Vinnige solo trippie - 'cause I can!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Hitman

Pack Dog
Joined
Nov 19, 2009
Messages
283
Reaction score
5
Location
Uitenhage
Bike
BMW R1200GS
Dink al heel week aan 'n besoek aan Patensie...
maar as alles goed gaan slaap ons daar oor volgende naweek. Mmmm... moet iets anders kry.
Gister draf ek die Hilwagt pad buite Uitenhage, en besluit daar en dan om met die fiets terug te kom!  :thumleft:

Trek ongeveer 10:00 weg - rustig oor Hilwagt  :)  Gister het ek nat gereën, vandag is dit sonskyn.
Drie fietse ry verby, rigting Kirkwood, toe ek by die teerpad kom - ek wonder of ek hulle moet agterna sit...  :-\  nee, wie weet tot waar gaan hulle??

Regs en weer links op die pad na Sunlands... Die veld is groen en mooi - ek ry rustig en geniet die natuurskoon. Daar is tekens van onlangse reën.

 

Attachments

  • 1.jpg
    1.jpg
    430.6 KB
  • 2.jpg
    2.jpg
    454.2 KB
  • 3.jpg
    3.jpg
    398.8 KB
  • 4.jpg
    4.jpg
    495.1 KB
Ek speel 'n bietjie op 'n prentjie-mooi grondpad. Eintlik ry ek maar net, maar die modder hou my op my tone... letterlik  ;D
Sien die Hereford weg en besluit om ondersoek in te stel...
Nie juis ver gekom, is daar 'n dam in die pad... wie bou 'n dam in 'n pad  ???  :pot:
Besluit ek moet vir Difflock vra waarheen daardie pad lei. As ek geweet het waar hy bly kon ek inloer, maar helaas...
Toe ek weer op teer kom besluit ek om koffie te gaan soek...
 

Attachments

  • 5.jpg
    5.jpg
    408.7 KB
  • 8.jpg
    8.jpg
    497.2 KB
  • 9.jpg
    9.jpg
    477.2 KB
  • 10.jpg
    10.jpg
    495.8 KB
Kry toe 'n baie lekker beker koffie by Lenmore en sommer 'n lekker sjokolade "muffin"  :thumleft:
Die vuurtjie brand lekker in die pizza-oond en ek hoor 'n ander klient noem hulle is bekend vir lekker pizza??? sal moet gaan probeer.
Wille hond... of seker eerder waghond - wag vir oorskiet pizza?  ;D
 

Attachments

  • 11.jpg
    11.jpg
    275.1 KB
  • 12.jpg
    12.jpg
    287.7 KB
Van daar besluit ek om terug te keer huis toe...
Dit was lekker maar dis nou klaar!  :deal:
Ry deur Addo en draai regs af op 'n grondpad... wat weer in 'n ander een invloei.
Het gedink ek gaan op die Coega kant van Uitenhage uitkom, en was baie verbaas oor die mooi uitsig van die berge.  ???
Groot is my verbasing toe ek besef ek is weer waar ek vanoggend begin het.
Besluit toe om maar weer Hilwagt oor te ry - immers 'n lekker pad!!  :thumleft:

Fiets lyk of hy goed gebruik is, en na ek hom af gespuit het, lyk hy sowaar weer reg om die pad te vat... KOM VRYDAG!!
 

Attachments

  • 13.jpg
    13.jpg
    408.9 KB
  • 14.jpg
    14.jpg
    494.5 KB
  • 15.jpg
    15.jpg
    462 KB
some times it is just feels so right to ride on your own great pic,s we live in a great area
 
:patch: jy kom draai wragtig voor my deur, 3km van Lenmore en CFT net 500m af in die pad, pm volgendekeer dan kom drink ek n koffie saam en sal jou n paar mooi kort prag paaie wys!
 
lekker,  jy het nie miskien kaart van die roete wat jy gevat het nie?
Mooi foto's net jammer daar die bm blok partykeer die view :pot:
 
Difflock said:
:patch: jy kom draai wragtig voor my deur, 3km van Lenmore en CFT net 500m af in die pad, pm volgendekeer dan kom drink ek n koffie saam en sal jou n paar mooi kort prag paaie wys!

Sal beslis volgende keer 'n PM stuur!!  :thumleft:
Solo ry is lekker... solo koffie drink NIE!!  ;)
 
Jman said:
lekker,  jy het nie miskien kaart van die roete wat jy gevat het nie?
Mooi foto's net jammer daar die bm blok partykeer die view :pot:

Ek steek my huis weg agter die bike - wil nie he julle moet weet waar ek bly nie...  ;D
Hier is 'n prentjie van Google...
maar kom sommer tot hier, dan gaan kuier ons vir Difflock.  :thumleft:
 

Attachments

  • Ride 1805.jpg
    Ride 1805.jpg
    179.8 KB
Verlang sommer na my ou tjom Beetle  . Daai grondpad pad loop verby Oppikoppie , sy plekkie net buite Uitenhage. :ricky:
 
subie said:
Verlang sommer na my ou tjom Beetle  . Daai grondpad pad loop verby Oppikoppie , sy plekkie net buite Uitenhage. :ricky:

'n Baie mooi pad!
Ek draf meeste Saterdae daar verby... en het juis daarom besluit om dit op die fiets te doen.
Het ook al 'n bietjie bulte op sy plaas ge-oefen.
 
Hitman said:
Jman said:
lekker,  jy het nie miskien kaart van die roete wat jy gevat het nie?
Mooi foto's net jammer daar die bm blok partykeer die view :pot:

Ek steek my huis weg agter die bike - wil nie he julle moet weet waar ek bly nie...   ;D
Hier is 'n prentjie van Google...
maar kom sommer tot hier, dan gaan kuier ons vir Difflock.   :thumleft:

Lekker paaitjie, as ek eeeeendag weer kans kry om ernes te gaan ry  :thumleft:
 
Jy praat van die modder wat jou op jou tone gehou het, sou my sekerlik op my sy gehou het.
Ek dink sterk daaraan om ook een of ander tyd n solo trip te doen.
Alleen koffie drink is nie lekker nie, maar iemand wat saamdrink en my moeite om filterkoffie te maak nie waardeer nie is nog erger.

Daai BMW lyk  :thumleft:
 
Wou ook die naweek padvat, maar was nie lus vir die solo Oasis toe waar almal reeds kuier hie. Toe vat ek maar die Hp en soek grondpad Kaap toe vir family gathering. Was tog lekker, maar spitbraai by Oasis sou seker lekker gewees het. Soos hy se, solo islkker, maar stop moet vergesel word. Lekker trippie, ou neef.
 
Hitman said:
Difflock said:
:patch: jy kom draai wragtig voor my deur, 3km van Lenmore en CFT net 500m af in die pad, pm volgendekeer dan kom drink ek n koffie saam en sal jou n paar mooi kort prag paaie wys!

Sal beslis volgende keer 'n PM stuur!!   
Solo ry is lekker... solo koffie drink NIE!!  ;)

Enige tyd, enige verskooning om n draai te gaan ry.  :thumleft:
 
Friday afternoon sounds like a good time  :pot:
Stunning country you have in your backyard!
How about a little ride on Friday afternoon  ???
Take me wiff  :imaposer:
 
Top