

Met die oggend se ergste myle agter die blad, en die son wat uiteindelik sy job doen het my & Anmar se shopping spree begin. Ek het lanklaas n topboks besit, en dit was tyd om te kyk of hy meer as net 'n backrest vir Anmar is.

Ek dra veldskoene vir werk & kerk, en ons is eerstens na die Tarzan leerwinkel toe, vir leather food & 'n nuwe swart leer gordel. My vroutjie het ook 'n mooi handsak gesien wat sy graag wou.....volgende keer  :deal:

Van hier af is ons deurie Nuwekloof Poort na Vaalbaas toe waar ons gaan Kaaswors, Boerewors en Gemsbokbiltong optel het. Vaalbaas mag maar wors maak, en ek kannie sien hoe hierdie voorraad ou bene in ons vrieskas gaan maak nie.

By Hermon het ons afgedraai by Du Vlei Padstal. Hier kon ons die kele lawe & die kombuiskas optop met heerlike korrelkonfyt (vir die volgende snoekbraai), Rooibostee & Romany Creams. Beslis 'n swaar gewiggie in daai topboks na hierdie putstop. 

Met 'n sterk dwarswind het ek maar die Dakar se oor gedraai gehou, want ons moes eers by Willowbridge stop & by ons local apteek vir my vrou se voorskrif medikasie. Ons het elke liter van 42 van daai Givi Topboks gebruik.

Om 15h00 sharp het die eerste stormwolke begin inrol oor Durbanville, en ons het veilig voorie huis gestop.

Dit was voorwaar 'n lekker dag. Kwaliteit tyd met my geliefde, en 'n lekker biketrip om weer die batterye vir die nuwe week te recharge

Dit is beslis lekker om hier in die Kaap te bly, met hierdie wonderlike plekke, en mooi paaie op ons voorstoep.

Dit is alles ook net Genade van Bo af, dat ons dit kan geniet  :thumleft: en daarom kan ek nie wag vir my volgende trip saam met my vrou nie.

 
 

Attachments

  • WP_20140531_008.jpg
    WP_20140531_008.jpg
    36 KB
  • WP_20140531_009.jpg
    WP_20140531_009.jpg
    49.7 KB
  • WP_20140531_010.jpg
    WP_20140531_010.jpg
    87.4 KB
  • WP_20140531_011.jpg
    WP_20140531_011.jpg
    73.7 KB
  • WP_20140531_012.jpg
    WP_20140531_012.jpg
    50.2 KB
  • WP_20140531_014.jpg
    WP_20140531_014.jpg
    41.7 KB
  • WP_20140531_016.jpg
    WP_20140531_016.jpg
    69.8 KB
  • WP_20140531_017.jpg
    WP_20140531_017.jpg
    69.4 KB
Jis Lem....LEKKER RR....

daar issie te veel meer RR deesdae nie.. Lekker kikis!!

 
Sulke vinnige trippies is altyd lekker.  Dankie vd deel.

Ek het Desember by die restaurant net so neffens van waar julle geeet het, seker vir 2 ure gesit om die tyd om te kry.

Soos jy se - julle bly in 'n mooi deel vd land  :thumleft:
 
nice rr having a lekker ride  :ricky:
 
nice report thank u for sharing
 
Mooi geskryf Lem, en 'n lekker dagtrippie  :thumleft:
 
    Dit was n lekker trip.Dankie vir die deel.Ek besef maar net weer hoe gelukkig ons ouens hier in die platteland is om net uit die dorp te ry en dan is jy op die heerlikste grondpaaie.Kom aan as jy weer deur Montagu ry. :thumleft:
 
Mooi man! Lyk lekker. Dit is was ek die meeste gemis het van my en Biker Chick se onlangse trip deur SA. Te min stoppe en te min gekoop by die winkels op die pad. :3some:
 
:sip: Ek is oortuig dat Du Vlei Padstal die lekkerste koffie maak wat ek al ooit geproe het, en daai sloppy Joe brekfis is wow! :3some:
 
Lekker man ek is bietjie jaloers, maar het darem ook 'n lekker klomp kilometers in gekry op my Duke.

Die week gaan haal ek my Adventure so volgende keer ry ek saam.
 
Lekker on sulke dag ritte ook te doen (saam met daai langes natuurlik).  Mooi wêreld wat julle gery het.
 
Nice Lem  :thumleft:

Doen jouself een guns... Koop 'n R60 cargo net om oor jou top-box te span.
 
Bokveld said:
    Dit was n lekker trip.Dankie vir die deel.Ek besef maar net weer hoe gelukkig ons ouens hier in die platteland is om net uit die dorp te ry en dan is jy op die heerlikste grondpaaie.Kom aan as jy weer deur Montagu ry. :thumleft:

Thanks Bokveld. Ja Montagu is waar baie grondpadtrips Oos, Noord of Suid begin. Gelukkig bly ek op die outscirts van Durbanville. Ons naaste grondpaaie deurie hoender, wingerd en koringplase begin so 7km hiervandaan. Ons vat hulle gereeld met die bergfietse aan.

Gister se hele teerpad roete was so 295km. Maar mens kan dieselfde plekke besoek met so +- 120km se grondpaaie ook tussenin  :thumleft:
 
Top