Vinnig die Springbok Vlakte

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duster

Race Dog
Joined
Apr 23, 2010
Messages
1,398
Reaction score
0
Location
Naboomspruit, Limpopo
Bike
Yamaha Super Tenere
Ek is Donderdag deur een van ons biker vriende genooi na Tuinplaas vir 'n biddag vir mans, Saterdag.  Julle moet vroeg kom, die bymekaarkoms is reeds 06:30, want dis mos 'n klomp boere, en hul wil terug plase toe.
Ek is so 'n uur se ry van Tuinplaas af, en besluit om 5uur in die pad te val, en gaan grondpad ry tot daar.  Dit beteken dat ek die grootste gedeelte in donker moet ry, en ek het dit nog nooit gedoen gedoen nie, nie grondpad nie.

Baie van julle het seker al so gery, gedwonge of vrywillig, maar wat 'n belewenis!  Ek het nog nooit so een met my AT gevoel soos toe nie.  Jy ry basies op gevoel, want jy kan nie regtig die middelmannetjie sien nie en dan is jy die kant en dan daardie kant.  Ek het alleen gery en was dus heel versigtig, wou nie val ens nie, maar my verbasing was groot toe ek agterkom ek ry heel gemaklik teen 80km/h, behalwe dat ek mooi moes kyk vir diere.  Het baie tarentale gesien en moes redelik flink stop vir 'n koei wat in die pad gestaan het.  Anersins ongeskonde op Tuinplaas aangekom.  'n Paar fotos.....
 

Attachments

  • IMG00133-20110305-0535.jpg
    IMG00133-20110305-0535.jpg
    131 KB
  • IMG00135-20110305-0551.jpg
    IMG00135-20110305-0551.jpg
    111.9 KB
  • IMG00138-20110305-0601.jpg
    IMG00138-20110305-0601.jpg
    103 KB
  • IMG00140-20110305-0602.jpg
    IMG00140-20110305-0602.jpg
    60.2 KB
  • IMG00142-20110305-0603.jpg
    IMG00142-20110305-0603.jpg
    152.8 KB
My roete was van Naboom op die ou pad Nylstroom toe, draai links op die Boekenhout (D924) tot by Tuinplaas.  Na die diens het ons 'n lekker ontbyt gehad en almal is weer uit mekaar.  Ek het besluit om 'n ompad te ry huistoe en is van Tuinplaas op die D946 wes, oor die R33 tot by die N11.  Daar links vir so 5km en weer regs op die D2659 na Grass Valley.  Daar het ek weer Noord gedraai op die D2015, links op die D885 en so 10km verder links op 'n ongemerkte grondpad. (Dit wys op die GPS). Weer oor die N11 op die D104, regs op die D598 oor die N1 en die R101 en toe op die P165 na die Naboom minerale bronne se rigting.  Links op die D600 tot by die huis.

Totale dag se rit was omtrent 235km grond en 30km teer.

Nog paar fotos.
 

Attachments

  • IMG00146-20110305-0819.jpg
    IMG00146-20110305-0819.jpg
    268.9 KB
  • IMG00150-20110305-0820.jpg
    IMG00150-20110305-0820.jpg
    148.2 KB
  • IMG00157-20110305-0849.jpg
    IMG00157-20110305-0849.jpg
    280.6 KB
  • IMG00160-20110305-0913.jpg
    IMG00160-20110305-0913.jpg
    275 KB
  • IMG00162-20110305-1014.jpg
    IMG00162-20110305-1014.jpg
    260.3 KB
Top