TANKSLAP OP KTM 640 ADV

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

African child

Pack Dog
Joined
Feb 10, 2009
Messages
219
Reaction score
0
Location
Highlands - Grabouw
Bike
KTM 690 Adventure
Wonder of iemand my so bietjie kan raad gee? Ek vind die laaste tyd dat as oor n klipperige gedeelte op n grondpad ry die KTM meer geneig is om sy kop te skud. Ek het nie regtig enige iets verander aan die setup nie maar ek ry wel bietjie harder met die dat ek meer gereeld ry en gemakliker voel teen n hoer spoed. Dit gebeur veral teen n effense opdraand met die throttle oop oor klipbanke in die pad. Dis mos daai lae klip wat so uitgery word op die grondpaaie. Ek staan en ry en vind indien ek my gewig heeltemal ver vooroor die voorwiel sit dit die sakie verbeter. Dis asof sodra die voorwiel minder gewig op het en ek tref n slegte patch teen spoed sy koppie begin skud.

My vraag is nou, kan die balance tussen voor en agter shocks wees wat reg gestel moet word, BV agter te sag en voor te hard? Kan dit dalK n voorwiel wees wat gebalanseer moet word en effens uit is? Ek kry ook n ligte kop skut teen so 130km op die teerpad veral met n sywind.... Enige raad sal welkom wees asb
 

Latest posts

Top