Cradock area "Loepie"

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Difflock

Race Dog
Joined
Jul 27, 2012
Messages
1,598
Reaction score
64
Location
Kirkwood
Bike
Yamaha Super Tenere
Naand WD's, dit was weer tyd vir n klein loepie op ons land se stofpaaie. Wat n goeie geleentheid om met Engelsman kwaliteit tyd saam deur te bring.
Saterdag 9 Julie breek aan 05:00, dus effe koelerig maar nie ongemaklik koud, jy weet voor ons die pad slaan moet als eers gevoer word, hoenders, honde en katte, gelukkig maak ek seker dat die ysterperd die vorige aand gepak was.
06:20 ry ons by die plaas hek uit oppad dorp toe om brandstof vol te maak.
06:45 ry ons by Kirkwood uit op die R75 rigting Jansenville, die son kom op ons regteskouer en voorspel n mooi dag, vat aan Engelsman se been en weet ek deel dit met my beste pêl.
Die trippy was eintlik uitgestel van die vorige week en moes dit uitstel agv n familie tragedie.
Wel dié roete het eitlik gekom van die Vis Arende se Cradock Area trips n paar weke gelede en dié spesifieke roete het ek noggi gery so hulle het die saaitjie geplant en ek't rede gesoek om hom water te gee.
Dit is Jaco aka JMOL se grootword wêreld en wow wat n beautiful area en die kiekies doen dit nie naasteby eer, die heel beste is om dit met jou eie oë te sien en te beleef, in te neem, ruik die natuur (smell the flowers).
 

Attachments

  • GH012384_1657603427836.jpg
    GH012384_1657603427836.jpg
    64.4 KB · Views: 10
  • GH012385_1657603469861.jpg
    GH012385_1657603469861.jpg
    38.6 KB · Views: 7
  • GH012385_1657603475994.jpg
    GH012385_1657603475994.jpg
    48.1 KB · Views: 3
  • GH012386_1657603492533.jpg
    GH012386_1657603492533.jpg
    67 KB · Views: 4
Top