Swaziland Avontuur

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duster

Race Dog
Joined
Apr 23, 2010
Messages
1,398
Reaction score
0
Location
Naboomspruit, Limpopo
Bike
Yamaha Super Tenere
Na maande se uitsien na die avontuur, was ons uiteindelik oppad Swaziland toe.  Met inligting van ander WD's en verskeie padkaarte en atlasse, gereed om die pad aan te durf.  Sondag, 27 April, uit Naboomspruit uit in die reën in, oppad Pretoria toe.  By Carousel, onder die dakke in, reënpakke aan en later die dag sopnat by die familie gestop.  Maandag moes ons eers gou 1 Mil hospitaal toe, en daarna is ons eindelik op ons toer.

Ms Duster se neef bly op Volksrust, en dit was ons volgende oornagpunt.  Alles teer tot in die dorp.  Bapsfontein, Ogies, Bethal, Amersfort, Volksrust.  Die familie werk nog, en ons eet gou laat middagete in die Wimpy.  Plaas is 25km buite die dorp waar ons slaap.  Lekker eerste grondpad!!
Fotos:
1 Kriel Kragstasie  3.  PANAR Groot gesaaides  4. NG kerk Amersfoort  5. Ms Duster kou
6. Sonsondergang op die plaas.
 

Attachments

  • SW3.JPG
    SW3.JPG
    199.9 KB
  • SW4.JPG
    SW4.JPG
    223.1 KB
  • SW5.JPG
    SW5.JPG
    294.3 KB
  • SW6.JPG
    SW6.JPG
    169.8 KB
  • SW1.JPG
    SW1.JPG
    205.9 KB
Moet nou nie dat ons jou in die rede val nie!! :mwink:
 
Dinsdag oggend van die plaas af Wakkerstroom oor na Utrecht.  Die grondpad het die mooiste passe, klowe en dale wat ons in 'n lang tyd gesien het.  Van daar na Bloedrivier vir 'n bietjie geskiedenis en te dink?  Vryheid vir middagete en daarna Louwsburg.  So 20km voor Pongola, stop ons om bene te rek, en daar wil die AT nie vat nie.  Battery te pap.  Gelukkig stoot sy vinnig aan die gang, en sonder ligte, om die battery te spaar, tot in Pongola.  Die familie daar (Ms Duster se broer) is baie bly om ons te sien.  Die slim bike manne daar sê die regulator het gegroet.  So 'n week se wag en R5600 later, kan ons gehelp word.  Ons besluit om met gebede en sonder ligte die avontuur verder aan te pak.
 

Attachments

  • SW8.JPG
    SW8.JPG
    251.2 KB
  • SW10.JPG
    SW10.JPG
    255.1 KB
  • SW12.JPG
    SW12.JPG
    264.7 KB
  • SW15.JPG
    SW15.JPG
    158.5 KB
  • SW16.JPG
    SW16.JPG
    273.6 KB
Woendag oggend by Onverwacht deur die grenspos die avontuur in.  Vriendelike beamptes, flinke diens, wys net paspoorte en R50 padbelasting, is ons vort.
Grondpad reg noord tot by Maloma, waar ons gestop het by 'n winkel vir 'n koue lafenis.  Die paaie is erg verspoel, maar gelukkig nie te veel modder nie.  Die mense oral langs die pad is vriendelik en waai vir ons.  By die winkel vra Ms Duster foto saam met 'n local.  R3,70 later het ons die foto!
Draai reg oos en ry tot by Nsoko waar ons gou 'n draai of twee loop.  Ons volgende stilhou is op Big Bend.
Foto's 18. Ngwavuma rivier  19.  Winkel by Maloma 20.  R3.70 foto 21. Nsoko  22. Shoe repairs
 

Attachments

  • SW21.JPG
    SW21.JPG
    237.9 KB
  • SW22.JPG
    SW22.JPG
    290.4 KB
  • SW20.JPG
    SW20.JPG
    220.6 KB
  • SW19.JPG
    SW19.JPG
    202.4 KB
  • SW18.JPG
    SW18.JPG
    278.6 KB
Oppad Big Bend toe, ry ons die eerste teerpad.  'n Vriendelike spietkop op 'n BMW X Challenge "Sometimes we have to go into the mountains" verduidelik vir ons die snelheidsgrens in Swazi is baie wisselvallig.  Enige iets tussen 60 en 120km/h, afhangende van waar jy ry.  Ons ervaring was dat 80 die aanbevole spoed is, aangesien die baie diere op die pad nogal 'n risiko kan wees.  Natuurlik by al die skole en beboude gebiede is die perk 60, en moet mens liefs daarby hou. Big Bend het gekom en gegaan en ons het deur gery tot in Siteki waar ons die aand op Mabuda farm in die tent slaap.  Die oulikste plek met akkommodasie in die vorm van chalets, backpacker kamers en kampplek.  Dis rustig, stil en mooi met die klanke van 'n werkende plaas in die agtergrond.  Tent opgeslaan, middagete by die Siteki hotel, en later op die plaas gaan rondloop.

Die aand arriveer nog 'n bike.  Transalp met 'n dame op!  Alleen!  Na ontmoeting hoor ons dat Rita van Duitsland is, man en kinders by die huis gelos en besluit om Afrika te kom toer.  Sy was pas 3 dae deur Swazi en is more oppad Mosambiek toe, daarna nog 3 maande vir die res van Afrika, voor sy terug gaan. Die aand lekker by die vuur gekuier.
 

Attachments

  • SW23.JPG
    SW23.JPG
    235 KB
  • SW24.JPG
    SW24.JPG
    222.2 KB
  • SW25.JPG
    SW25.JPG
    244.2 KB
  • SW26.JPG
    SW26.JPG
    216.1 KB
  • SW27.JPG
    SW27.JPG
    220.5 KB
Donderdag oggend, bietjie laat gelê en top oor of ons moet ry of nie, want dis werklik rustig op Mabuda.  Dis aan te beveel vir oornag op Siteki.  Volg net die bordjies, dis duidelik gemerk.  Maar die pad wag mos vir niemand nie!  Grootpad na Manzini tot in Mafutseni waar ons die AT kos gee en noord draai na Luve toe.  16km teer tot in Luwe waar ons weer wes draai in die berge in.  Hierdie grondpad is deel van 'n roete wat Laurika al gery het en aanbeveel het.  Sy het egter van Mbabane af tot by mafutseni gery, en ons het net andersom begin en toe in die Ezulwini vallei geeindig.  Dankie Laurika, die pad is vrot, maar ongelooflik en 100 lekker om te ry.  Dis die enigste manier om Swaziland te ervaar, berge, berge en berge!

Die pad was baie verspoel met dwars slote oor die pas, wat dit moeilik gemaak het om sommer net oor te ry.  As die voorwiel in die sloot beland, draai alles dwars en kon ons maklik geval het.  Die slote moes meestal 90grade oorgsteek word wat spoed beperk het, maar net sowel, want ons was daar om te kyk, en nie te jaag nie.  Die uitsigte is egter onbeskryflik. Gaan kyk self!!
 

Attachments

  • SW28.JPG
    SW28.JPG
    196.6 KB
  • SW29.JPG
    SW29.JPG
    269 KB
  • SW30.JPG
    SW30.JPG
    187.9 KB
  • SW31.JPG
    SW31.JPG
    171.7 KB
  • SW32.JPG
    SW32.JPG
    187.5 KB
Nog foto's!  Foto 36 is die Ezulwini vallei aan die weste kant van die berge.
 

Attachments

  • SW37.JPG
    SW37.JPG
    234.5 KB
  • SW36.JPG
    SW36.JPG
    179.4 KB
  • SW34.JPG
    SW34.JPG
    203.3 KB
  • SW33.JPG
    SW33.JPG
    193.2 KB
  • SW35.JPG
    SW35.JPG
    187.7 KB
Ons is nie "woozies" nie, maar die afdraende na die vallei, was nogal 'n avontuur op sy eie.  Met ons twee op en die vraggie wat ons gedra het, was daar baie stukke waar ons 1ste rat, agter remme net voor lock en dan pomp pomp met die voorrem om net te keer dat die AT nie weghardloop nie.  Ons het gelukkig nie een keer probleme gehad nie, die remme het gehou, al het ek dit 'n paar keer geruik!  Op pad ondertoe het ons by 'n ingang verbygery met 'n motief van 'n draak op.  Ms Duster het 'n vinnige foto gesnap en om die draai, as jy terugkyk was dit die mooiste plek.  Lyk soos 'n lodge of iets, maar as ek weer daar ry, sal ek sekerlik daar ingaan.

Na ons baie rondgery het op soek na geskikte slaapplek, het ons op Malandela's Bed & Breakfast besluit.  Wat 'n wenner.  Dis ook die ligging van die House on Fire teater waar daar jaarliks ongeveer 20 000 mense bymekaar kom oor drie dae vir iets soos ons Innibos.

Foto's 38. Draak ingang  39. Mooi pad  40.  Malandala's  41. Bed & Ontbyt  43. House on Fire
 

Attachments

  • SW38.JPG
    SW38.JPG
    203.5 KB
  • SW39.JPG
    SW39.JPG
    227 KB
  • SW40.JPG
    SW40.JPG
    216 KB
  • SW41.JPG
    SW41.JPG
    261.1 KB
  • SW43.JPG
    SW43.JPG
    229.9 KB
Vrydag oggend het te gou gekom, en ons het moeilik afskeid geneem van die gemak van Malandela's.  Malkerns, Luvenga, Bhunya, Mhlambanyatsi tot in Mbabane.  Dis 'n mooi roete, alles teer tot ons die stad ingery het.  Die bokant van Mbabane is so hoog dat ons in die wolke daar aankom, en dan afdaal tot in die stad waar die son skyn.  Maar net nog 'n stad.  Ons is nie stads mense nie, gooi dus baie vinnig petrol in, kry 'n foto van die petrol joggie, eintlik om hom te stop om vir ms Duster te vra wat haar Facebook naam is (ons het nie eens Facebook nie) en sleep platteland se kant toe.  Ons ry verby die afdraai Piggs Peak toe en besoek eers die Ngwnya Glass fabriek.  Baie oulik, maar die beste is die oom wat die hout perdjies maak.  Dis nou vakmanskap waar daar nog trots te sien is!

Piggs Peak deur tot by die Orion piggs Peak hotel vir middagete.  En 'n koue enetjie.
 

Attachments

  • SW45.JPG
    SW45.JPG
    253.6 KB
  • SW46.JPG
    SW46.JPG
    166 KB
  • SW47.JPG
    SW47.JPG
    184.9 KB
  • SW48.JPG
    SW48.JPG
    231.4 KB
  • SW49.JPG
    SW49.JPG
    193.1 KB
Van Orion Hotel terug Piggs Peak toe, en van daar na Bulembu.  Almal met wie ons gepraat het sê die pad is sleg, maar 'n belewenis om te ry.  En wragtig, hulle het nie gelieg nie!  'n Belewenis!  Later het ons by ander gehoor dis nie so erg nie.....?  Maar ons het dit geniet!  Gaan ry dit self, julle sal nie spyt wees nie. Die uitsig is ongelooflik en die grenspos was 'n breeze gewees.  By die Bulembu pos is Ms Duster aangeteken as Schengen Staten, wat eintlik die tipe paspoort is.  Maar die ou Madala was so gaaf en vriendelik dat ek hom nie reg gehelp het nie.

Die volgende 40km na Barberton is baie naby aan die pad wat Katse dam toe loop van Ficksburg af.  Kort skerp draaie en wonderlike sweepers wat 'n totale kontras is van die Bulembu pad.  Welkom terug in RSA! Die AT het geleef!!

Ekt gehoor jy mag nie Swazi doen as jy nie by Golg Nugget stop nie.  'n Paar koues later het ons sommer op die gras tent opgeslaan en daar oorgeslaap.  En lekker gekuier.  Chrissie B, thanks for having us and sharing your place.  Hope to see you at the Limpopo bash.  Mario, good luck with the healing and thanks for your friendliness.  I pity for you!!
 

Attachments

  • SW52.JPG
    SW52.JPG
    200.8 KB
  • SW53.JPG
    SW53.JPG
    259.8 KB
  • SW51.JPG
    SW51.JPG
    262.2 KB
  • SW50.JPG
    SW50.JPG
    173.3 KB
Foto 54. Die pad na Bulembu grenspos.  55.  Bulembu grenspos  56. Gold Nugget
57.  Mario, bandages and all and Chrissie B  58. Slaapplek in Chrissie B se tuin
 

Attachments

  • SW54.jpg
    SW54.jpg
    219 KB
  • SW55.jpg
    SW55.jpg
    261.6 KB
  • SW56.jpg
    SW56.jpg
    246.7 KB
  • SW57.jpg
    SW57.jpg
    240.1 KB
  • SW58.jpg
    SW58.jpg
    279.7 KB
Saterdag wou ons eintlik huistoe van Barberton af, maar die aand besluit ons dis nog nie huistoe gaan tyd nie.  Die oggend na ons vir Chrissie B hulle gegroet het, is ons weg Kaapsehoop toe.  Nie die mooiste grondpaaie nie, maar ons geniet dit baie.  Sien die wereld wat ons en baie ander nooit sal sien nie.  Kaapsehoop eet ons 'n brunch en ry verder tot by die N4 waar ons links draai na Machado dorp se rigting.  Net voor die tolhek draai ons regs af en amper dadelik weer links op 'n grondpad wat ons na Dullstroom toe lei.  Daar boek ons in by die Old Transvaal Inn en verken die dorpie in al sy glorie.  Beleef ook die arme Lions en Sharks se lyding, tot my ontsteltenis.  Die aand kuier ek en my helfde tot laat terwyl ons die afgelope paar dae se ervarings herleef.  Die lewe is darem wonderlik!!

Sondag kom te gou, en na ons lekker koffie op die stoep gedrink het, vat ons die pad huistoe.  Grondpad tot naby Stofberg, en van daar die kortste pad huistoe.  Groblersdal vlieg verby, brunch by die Wimpy in Marblehall, Roedtan, Naboom, tuis!
Foto's 59 en 60. Barberton na Kaapsehoop  61.  Kaapsehoop  63 en 64.  Old Transvaal Inn
66.  My love  67.  Veilig tuis  68.  Dis hoe ons voel!
 

Attachments

  • SW59.jpg
    SW59.jpg
    249 KB
  • SW60.jpg
    SW60.jpg
    200.9 KB
  • SW61.jpg
    SW61.jpg
    244.1 KB
  • SW63.jpg
    SW63.jpg
    128.3 KB
  • SW64.JPG
    SW64.JPG
    221.9 KB
  • SW66.jpg
    SW66.jpg
    283.5 KB
  • SW67.JPG
    SW67.JPG
    200.8 KB
  • SW68.jpg
    SW68.jpg
    412.5 KB
My laaste kommentaar:  Sweets, dankie dat jy hierdie ervaring saam met my beleef het.  Sonder jou sou dit nooit dieselfde gewees het nie.  Dankie vir jou vertroue in my, en dat jy toelaat dat ek soms vinniger mag ry as wat jy sou wou.  Dit laat my leef om saam met jou te wees en hierdie plekke te sien wat andersins vir ons ontoeganklik sou wees.  Jy bly my lewe!

Dankie Leon dude en Laurika vir die raad oor roetes ens.  Swaziland was 'n belewenis, en ons gaan dit weer doen.  Daar is so baie dinge nog om te sien en paaie om te ry wat jy nie in 'n week kan doen nie.  Ek hoop julle kan net 'n stukkie beleef wat ons ervaar het.  Groete van huis tot huis.

Duster en Ms Duster
 

Attachments

  • Copy of SW52.JPG
    Copy of SW52.JPG
    212.7 KB
Bly julle het dit geniet :thumleft: Jy's lucky dat die anderhelfte...............so ver op die pillion sit........Good on her :thumleft: :thumleft:
 
Great report.

Swaziland is 'n great plek om te ry met vriendelike mense, ek sal self nie omgee om weer daar 'n draai te maak nie.
 
Lekker ride report, you guys looked like you had a stunning trip.  And thanx for popping in at the Gold Nugget, it was great meeting the 'Dusters'  :biggrin:

Also hope we'll see you at the Limpopo Bash...  :thumleft:
 
Fantasties Duster - fotos, byskrifte, jy en jou gade as team en algemene positiewe ervarings wat julle met ons deel! Dankie daarvoor! Maak my baie lus om weer Swaziland te ry! :thumleft:
 
Top