Sirkels om Ceres

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lem

Grey Hound
Joined
Jan 20, 2010
Messages
5,322
Reaction score
20
Location
Bellville, Cape Town
Bike
BMW R1200GS
Dagse almal

Net so voor die lockdown het ek my 1200GS aan 'n pel van [member=13184]Noneking[/member] verkoop. Dit nou alles om die oordragskoste van ons nuwe huis te finansier. So deur die lockdown heen was dit maar moeilik om nie 'n bike in die garage te sien nie.

Goeie pelle van ons op Ceres se huis dinge het weer[paar maande vroeer al in plek geval. My vriend EJ (moet hom nog aan die forum bekend stel) het op sy skoonpa se plaas op 'n ongebruikte TW200 afgekom en dit by sy skoonpa oorgeneem. So 'n blou en oranje 1987 model. So 'n paar weke gelede bel EJ my...hy soek nou iets groters vir homself, iets in die 600-650 klas.

Na paar whatsapp voicenotes kom ek vir hom af op [member=9423]Ogre[/member] se dogter Inge se immaculate XT600e, daar op George.

Die volgende dag ry EJ met die bakkie af George toe om die bike te gaan haal.

Maar nou het hy mos twee...en hulle nooi ons vir 'n naweek Ceres toe sodat die kinders kan jol, die vrouens kan klets en sodat die manne kan gaan bike ry  :ricky:

Deur die afgelope paar weke gaan ry EJ elke dag al die grondpaaie rondom Ceres en hy recce nuwe roetes, gesels met die boere en vra toestemming waar nodig. Hy stuur vir my fotos van die tweespoor pad deur Kareekloof wat loop tussen die Tankwa en die Koue Bokkeveld. Ek het altyd gedink daar moet 'n pad wees, maar die kaarte dui slegs aan dat hy aan beide kante van die berg doodloop. EJ laat weet nee...die pad bestaan wel en hy loop dwarsdeur.

Ek was dus in vir 'n treat. My eerste trip ooit op 'n TW200 en 'n hele paar nuwe paaie. Hy was weer nog nooit by Tankwa padstal nie en so is 'n lekker roete gebore.

Ons het vrydagaand deurgery Ceres toe en na goeie opwarming oor 'n hele paar KWV 5jaars en die noukeurige bestudering van Google Maps breek saterdagoggend aan.

Ek maak kennis met my ysterperdjie en hy wil nie graag idle nie. Die throttle is ook erg sticky. Electric starter was nie op die koue oggend van enige hulp nie, maar die fietsie skop gelukkig baie maklik aan die lewe. Om hom aan die lewe te hou verg egter skill.

Nog iets wat skills verg is die brieke. Ek is gewoond aan motorfietse met brieke. Dubbelle disk brieke, voor en agter. Die TeeDub het twee botterbakkie drombrieke, wat seker nog op 1987 se pads en brake fluid hardloop. Ek het gou die stilste en naaste garage gaan besoek om die 7 liter tenkie asook die 5 liter reserwe jerry kan in my rugsakkie te gaan volmaak.

Paar minute later was ons oppad Ooswaarts en ons draai sommer al by Onder-Swaarmoed in.

Paar dinge leer ek vinnig van om 'n TeeDub te ry. Topspoed is 80kph. Cruising spoed is 65kph. Die ratverhoudings is so kort, binne 100m is jy in 5de. Trouens, dit voel eintlik asof die bike net drie ratte het.  1ste rat is heeltemaal onnodig vir . Dit is seker uit en uit vir skape bymekaarmaak, want 2de & 3de is seker om hulle aan te jaag. Dieselfde kort ratte is ook jou beste brieke. My vellies se sole is baie beter as die twee botterbakkie dromme.

Maar slaan die grondpad en die TeeDub kom tot sy reg.

Tussen Onder-Swaarmoed & Bo Swaarmoed ry ons 'n pragtige, kort grondpaadjie en toe klim ons die geteerde pas uit. Hier het ek die TeeDub baie jammer gekry onder my 117kg. Ek moes maar bietjie afrat, op twee plekke na 3rde toe. Bokant Laastedrif plaas raak hy weer grondpad en sak jy weer al met die berg af.
 

Attachments

  • 20200801_104635.jpg
    20200801_104635.jpg
    182.7 KB
  • IMG-20200801-WA0039.jpg
    IMG-20200801-WA0039.jpg
    152.3 KB
  • 20200801_103824.jpg
    20200801_103824.jpg
    85.7 KB
Hierdie grondpad lei ons na die T-aansluiting by Karoopoort. Daar is 'n permanente polisiestop, maar die pote het net vir ons gewaai uit hul tuinstoele uit toe ons voor hulle regs draai.

Die honger knaag by die tyd al kwaai en ek draai die TeeDub se oor om daardie 45km na Tankwa Padstal toe probeer oor en verbykry.

Dit is eintlik 'n baie scary ervaring om op daardie pad iets te ry wat net 65kph loop, want jy is 'n "sitting duck" as 'n bakkie teen 120kph verby jou kom en stof maak wat vir jou vir 'n kilometer ver omring. Na so 27 km op die R355 trek ek net af om die stilte en die niksheid in te drink asook om bietjie bene te rek.

Die pad wat EJ wil ry is die Kareekloofpad..wat maar net so 13km in is op die R355.

Dit beteken dat as jy klaar geeet het by Tankwa padstal moet jy weer die reguit pad suid ry vir so 32 km. Teen 65kph is iemand van my figuurtjie weer honger as ek by die indraai kom.

Tankwa Padstal was oudergewoonte weer sy normale bekoring. Dit was vrek besig, maar Hein & Susan het lekker kom gesels by die tafel.



 

Attachments

  • 20200801_112519.jpg
    20200801_112519.jpg
    111.1 KB
  • 20200801_112713.jpg
    20200801_112713.jpg
    127.7 KB
  • 20200801_121359.jpg
    20200801_121359.jpg
    74.7 KB
  • 20200801_123519.jpg
    20200801_123519.jpg
    145.1 KB
na 'n stewige kaasburger draai ons weer met die R355 suidwaarts.

Ek was bietjie bekommerd oor die TeeDub. Hy het al by die eerste stop paar druppels olie begin lek. Dit lyk my dit is so agter die kickstarter rond, maar ek kon nie lekker bepaal nie. Dalk is dit daar by die output shaft agter die voorste sprocket rond.

Al wat Hein by Tankwa Padstal gehad het was 'n 500ml botteltjie Castrol GTX. Ek weet nou dit is nie die JASO spec olie nie, maar ek het dit maar eerder ingegooi. Enige olie is beter as geen olie.

Die 32 km suid vlieg in 'n oogwink verby en by die indraai na Kareekloof begin die TeeDub te sluk en ek moet die kraantjie na reserwe toe draai. By Kareekloof se ontvangs gaan vra ons gou weer mooi toestemming of ons deur die reservaat mag ry en ons deel sommer die petrol in my rugsak ook tussen die TW en die XT op.

Vandaar af was daar paar plaashekke met die wonderlike tweespoor waarop ek al ooit was. Die twee scramblers was in hul element. Los klippe, modderplasse en sand. Die TeeDub is gemaak hiervoor. Daar is nie slegte lyne nie. Daar is ook nie goeie lyne nie, jy moer net bo-oor alles. Die suspension is in daardie moerse tekkies van hom.

Niks ontsenu die TeeDub se voorwiel nie. Jy hop ook nie op die pegs nie. Jy sit net op jou gat en kyk waar jy wil ry. Sand voel soos teerpad.

Na so 10km in die kloof op kom ons af op 'n maanlandskap van gronderosie. Ek het regtig nog nooit so iets gesien nie. Dit is 'n ongelooflike natuurverskynsel op n plek waarvan bitter min mense weet.
 

Attachments

  • 20200801_140929.jpg
    20200801_140929.jpg
    174.7 KB
  • IMG-20200801-WA0042.jpg
    IMG-20200801-WA0042.jpg
    127.1 KB
  • IMG-20200801-WA0043.jpg
    IMG-20200801-WA0043.jpg
    103.5 KB
  • IMG-20200801-WA0025.jpg
    IMG-20200801-WA0025.jpg
    128.5 KB
  • 20200801_134826.jpg
    20200801_134826.jpg
    115.1 KB
  • 20200801_134811.jpg
    20200801_134811.jpg
    142.4 KB
Skryf man ..  skryf.   

wat gaan dit so stadig.

Ons wag.......


Altyd lekker om jou RR's re lees.
 
Na so die 7de plaashek op die tweespoor deur Kareekloof bereik ons die platorand waar ons begin afsak na die Koue Bokkeveld.

Hier rek ek die TeeDub se bene na so 4de & 5de rat toe. 

Die pad kom uit in Baviaanshoek. Ons maak so 'n tweedelaaste stop voor ons weer aanskuif na die Droehoekpad wat loop tussen die agterkant van Theronsbergpas en die bokant van Gydopas.

Ek het net vir oulaas vir die verpligte foto bo-op Gydopas gestop.

Van daar af het ons deurgesdruk huiswaarts. Die stukkie deur Hamlet en Ceres is regtig wat jou bangmaak op 'n TW 200. Tussen ander mense en karre voel jy so bietjie "exposed".

Wat vel vrek funny is is dat die bike so stadig is dat jy basies flat taps afgaan met Gydopas. Jy slek vir geen draai af nie  :lol8: , maar jy kry ook nie veel lean angle in nie. Jy ry basies kiertsregop om elke draai. TeeDubs is nie gemaak om te tiep nie.

Na 199km stop ons by EJ se huis, met 'n bree, dankbare & gelukkige smile op my gesig. 'n Smile so breed soos 'n TW se agtertyre.

Die trip is net wat ek nodig gehad het.

Na so een brannewyntjie het ek gou die XT600 ook vir so 15km spin gaan vat. Daai is 'n juweel van 'n scrambler. Lekker lig en baie nippy.  :thumleft:

Die dag het my baie geleer van watter rigting ek my liefde vir die sport wil laat inslaan. Iets ligs vir trips meer tegnies. Ek het 'n lekker boks waentjie en sal sommer die bike saamneem op vakansies. Die pad deur Kareekloof sou ek met die ryfiksheid van so 5jaar gelede kon ry met 'n 800 of 1200. Dit sou egter 'n redelike bear wrestle gewees het en ek sou dit nie naastenby soveel geniet het soos op die ligter fietse nie.

Watch this space  :deal:
 

Attachments

  • 20200801_144441.jpg
    20200801_144441.jpg
    151.3 KB
  • 20200801_151949.jpg
    20200801_151949.jpg
    128.7 KB
  • 20200801_152025.jpg
    20200801_152025.jpg
    108.7 KB
  • 20200801_161529.jpg
    20200801_161529.jpg
    168.7 KB
  • 20200801_173016.jpg
    20200801_173016.jpg
    104.8 KB
  • 20200801_173019.jpg
    20200801_173019.jpg
    96.9 KB
Lekker RR en mooi wereld waar julle gery het.
As jy 'n trip regtig wil geniet ry dit met so klein bike. Jy sien meer goed raak en relax baie meer. Vir sulke off the beaten track paadjies is daar niks was so klein bike beat nie.
Ek het 'n string bikes maar die lekkerste vir die veld paadjies is ook my TW200 of die 200 Djebel
 
Geniet die soektog vir jou TW :biggrin: :thumleft:

https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=67532.0
 
Neo_za said:
Geniet die soektog vir jou TW :biggrin: :thumleft:

haha, hoewel hy vet pret is dink ek hyt net 'n saadjie geplant. Ek kort iets wat darem bietjie langer bene het.

My eerste keuse sal wees die TTR250 of die DRZ400. Daai XT600e sal ook eerste prys wees. Daai mooi XR400 wat nou te koop is is ook perfek vir wat ek nodig het.

Maar soos ek myself ken sal ek seker opeindig met 'n KLR of Dakar en daarmee saamleef om afentoe met hulle ekstra 30kg te baklei op slegte paadjies.  :thumleft:
 
Baie dankie vir die RR. Dis n baie mooi roete daai. Nog nie self gery nie, is dit oop vir die publiek?
 
Crankshaft said:
Baie dankie vir die RR. Dis n baie mooi roete daai. Nog nie self gery nie, is dit oop vir die publiek?

Ja, die enigste plek waar mens darem maar moet toestemming vra is die Kareekloof gedeelte. Daar is naweekhuisies op die plaas. Die roete begin net so agter hulle verby. Die hekke is toe, maar nie gesluit nie.

Dit wil vir my voorkom asof dit slegs somerplase is. Daar is tekens van lewe en boerdery, maar die meeste geboue is tans onbewoon. Daar loop ook nie enige vee nie.

Pragtige roete  :thumleft:
 
Dankie Lem, lekker gelees.
Die klein bikes bly maar lekker, ek kan nie wag om te sien wat jy koop nie.
 
Dit was nou lekker lees. Ja as mens moet ry moet mens ry, solank hy jou kan dra vorentoe. Baie dankie vir die deel. Hoe gaan dit met vroulief se herstel
 
Sweet, I like the pic of the TW Tuning Fork and International  :thumleft:
 
big oil said:
Sweet, I like the pic of the TW Tuning Fork and International  :thumleft:

Big Oil, that is such a classic photo :thumleft: There is more to it :biggrin: That International is without a battery. I see he made his own starting block :lol8:

Well it is actually not funny. Farmers are having the raw end of the deal.
 
VaalBaas said:
big oil said:
Sweet, I like the pic of the TW Tuning Fork and International  :thumleft:

Big Oil, that is such a classic photo :thumleft: There is more to it :biggrin: That International is without a battery. I see he made his own starting block :lol8:

Well it is actually not funny. Farmers are having the raw end of the deal.

So true!  I wonder what year that old International is? 
 
MRK Miller said:
Dit was nou lekker lees. Ja as mens moet ry moet mens ry, solank hy jou kan dra vorentoe. Baie dankie vir die deel. Hoe gaan dit met vroulief se herstel

Yes Keith

dit gaan baie goed met haar, dankie. Die wond op die shin is mos maar wat die langste gevat het. Sy was vir 3 sessies fisio en dit het haar rug en spiere uitgesort. Die shin se wond begin nou stadig n roof te vorm, wat goed is. Sy moes eintlik maandag weer begin werk het, maar weens die vakansiedag en hulle gewysigde skoolrooster gaan sy nog n dag by die huis kan wees vir verdere herstel. Fisio se sy moet begin fietsry en hy soek bewyse  :deal:
 
May be of relevance, maybe not, but I had a Zongshen copy of the TW200. Some say Chinese rubbish, but I say it was a bloody good bike, for the price of course.  I certainly wasn't kind to it, and the only inferior issue I could note was the quality of the bolts and nuts. It was fitted with a very effective front disc brake. The rear was adequate, as rear brakes should be.

But yeah, ridiculously short geared! After gearing up though it would cruise OK at 90kmh, and would see 115 on the clock. Yet still 2nd gear was 'technical' and 1st was hardly necessary.

Of course when it came to selling time I virtually had to give it away. Should have kept it, maybe would have if space wasn't the problem.
 
Top