Vinnige ry rondom Durbanville

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

KiLR650

Pack Dog
Joined
Jan 10, 2014
Messages
138
Reaction score
0
Location
Gordons Bay
Bike
Yamaha XT 660 Z
Twee weke terug Vrydag het ek by 'n vriend gaan kuier in Durbanville, die Saterdagoggend moes hy vinnig gaan werk wat my to verveeld by sy huis los tot hy terug kom, so toe vat ek my TomTom Rider en soek op die kaart vir enige omliggende klein dorpies. Ek kry toe vir Kalbaskraal op die kaart en kies "Plan Thrilling Ride" en outomaties werk hy toe vir my 'n ronde trip uit. Ek klim toe op BosGemors en ondek die mooiste teer en grondpaaie wat ek seker nog ooit gesien het. Dis paaie wat ek glad nie geken het nie, maar beslis weer sal ry. Ek het baie ander fietse op die pad gesien so ek neem aan vir die locals is dit dalk 'n gereelde roete so die van julle wat daarond bly is baie bevoorreg. Hoop julle geniet die fotos.

Beslis een van my favourite wegbreke hierdie. Baie paadjies om te ry. Doen dit soms sommer so in die week na werk.

Daai enetjie naby kalbaskraal wat weer terugloop Klipheuwelpad toe...kan sanderig wees, maar jou XT660 is die regte tool daarvoor.

Ek maak gereeld n trip op met die res van die paadjies:

Spes Bona
Occultdale
Otterkuil
Eenzaamheid
Botterberg
Langvlei
Hoogstede

Dan vir bietjie verder join ek hulle met....

Jan Phillips Bergpad Paarl
Haaskraal
Joubertskloof

etc

etc

Lem said:

Ek moet se, ek het voorheen 'n KLR gehad en hy was vir my 'n vark in die sand, baie gesukkel en maar meestal deur die goed geloop met hom, maar die 660 het net die vermoe om sand te hanteer. Daai stukke van so 500m tot 1km van net sand het ek heel gemaklik gery sonder stres.

Ek gaan bietjie die res van die paai uit probeer wat jy hier noem, sal 'n roete plot op die rekenaar en op die TomTom laai om te gaan kyk wat daar aangaan.
 
Ons gaan die naweek bietjie daai wereld rondry.

En ek sal bietjie my Tomtom Rider 5 saam neem en kyk hoe werk hy.
 
As jy vanaf Kalbaskraal wes ry, kry jy 'n teerpad regs, noord.  Volg hom tot hy later net 'n grondpad langs die spoor is.  Jy kan die spoor volg tot in Darling.

https://www.panoramio.com/photo/117091272

Jy kan die hele trip volg deur na die fotos op Panoramio te kyk.  So hoef ek nie my fotos te verklein nie.

Deon said:

nounet deur dit gekyk, dankie!  :thumleft:

Nogals awesome, dink jy moet n "mooi name van stasis" thread begin op die fotoblad
 
Deon said:
As jy vanaf Kalbaskraal wes ry, kry jy 'n teerpad regs, noord.  Volg hom tot hy later net 'n grondpad langs die spoor is.  Jy kan die spoor volg tot in Darling.

https://www.panoramio.com/photo/117091272

Jy kan die hele trip volg deur na die fotos op Panoramio te kyk.  So hoef ek nie my fotos te verklein nie.

Het hom die ander dag gery.

Lekker pad.
 
Deon said:
As jy vanaf Kalbaskraal wes ry, kry jy 'n teerpad regs, noord.  Volg hom tot hy later net 'n grondpad langs die spoor is.  Jy kan die spoor volg tot in Darling.

https://www.panoramio.com/photo/117091272

Jy kan die hele trip volg deur na die fotos op Panoramio te kyk.  So hoef ek nie my fotos te verklein nie.

Hoe is daai pad se toestand? Nou op T4A gekyk en dit dui aan dis 'n 4wd roete?
 
Great roete. Nou is ek ook sommer lus om vir Motard op n uitstappie te neem.

Tans lyk die wereld baie mooi.
 
Top