Scorpion Rally

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

DeonDj

Race Dog
Joined
Dec 31, 2007
Messages
1,534
Reaction score
0
Location
Eastern Free State
Bike
BMW F800GS
Hier is die langverwagte ride report van die Scorpion Rally 2008, defnitief nie vir sussies nie,
, 5h00 daardie Vrydag oggend in Bethlehem, - 2 grade, maar wat die show moet aan, die wind was vrek sterk gewees wat die trippie bietjie nie lekker gemaak het na Bloem nie, dit was eers Paul Roux, Senekal, Winburg en dan Bloem.
Vanaf Bloem na Colesberg, Hanover, Richmond, Drie Susters en dan Beaufort Wes.
Was 788 kilometer tot BW, tussen Bloem en Colesberg was ek redelik haastig, kon so agter kom op die petrol verbruik!
Was so 13h30 by die kampeerterrein waar ek deur Generaal, Basset en Oom Fou-rie ingewag was..., hulle was baie hulpvaardig met die tent opslaan.., ek moet net hier noem ek het nie ereksie probleme nie.., HOOR JY BASSET!
HMMM waar was ek..., o ja, daar wil my trusted AT nie vat nie, dood, geen krag boggerall, miskien was dit die blou.. aahhmmmm, Harley wat daar naby was
, die mooi groen dome tentjie is myne, hoekom ek so na aan Basset moes slaap was later die aand helder gewees, daar word geraas in die nag....

Jammer oor die datum op die kameera, smaak hy was gejinx op Beaufort Wes..., nou ja episode twee, die eerste aand sal hierna volg, wat 'n aand gewees.
 

Attachments

  • PIC_0002.jpg
    PIC_0002.jpg
    130 KB
  • PIC_0041.jpg
    PIC_0041.jpg
    113.8 KB
  • PIC_0001.jpg
    PIC_0001.jpg
    61.4 KB
Vervlakse foto's wil nie reg insert nie onder die berig nie.... >:D Kom Basset voeg by, omkoop van my gaat nie werk nie ;D ;D
 
Kyk soos vroeer berig deur, ja ek dink Uiltjie is die rally 'n tawwe ene, vir my was dit nie net die koue en die reen nie maar ook  my bleddie matras wat elke oggend omstreeks 3h00 afblaas, kyk met my metaal heupe was dit 'n gamors, daan hoor ek net die WD's sing (snork) rondom my, aaa Basset en Oom Fou-rie smaak my julle het lekker ga doedoe?!
Generaal se baoooooo roep, dan later net bao,bao soos hy roep het al hoe stiller geraak, manne die WD's was verseker daar, daaroor het ek klariteit gekry..., mense het geweet ons was daar, minority rule!
Slaap julle WD's alweer laat.... eeehhh Bassie, Oompie, Generaal staat op die dag word al ... lekkerder!
 
Jirre Deon - are you perhaps related to GIDEON?
We'll have to get him to decipher your ramblings.. :p :p
 
DeonDj said:
Vervlakse foto's wil nie reg insert nie onder die berig nie.... >:D Kom Basset voeg by, omkoop van my gaat nie werk nie ;D ;D

Deon jy sal jou fotos moet opgelaai kry, want jy het n paar interesante klariteit fotos ;D
 
Ja, hierdie report het lank gevat om die world wide web te haal.

Vrydag 2 Mei 2008 trek Oom Foe-rie, Generaal en Basset op n koue en winderige teerpad trippie Beaufort-Wes toe vir die jaarlikse Scorpion Rally.
Daar is eers op Laingsburg breakfast geniet, petrol ingegooi en toe weer in die pad geval. Die brandstofverbruik was maar swak as gevolg van die suid-oos wat ons van voor af gekou het.

Volgende stop Leeu Gamka. Basset polish eers sy Harley. Basset het daar n bietjie "down" gevoel want daar stop toe twee manne wat gaan jag het en stap toe na die bikes toe. By die bikes gekom word die Harley n "flat ignore" gekap en die Africa Twin was al wat onder bespreking was. Daarna was next stop Beaufort Wes.
Daar aangekom is daar toe ingeskryf by die hek en toe het ons gaan tente opslaan. En toe word ons dors en gaan drink bier. Intussen kom Deon ook daar aan. Hy kon toe geen kop of gat uitmaak van hoe om sy kinders se nuwe tent op te slaan nie. Ons moes maar help.
Tengai, Alexxxxxxx en n vriend van hulle het toe ook intussen opgedaag.

Daardie aand word die bierdrinkkompetisie op n baie omstrede wyse deur Genereral gewen (sy blik met nog bier in is oor sy skouer gegooi) en Oom Foe-rie moes toe maar met die tweede plek tevrede wees nadat hy al sy bier soos n soet seuntjie uitgedrink het. Laatnag is daar telefoonoproepe na Uiltjie gemaak om te hoor of hy wakker is, en ja, die Uil slaap wragtag nie.
Deon kla weer heelnag van sy matras wat pap word.

Saterdag oggend het dit bietjie gereen en n redelike klomp babelaas manne het toe aan die massride gaan deelneem. Daarna was dit maar die ewone rally dinge soos drags, burn-outs donuts ensovoorts. Deon het weer n ernstige gesprek met n plaaslike sangeres aangeknoop en Basset en Generaal het weer na die ou tannies geloer. Die bewysstukke in die vorm van fotos is aangeheg.

Saterdag aand na die prysuitdeling is die Dros op horings geneem en ons moes n ruk by lampies sit want die donderweer het die krag af geslaan.

Sondagoggend vroeg is Deon en sy pap matras geskei toe hy sy hele tent bemors en alles is papnat van binne. Hy gee toe die Coke-bottel wat omgeval het die skuld. So het ons maar almal weer begin oppak en terug huis toe vertrek.

En raai wat, die wind het omgedraai en ons ry toe weer wind-op en ons reen nat tussen Laingsburg en Touwsrivier.

 

Attachments

  • Basset Polish Harley.jpg
    Basset Polish Harley.jpg
    156.4 KB
  • Deon se pap matras.jpg
    Deon se pap matras.jpg
    85.6 KB
  • Deon en die Sangeres.jpg
    Deon en die Sangeres.jpg
    75.3 KB
  • Oom Foe-rie is moeg.jpg
    Oom Foe-rie is moeg.jpg
    150.9 KB
  • Basset en Generaal chat n ou tannie op.jpg
    Basset en Generaal chat n ou tannie op.jpg
    69.4 KB
Basset
Tengai
Oom Foe-rie
Generaal
Deon
Elkeen besig met sy eie pret. Wat de moer maak jy Deon?
 

Attachments

  • Basset'sflag.jpg
    Basset'sflag.jpg
    133.9 KB
  • DK.jpg
    DK.jpg
    194.5 KB
  • GLOG.jpg
    GLOG.jpg
    146 KB
  • Oom Foe-rie.jpg
    Oom Foe-rie.jpg
    175.3 KB
  • TNH.jpg
    TNH.jpg
    121.1 KB
Nou hier is dit nou, bier drink kompetisie gewen deur Generaal, 2de was Oom Fou-rie, natuurlik was ekke, myself die judge gewees, kyk 'n WD is mos 'n reg mens! Klariteit is die antwoord, HTH, Hou Tottie Hou skoon! Ramblings, ja ek kan nogal baie praat.
Generaal wen toe ek dink 2 sixpacks, kyk hy het vasgaklou soos 'n bobbejaan wyfie aan haar kjend!
Arme oom Fou-rie het toe maar 'n ou klein botteltjie Hardehout, die een kiekie was na die bier drink kompetisie, kyk hoe trots lyk Generaal, bao bao!
Auk pic 23 praat ekke nie oor nie.........
Aaai ek stel net belang in die dame wat gesing het.....
 

Attachments

  • PIC_0041.jpg
    PIC_0041.jpg
    113.8 KB
  • PIC_0042.jpg
    PIC_0042.jpg
    97.4 KB
  • PIC_0025.jpg
    PIC_0025.jpg
    79 KB
  • PIC_0021.jpg
    PIC_0021.jpg
    55.8 KB
  • PIC_0023.jpg
    PIC_0023.jpg
    61.5 KB
O jaaaaaaaaaaaaa hiers die beste, Oom Fou-rie ek hoop die tannie slaap, aai die pop het hulle leer rook en leer drink en ek wetie wat nog nie, skaamteloos ek se! >:D
 

Attachments

  • PIC_0007.jpg
    PIC_0007.jpg
    82.6 KB
Flokkit Deon, waa kom daai een met die rooikop en die mike in die prentjie. Weetie van haar nie ??? ???
 
:laughing4:

Ek laaik die fotos.... volgende jaar is ek daar...

Dit lyk nogsteeds of julle ouens aleen daar was ::)
 
Daai rooi kop cherry was rof , twee WD's het geknak op die dansbaan met haar mammie en sussie, by the by hoes die kniee Basset? >:D
 
CAPTAIN SLOW said:
:laughing4:

Ek laaik die fotos.... volgende jaar is ek daar...

Dit lyk nogsteeds of julle ouens aleen daar was ::)

Cappie, ek het daai een met die siegret in die mond mak gemaak vir jou >:D
 
Oom Foe-rie said:
CAPTAIN SLOW said:
:laughing4:

Ek laaik die fotos.... volgende jaar is ek daar...

Dit lyk nogsteeds of julle ouens aleen daar was ::)

Cappie, ek het daai een met die siegret in die mond mak gemaak vir jou >:D

Ek sal daai pop mos pap steek ;D
 
Oom Foe-rie said:
Flokkit Deon, waa kom daai een met die rooikop en die mike in die prentjie. Weetie van haar nie ??? ???

As ek na die fotos kyk het ek 'n vermoede oom het uit gepass ::) ;D
 
Top