Sondagoggend douvoordag.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Karin A

Pack Dog
Joined
Jul 30, 2012
Messages
315
Reaction score
0
Location
Western Cape
Bike
AJS (all models)
Groot was my verbasing & vreugde toe Luther my Saterdagaand vertel dat ons met sy motorfiets kan see toe ry ...vir pizza & milkshake.

Ons roete was as volg:
Vertrek vanaf Trawal en ry oor Skurfkop - draai links op die Seekoeivleipad en ry verby Bossenbach - toe tot by die Heerenlogementpad  - dan na Lambertsbaai - Doringbaai (ry die tolpad) - Strandfontein - Vredendal - en weer terug tot by die huis (Trawal).

Let wel:
Luther se idee van vroeg is om nog voor die hoenders op en aan die gang te wees ...en dit is die rede hoekom ek nou nog wag vir my pizza & milkshake.  Ons was te vroeg by die see vir enige eetplek om al oop te wees en moes ek maar tevrede wees met 'n hamburger in Vredendal. 

MAAR, die dag was baie lekker en Luther het so mooi met my gery dat ek nie eers 1keer bang was nie.

Hier volg 'n paar fotos.

1stes is naby Skurfkop.


 

Attachments

  • PIC_0038-001.JPG
    PIC_0038-001.JPG
    112.8 KB
  • PIC_0037-001.JPG
    PIC_0037-001.JPG
    87.9 KB
  • PIC_0025-001.JPG
    PIC_0025-001.JPG
    67.3 KB
Oppad na Heerenlogement.
 

Attachments

  • PIC_0046.JPG
    PIC_0046.JPG
    72.7 KB
  • PIC_0043-001.JPG
    PIC_0043-001.JPG
    92.9 KB
  • PIC_0052.JPG
    PIC_0052.JPG
    122.6 KB
  • PIC_0054.JPG
    PIC_0054.JPG
    82.6 KB
Lakker - mens kan sien dis vroeg oggend

Karin A - is daai pad by Heerenlogement nog steeds so sinkplaat, of is hy geskraap?
 
Fotos by die see geneem (Lambertsbaai, Doringbaai en Strandfontein).
 

Attachments

  • IMG00723-20121118-0911.jpg
    IMG00723-20121118-0911.jpg
    56.9 KB
  • PIC_0022.JPG
    PIC_0022.JPG
    112.4 KB
  • IMG00741-20121118-1044.jpg
    IMG00741-20121118-1044.jpg
    122.8 KB
  • IMG00734-20121118-1041.jpg
    IMG00734-20121118-1041.jpg
    121.3 KB
  • PIC_0028.JPG
    PIC_0028.JPG
    91.9 KB
  • IMG00724-20121118-0911.jpg
    IMG00724-20121118-0911.jpg
    43.3 KB
  • IMG00719-20121118-0825.jpg
    IMG00719-20121118-0825.jpg
    98.2 KB
Lawwe fotos.
Nr1:  aliens probeer vir Luther vang en ontvoer!! :eek7:
Nr2:  Luther ontdek die kind in hom en swaai 'n bietjie.
Nr3:  Ek probeer ry 'n skelm draaitjie ...net jammer ek het van die 'sidestand' vergeet.
 

Attachments

  • PIC_0004.JPG
    PIC_0004.JPG
    89.1 KB
  • PIC_0041.JPG
    PIC_0041.JPG
    133.5 KB
  • PIC_0021.JPG
    PIC_0021.JPG
    114 KB
sjoe, maar die Weskus is pragtig op daai stuk

dankie vir die deel, sien uit na die res
 
Heimer said:
Lakker - mens kan sien dis vroeg oggend

Karin A - is daai pad by Heerenlogement nog steeds so sinkplaat, of is hy geskraap?
Party plekke stamperig, maar oor die algemeen oraait
 
Baie mooi :thumleft:
Fokkit verlang ek nou erg na die see. Het met my seiljaggie alleen van port owen geseil en omtrent daar vir die nag geanker waar daardie diamant trawlers le in  Lambertsbaai.
 
Daai onbeplande trippies is altyd die lekkerste!  :thumleft:

Jy het nou jou pizza gemis nou skuld hy jou 'n skaapkop ete  :peepwall:
 
Sien Vroutjie goed ry nou saam op die fiets. Te lekker Luther.
 
    Lekker.Ek en Cutting Torch wil binnekort in julle kontrei kom rondry. :thumleft:
 
Bokveld said:
     Lekker.Ek en Cutting Torch wil binnekort in julle kontrei kom rondry. :thumleft:

Jy sal moet, ek dink ons bly in die mooiste plek in die land half uur se ry vanaf die see, half uur se ry na die Sederberge om nie eens te praat van on lekker grondpaadjies nie :thumleft:
 
Karin A said:
Lawwe fotos.
Nr1:  aliens probeer vir Luther vang en ontvoer!! :eek7:
Nr2:  Luther ontdek die kind in hom en swaai 'n bietjie.
Nr3:  Ek probeer ry 'n skelm draaitjie ...net jammer ek het van die 'sidestand' vergeet.

1. Hehe Karin moenie worry nie  , geen aliens sal vir Luther wil ontvoer nie  :mwink:

2. Amper lees ek Luther is pregnant  :imaposer:

3.  lekker ry jy ook Karin.  Eers deel julle net 'n naam en nou al die fiets ook .  :biggrin:

Dankie KarLuther vir die fotos en die virtual saamry.  :3some:
 
Daar is 'n paar mooi foto's by Karin.

Hoop die milkshake lus pak julle sommer gou-gou weer  ;)
 
Net soo pragtige deel van ons land, mooi kiekies. :thumleft:
 
Top