Voor jy pa word trippie!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Thunderlinde

Race Dog
Joined
Nov 19, 2007
Messages
1,619
Reaction score
33
Location
Durbanville
Bike
KTM 950 Adventure
Ek dink elke "daddy to be" moet darm n laaste trippie vat voor die groot dag aanbreek.

Wat jy doen is... Eerstens en seker die mees belangrikste, sorg dat mamma genoeg snacks, koeldrank en flieks om te kyk het.

Tweedens, sorg dat jou foon vol gelaai is en dat jy die area waar jy wil gaan ry vir haar op n kaart uitwys. (Hulle raak blykbaar bekommerd as hulle nie weet waar jy is nie).

Derdens, sorg dat jy reg is en vat die pad!

So, ek gaan more oggend 7uur volmaak by Durbanville se Caltex. Plan is Wellington, Ceres, Oase en dan maar kyk watse pad ek trug vat.

Voel welkom om te join.
 
Top