Epiloog...
Die karretjie sweef moeiteloos oor die water met meer as 400kg in sy maag! Anderkant spring Carrie af om die aflaai te dokumenteer.
DSC04836 by
Piet.P, on Flickr
Ek skrik! Die ontvanghuisie is amper 2 meter bo grondvlak, en die enigste manier om onder te kom is ‘n STEIL stel trappies! Gelukkig is daar heelwat mense wat bereid is om te help. Ek spring op die remme en almal anders kry ‘n voorafgoedgekeurde vatplek. In ‘n japtrap het ons die esel onder sonder insidente. Die hele oefening (van oorkant af) jaag my ‘n somtotaal van net 200 Pula uit die sak! 50 elk vir die passasiers en 100 vir die pak-os!
DSC04839 by
Piet.P, on Flickr
Die Suid-Afrikaanse grenspos is net ‘n venstertjie, en twee weergalmende stempels later is ons terug in die vaderland.
DSC04840 by
Piet.P, on Flickr
Op ‘n gewone toerdag, met volle waardering en dokumentering van die landskappe en besienswaardighede, sukkel ons om meer as 300km te toer. En dis as die koppelaar 08h begin skuur. Dis nou 14h30 en as ons R510 langs ry, weet ek daar is ongeveer 275km oor. My voorneme was om nog ‘n paar grondpaadjies op te soek oppad terug, maar ek besef dat dit nie ‘n goeie keuse sal wees nie.
Carrie skuif haar gemaks-verekussing reg vir die 60km stoot tot in Alldays. Die teerpad is slaggatbesaai, maar die omgewing seën ons met pragtige gesigte. Die noordelike strook van die R521, langs die Mapungubwe Nasional Park, is beeldskoon – klein vulkaniese koppies wat glinster in die son, gekomplementeer deur wydverspreide kremetarte van alle groottes en vorms.
Die pad se interessantheid neem egter eksponensieël af soos ons Alldays nader – Carrie hou vol dat sy iewers ‘n trop buffels gesien het, maar ek kan haar nie sekondeer nie. Teen die tyd wat ons die dorp binnedring besef ek dat ek nie ‘n ander keuse het as om die terugroete met grondpad in te kleur nie. Brandstofaanvulling te Alldays merk ons laaste beskawingsverwante stop vir die toer.
Ek koers suid op die eerste sinkplaatpad links en soek ‘n skaduboom vir laatmiddagpiekniek. ‘n Ent voor die Mogalakwenarivier maak hy sy verskyning en ons plof neer in die stof vir neute, skyfies, tuna en ‘n gaskoeldrank. Kwart voor vier.
DSC04842 by
Piet.P, on Flickr
DSC04845 by
Piet.P, on Flickr
Die brug oor die bogenoemde waterlopie volg spoedig daarna en dwing on weer tot halt vir fotos. Hierna draai ons links Tolwe toe, waar twee diepdonker kameelperde kortliks by ons aansluit vir ‘n indrukwekkende draffie langs die draad.
DSC04848 by
Piet.P, on Flickr
Na Tolwe tref ons weer teerpad. Die son hang dreigend aan sy laaste draadjies en ek wring by gewrig verder om die ooblywende lig optimaal te benut. Die gras is gelukkig kort gesny, so ek kan vér genoeg sien om op die esel se spoedlimiet te ry. Te Baltimore lê ons in die linkerdraai in en dan weer regs Marken toe. Ons gewaar ‘n stoetbuffelbul, en kort daarna ‘n halfmeter-hoë uil! Dit raak koelerig, so ons trek warmer aan voor ons die donkerpad aandurf Marken toe.
DSC04852 by
Piet.P, on Flickr
Daar is 90km oor. Die langste 90km van die toer! Die tevergeefse sinkplaat-jaag Platjan toe gisteraand het my stuurstanglaers seergemaak en die pak-esel beur nou heeltyd links – soveelso dat ek later met ‘n kramp in die nek sit! Gelukkig het ons Carrie se kussing onder ons albei se sitvlakke gesit, wat die ergste ongemak gebreek het.
Seweuur, Sondagaand sukkel ons Ellisras binne – moeg, maar danbaar-tevrede! Een vir die boeke…
(Fluit-fluit, storie uit!)
DSC04723 by
Piet.P, on Flickr