Sutherland Tankwa trip

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Julle klomp "stoutgatte" het omtrent 'n lekker trip gehad. Baie dankie vir die RR, dis lekker om te lees en kyk.
Om dit saam met goeie vriende te geniet is 'n voorreg wat mens moet koester, op my ouderdom raak saamry-maats maar skaars.  :ricky:
 
Bly julle geniet dit. Ons het ons gate uit geniet! Laaste deel van die trip kom nog.

Sent from my Galaxy Note using Tapatalk
 
Lekker trip.
Dankie vir die saamry.  :thumleft:
 

Vinnige stop net om te kyk ons is nog op die regte pad.




Die Tankwa het begin warm raak en ek het besluit dis 'n goeie plek om my thermals uit te zip.
Natuurlik kon hulle nie wag om my te kiek nie!!








Met ons volgende stop het ons agtergekom Klossie lek. Melk.
Melkie vir jou??


Ninjas drink ook melk.


Ek sou wat wou gee om te onthou wat hier gese is!

Ons volgende stop was Oudebaaskraal dam.





Die Hommelby lyk maar vir my swaar op sous.
Panda, wat is in daai bottle??

Ons het hier 'n bottle Kaptein en 'n 2liter Coke ontdek. Ons het die Coke half gedrink en toe maak ek maar 'n mix. Terwyl ek so die rum by die Coke gooi vra Spykerkuif of ek die hele bottle wil ingooi. Toe ek stop is die helfte van die bottle rum by 'n liter coke gegooi!!!! Toe skiet ons hom maar plat!

Die wat al by die dam se oorloop was sal weet die bult aan die anderkant uit is steil en halfpad boontoe sit daar 'n lelike klip. Ninja se toe hy wil op wal af ry. Ek het die bult so gekyk en besef hier gaan ek nie uit nie. Nie lank nie toe hoor ek daar dreun die Mamba en daar gaan Ninja. Lyf vol rum en kop vol plan. Bult op, slaan die klip solid dat die tentjie agter wip en daar gaan hy.

Met die terugkom sien ek toe maar die ou loop nie meer alleen nie. Ons besluit toe om maar te ry vir Padstal sodat ons kan eet.



Die laaste stukkie van Oudebaaskraal het ek vir 'n lank ruk voor gery en die pap redelik aangemaak. Ninja is later by my verby en ek het hom eers weer by die Padstal gesien. Die feit dat ons die stukkie vinniger gery het, het meer tyd losgemaak sodat ons lekker rustig by die Padstal kon kuier. Met ons aankoms by die Padstal het Ninja die volgende woorde ge-uiter: "As ek vandag geval het, het ek my binne-in 'n Boesman tekening geval!" LEGEND statement.



Go-Pro Pooratech style!!


Kanarie lyk sommer tuis hier in sy wereld.
Robin AKA Kanarie het 'n familie plaas so 25km van hierdie afdraai.


Wat is dan nou lekkerder as om bietjie te speel??


Moet se dis nogal 'n mooi gesig!




Rustig op die stoep by die Tankwa Padstal


Vir Kanarie sien mens weinig met 'n hemp.

Robin is connected met die mense by die padstal en kort voor lank het ons sommer vuur aangesteek en die wors wat oor was warm gemaak. Dis seker een van die redes hoekom die Tankwa Padstal so gewild is, die mense is gemaklik en 'n kuier gebeur sommer so sonder dat jy dit beplan.


Hierdie ou stamperboor was vir my baie spesiaal. My oupa het presies so ene gehad en ek kan onthou hoe ek naweke tyd saam met hom by die boor spandeer het. In die agterplaas by die huis op Laingsburg het daar gewoonlik hopies grond en stukke klip gelê en met dit kon oupa Hans met redelike akkuraatheid sê hoe ver ons van water af was. Om te boor met hulle is harde werk en 'n harde lewe, maar as jy die Karoo ken en al gesien het hoe skape dors lei verstaan jy beter watter genoegdoening en vervulling mens kry uit 'n aar water raakboor in die dorre Karoo. As jy ooit eendag die geleentheid het om by 'n boor te stop en te sien hoe daar geboor word, en 'n water-aar raak te boor, met die water wat jy hoor opruis in die gat en dat die hoogte van die toring bo uitspuit. Dan, sal jy dalk die kosbaarheid van water verstaan. Touch of Class met hul liedjie - Dans in die Reën vang hierdie gevoel baie mooi vas. Mens sien  stamper-bore nie meer so prominent nie aangesien meeste mense nou met lugdruk-bore werk.


Ons groepie se ysterperde rus bietjie voor die Padstal


Rudi het sommer vinnig vir ons 'n klompie broodjies gereel en mensig was dit leka!!





Ninja rus bietjie by die Touwsrivier afdraai.


Loshande oor die Witbrug buite Ceres





Op 'n lekker naweek!!! BOOOOOJAAAAAAAA



AS DIE BIKE SO LYK. KAN JULLE DINK HOE LYK SY DRYWER???






Kettingsaag sien die son sak in die Weste.

Hierdie was verseker vir my 'n naweek vir die boeke. Ons het almal die naweek geniet en almal het veilig terug by hul huise gekom. Ons almal se fietse was heel en ons het voorspoedig gery. Wat meer is, almal in die groep kon stop en net die natuurskoon bewonder en waardeer. Ek moet se dit was regtig 'n voorreg om hierdie ondervinding met hierdie groep mense te deel.
En so lief soos ek vir gatskuur is, is hierdie die begin van vele. Dit was vir my wonderlik hoe almal ingeskakel het en elkeen sy deel gedoen het sonder om te kla. Elkeen wat die naweek meegemaak het, het male sonder tal gese dat ons meer ons nabye omgewing moet verken. Paaie ry wat ons nog nooit gery het nie. En plekke gaan sien wat ons net kan droom van!

So bietjie tegniese details:

Ek het 856.65km gery en dit het 14 ure, 56min en 12 sekondes. Gemiddelde petrolverbruik van 25.6km/l en beste verbruik was 28.8km/l. Gemiddelde spoed was 47.75km/h en maksimum spoed 165km/h

Huup julle het lekker saamgetoer. Volgende een is al in beplanning!!

Weskus en Namakwaland hier kom ons :ricky:
 
Cool guys had a lekker ride thanks for sharing.  :ricky:
 
Jinne dit was nou 'n lekker RR!
:ricky:
 
Lekker RR en pics, Looks like u guys had a blast,
Thanks for sharing !
 
Ek moet sê ek het my bedenkinge gehad voor die tyd. Maar die groupie manne is awesome!! Die beauty van dit als is ons het almal een goal. Bike-ry en om dit te geniet. 2 van die manne het strafdoppe gekry die Saterdag aangesien hulle met horlosies gery het.

Ongeskrewe reel in ons groep. As jy op jou bike klim haal jy jou horlosie af.

Bly julle manne het dit geniet!! :ricky:
 
Top