So Amper.. Amper my gat gesien.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

LoneRunner

Pack Dog
Joined
Oct 3, 2010
Messages
471
Reaction score
0
Location
Mossel Bay
Bike
BMW R1150GS Adventure
Kyk, gistraand amper my gat gesien.
Vroeg môre pak vroulief die Jeep en trek terug dorp toe... Nie omdat sy gatvol is nie maar omdat sus kom kuier met die aeroplane en die huis in die
meer geskik is vir belangrike gaste.. So gebeur dit dat ou vriend Smiles 'n paar klinker bakstene nodig het juis vandag om 'n pitza oond te bou op Seeplaas vir Desember maand se gaste ... Fok, ons kry mos almal swaar en dis nou sy idee om 'n bietjie ekstra te maak uit die gaste doer uit die Pretoria en Johannesburg... Nou ja, die betaling soos dit is tussen pêlle, 'n bottel
"gereserveerde" Olofberg wat nog die dag van vereffening opslag uitgesuip moet word of amper .... Is ek later .. Dink so nege-uur oppad huistoe innie dorp op my baaik ... Nou lekke country en blues in my ore ( deur die speakers in my helmet) sit ek en ontspan so op 80km per uur en binne die spoedperk toe ek aankom na 'n kruising met 'n verkeerslig en 'n Yaris wat lyk of hy vir my wag om verby te kom sodat hy kan regsdraai en seker maar ook huistoe gaan... ek het al geskryf oor hoe versigtig mens moet wees by kruisings.. So sit ek en "Watch" maar die ou karretjie so met hanne en pote naby die brieke maar nog steeds gesuip en dalk nie shoooo skerp nie... Weet julle van daai " Point of no return". Wel dis waar ek was toe die outjie of nooientjie.. klaar die SMS of BB boodskap gelees het of klaar gepraat het op daai telefoon of besluit het dat daai enkele lig wat aankom is dalk die trein s'n wat elkgeval langs die pad op die spoor hoort... Trek daai karretjie weg en kruis my strompelende baan... Toe gebeur dinge vinnig, ek skrik so groot.. Maak 'n bol in my broek, gebruik al die bieke wat ek my voor gereed gemaak het.. Daai twee Annekee's klink soos jakkalse wat paar soos hulle skree op die teer en ek sien presies waar ek daai Yarisie gaat looi... Maak al gereed om te spring.. Toe stop hy... Weet nie van wat nie.. Dalk sonder petrol gaan staan (tye is maar moeilik) maar reg voor my innie pad!  die statiese stand van die motortjie gee my toe bietjie meer tyd om die situasie op te som en 'n lyn te kies wat my toe naelskraap om die ou karretjie vat... En hier te sit en my sterre te dank en weer vir julle te sê.... MOENIE 'N KAR VERTROU WAT JOU LYN KAN KRUIS NIE, AL STAAN DIE DING STIL... Ry VEILIG!!!!    
 
Top