Die plan was dat ek vandag 2 nuwe bikers in Montagu die Kleinkaroo gaan wys.Alles verloop mooi,Brandrivier,Van Wyksdorp en Rooiberg oor.Aan die Calitzdorp-kant van Rooiberg,kry die een ou glippings en val hom half des moers.Die KTM 990 beland in n gat langs die pad.Kort voor lank is daar n ambulans oppad vanaf Oudtshoorn,maar die KTM le roerloos in gat,gestoop van allerlei stukkies plastiek en liggies.Ek beroep my op Veldtie en n halfuur later is hy oppad.Net gou die laaste gaste brekfis bedien en afgesien.Dit word n lang dag,want ons wag vir die ambulans en die ambulans wag vir die helikopter.Ons praat oor die afgelope tyd se onsmaaklikhede op die forum,oor nuwe taaiers en hoenderkuikens.Net voor ons by die sirkus in die parlement uitkom,kom die ambulans en ons laai die bike.Dis amper 4-uur toe ons by Koedoeskloof stop.Baie dankie Veldtie,dit word waardeer.