Trip Bray en Vorstershoop toe. 9-11 Aug

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

subie

Bachelor Dog
Joined
May 20, 2008
Messages
11,322
Reaction score
794
Location
Uitenhage
Bike
Honda XR125L
Wat van n lekker trip Vorstershoop al langs Botswana grens .
Sal selfs hou van n trip verder af tot in Van Zylsrus maar dan het ons 4 dae nodig en daai stukkie suid vanaf Mcarthy rest sal ek aanbeveel meer vir ouens wat ok is met sand ry.
Het nou net  die area gery ( verneukpan trip ) en nogal gedog van julle ouens sal dit ook miskien geniet.
In die spirit van solo adventure riding :-
Elke ou verantwoordelik vir homself,dra sy tent,kit ens op sy bike en nie op back up voertuig nie.
Elke ou verantwoordelik vir eie navigasie,petrolstoppe ens. As jy breek of val moet jy besef maak jy self reg .
So ons jaag maar binne die perke van elkeen se eie vermoens en respek vir die area waarin jouself bevind. Common sense.
Geen safety net behalwe die een wat jy self reel. Al die verantwoordelikheid van n solo trip in die middel van nerens nie.
Nou wanneer ry ons ? Net eers so 2 weke wag my bike het bietjie aandag nodig na verneukpan trip.
Trippie van my Bray toe roete
https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=121460.0
 
Top