Hi, baie dankie Grootseun, dit was n plesier, bly jy het dit geniet!!
Dankie Abel, eks bly jy het dit geniet!!
Hi Ronsard, ja, die onbekende in Afrika maak die avontuur net soveel meer opwindend, ongelukkig verander die politiek in Afrika so vinnig en dit maak so n trip moeilik om te beplan. As jy inligting nodig het oor die Weskus, vra maar, ek het al heelwat daar rondgery!!! Daars lekker baie sand, hoop jy en die sandmonster verstaan mekaar!!! Ek en n skryfster het begin werk aan die storie,maar ek is so besig met ander dinge, so dit sal moet wag tot ek te oud is om sport te doen en wanneer ek nie meer kan bikery nie, dan kan ons die storie klaarmaak!!
Hi Moggie, ja, die spit het dit maar moeilik gemaak vir my en dit was nie aldag lekker om alleen te toer nie, n mens sien iets mooi en daars niemand om dit mee te deel nie, maar alles gebeur maar met n doel, dieselfde met die tronk, dit was aaklig, maar ekt dit darem oorleef en my ouers aan die kant ook, so als het darem goed uitgedraai en ek kan Hom net dankie se, daar kon eintlik soveel meer goed verkeerd geloop het!!!