Waar daar 'n wil is...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Daar is altyd meer... maar nooit genoeg tyd in die dag nie!

Dag 2

Iemand het deur die nag 'n hele oerwoud probeer afsaag!  :pot:

dscf3086d.jpg

Teen 08h00 sit ons by Maxi's en geniet 'n vinnige, maar lekker ontbyt.

Ons vat die pad na Calitzdorp. Pad is redelik "uneventfull", maar die omgewing maak altyd daarvoor op:
dscf3093k.jpg


Dit is Sondag en daar gaan nie veel aan nie, maar ons sien een van "ons" langs die pad en besluit om kennis te maak.
Sarie Marais is egter skaam en teruggetrokke - sou ok seker wees as ek sonder broek op straat rondhang...
dscf3100b.jpg


Al wat ons "score" is 'n ruskans in die koelte, so ons bly nie lank nie  :(
Ons stoot aan (amper letterlik) deur die Huisrivier pas. Vir my is dit een van die mooiste passe om te ry  :thumleft:
dscf3105g.jpg


Wedwo wil vir oupa en ouma oppie stoep sien sit, so ons ry verby 7weekspoort na Ladismith. Ek verneem die Towerkop embleem sit net agter diè wolke, maar dit bly bedek... Better luck next time!
dscf3112m.jpg


Ons val ook maar in by Ronnie vir 'n lafenis...
dscf3118s.jpg


...en beweeg spoedig aan tot op Barrydale. Dit is warm en ons raak nie sommer honger nie, so kuier by die "Pumpkin" is uit. Moet darm net 'n foto kry en na die buurvrou (wat hier groot geword het) stuur.
20121216131453.jpg


Nou vat ons Tradouws-pas na Swellendam en koel lekker af in die natuurlike stort op die berg.
20121216133944.jpg


dscf3136j.jpg


Ons is so 15h00 se kant op Swellendam. 1ste vraag aan kelner: "Hoe lyk die pad na Ashton?"
"Hy is toe...." NEE!!!
Gelukkig vertel hy ons van 'n ander roete: N2 - Stormsvlei - Robertson.
Ons eet toe maar iets terwyl ons ontspan onder die koelte bome.
20121216145200.jpg


16h00 is ons op pad - dis 'n lang trek tot op Gouda. Geen fotos hier nie, maar die Stormvlei pad is 'n moet: lekker ry en mooi omgewing, veral die rooi en geel lanings daar by die "Vier Nefies" se plaas. Ons drink vinnig iets by die Spar op Robertson - wil langer bly, want boude is seer gesit, maar ons werk teen tyd.
Kan darm nie by diè berge verby sonder 'n foto nie:
dscf3155c.jpg

20121216180329.jpg

dscf3157m.jpg


Anderkant Worcester vat ons die pad na Wolseley / Ceres. By die T-aansluiting stop ek eers weer om na berge te kyk:
dscf3162x.jpg


Wolseley is mooi skoongemaak na die 1ste ronde stakings, maar ons ry net deur.

dscf3166q.jpg

Stop vir oulaas om Tulbach se mooi berge te kiek - die lande lyk mooi in die laat-middag son, maar die wind is lastig! Nog net die Nuwekloof Pas tussen ons en ons eindbestemming - laat ons weg wees!
En so stop ons 20h30 op Vaalbaas se werf - moeg. So moeg dat ek nie eers een foto neem nie: SWAK! Vaalbaas, doen gou bietjie bemarking!
Daardie aand braai Vaalbaas soos net 'n slagter kan, ons kuier en vang op en ek treur oor my 1200 by die huis terwyl ek die 4 1200s in die garage bewonder.
Vanaand slaap ons 'n bars hou!
 
ekt erens gelees dat die GS in die werkswinkel staan, wat gerepereer moet word.
 
Het nou lekker geRR. Laat loop met die res  :thumleft: :thumleft: :thumleft:

Tot hier het ons die verhaal geken. Nou het die fotos die storie kleur gegee.
Ons vat toe die Cruiser vir die trippie oor Bainskloof saam met die twee.......
Ek reken toe mos: Die spoed gaan laag wees en dit is warm. Geen baadjie vir my nie. Wat ek nie besef het nie is dat as jy teen daai spoed ry die son TYD het om jou te brand.  :lol8:
Wag om verder te lees.
 
White Rhino said:
Baie mooi. :thumleft:

Ek moet vra, hoekom het jy met die STX gery, en nie met jou GS nie? :peepwall:

Eintlik is ek die een op die Bajaj  ;D

...en n0b0dy is amper reg: die GS was in die werkswinkel (verkeerde een ongelukkig) en staan nou in my garage. Hierdie jaar moet hy reg - daar is plekke waarheen ek moet terugkeer!!  :thumleft:
 
Ek like dit baie!  Het eendag twee ou manne van 76 en eighty something met twee mopeds in Die Hel sien afkom om 23:00 die aand.  Ek wil wil dit ook nog doen!  Ek dink jy sien die pad uit 'n hele ander perspektief as jy stadiger ry.
 
Wat gaat aan? Daar is nog! |Wanneer, wanneer. Wat is die rede vir die stilte  :deal:

??? ??? ??? ??? ??? ??? ??? ???
 
VaalBaas said:
Wat gaat aan? Daar is nog! |Wanneer, wanneer. Wat is die rede vir die stilte  :deal:

??? ??? ??? ??? ??? ??? ??? ???

Dis maar hoe die ooskaap ouens is. Sulke stop-start tipes maar as hulle eers aan die gang is dan beweeg hulle  :imaposer:
 
subie said:
VaalBaas said:
Wat gaat aan? Daar is nog! |Wanneer, wanneer. Wat is die rede vir die stilte  :deal:

??? ??? ??? ??? ??? ??? ??? ???

Dis maar hoe die ooskaap ouens is. Sulke stop-start tipes maar as hulle eers aan die gang is dan beweeg hulle  :imaposer:

Nee, lyk my hulle is soos die Amerikaners. Hulle wil suspence skep. Hy moet nou net nie die goed gegin herhaal nie. ;D
 
Dit was aand en dit was oggend "DIE VOLGENDE DAG"  ??? ??? ??? ???

:pot: :sip: :pot: :sip: :lol8: :lol8:
 
  Lekker trip, Hitman.Lekker om saam met julle te ry,net jammer jul het my gemis hier op Montagu.
 
Bokveld said:
  Lekker trip, Hitman.Lekker om saam met julle te ry,net jammer jul het my gemis hier op Montagu.

Die plan was om Montagu te besoek... as die pad oop was.
Ek dink egter ons sou mekaar gemis het al was ek daar, maar wie weet... volgende keer  :thumleft:
 
Verskoning vir die onderbreking... daar was 'n onderbreking, so by die agterwiel se kant.  :(
Maar dis uit gesorteer en ek is weer op die been...wiel!  :thumleft:

Dag 3

Ek word wakker in 'n kinder kamer  ??? alhoewel ek op die bank aan die slaap geraak het. Dalk loop ek in my slaap, terwyl iemand 'n oerwoud probeer afsaag! mmm???

Ons gryp ons goed en pak die bikes - ontbyt kom later. Ons groepie het verdubbel met Vaalbaas en Mev Vaalbaas wat saamry. Ek is opgewonde: omdat ons saam ry en omdat ek Bainskloof gaan ry. Ek hou al my lewe lank hier vakansie en was nog nooit daar op nie. Nog altyd net so voor (daardie tyd) Bakkies se Padstal gestop vir 'n kuier.

Die rit tot op Wellington is nie besonder opwindend nie... alhoewel dit "nuwe terrein" vir Vaalbaas was: nie een van sy fietse het al ooit so stadig gery nie, veral nie op teer nie.

Ons stop net voor Bainskloof vir 'n foto sessie:
Vaalbaas en Kie
dscf3167q.jpg

Die "W" van Wellington
dscf3168r.jpg

Uitkyk plek: mooi pad, mooi berge
dscf3171zp.jpg

Ons doen so bietjie "off-road" op die berg
dscf3186m.jpg

dscf3188n.jpg


Ek gee die kamera vir Mev Vaalbaas vir 'n paar aksie fotos, waarin ek die hoofrol vertolk:
dscf3195z.jpg

dscf3204k.jpg


Wedwo is nog met ons:
dscf3206a.jpg

Hello ma, honne...almal
dscf3210kk.jpg


Ons stop aan die einde van die kloof vir ontbyt: Callabash (of so iets?) Lyk asof hier groot partytjies gehou word - geen gebrek aan harde musiek nie.
Oor die brug draai ons regs - Worcester se rigting, maar nie ver nie en dan weer regs, Slanghoek Pad. Weer 'n eerste vir my en wat 'n plesierige pad!  ;D
dscf3214w.jpg


Ons ry oor die N1 en by 'n vier-rigting stop skei ons paaie: Vaalbaas links, mall toe, ons ry regs, Kaap toe.

Natuurlik besluit ons om oor die berg te ry - ons kan vanaand ons ligte aansit en in die donker ry!
dscf3216z.jpg

20121217132341.jpg

20121217132452.jpg


Ons stop eers op die pas om die uitsig te geniet - ons is in elk geval vroeër as wat ons gedink het en kan bietjie rus - dit is taamlik warm!
dscf3225f.jpg


Ons stop by Engen langs die N1 vir iets om te drink en lê sommer op die gras en rus voor ons weer die pad vat. Ek moet eintlik bel om aanwysings te vra, maar ek besluit om op geheue te ry.
Diè is toe nie so sleg nie... en siedaar ons is by ons eindbestemming: tuiste van n hond met die naam Capetownvara.

Wat 'n mooi uitsig van die voorstoep af:
20121217161850.jpg


Nou kan ons afpak en lekker ontspan. Vir die volgende twee dae "travel" ons lig - sonder bagasie!
 
Dag 4

Capetownvara besluit om saam te ry tot ontbyt. Daarna gaan hy sy eie ding doen terwyl ons verder rondry / kyk.
Ek het al n paar keer Two Oceanse gehardloop en wou nog altyd die roete op 'n bike doen, sodat ek kan stop by al die mooi plekke waar ons verby hol. Wedwo was eintlik nog nooit in die Kaap nie (eenkeer in Melkbosstrand vir 'n troue), so alles is "eerste" vir hom.

Uitsig van die voorstoep - die keer is die berg oop
20121218080255.jpg


Ons ry en neem in. As jy elke keer wil stop as daar 'n foto geleentheid is, gaan jy dalk twee dae nodig hê net om diè 56km te doen. In Vishoek word ons egter tot stilstand gedwing... toe my ketting af val: hy is te slap en die stop-ry effek maak moeilikheid.
20121218103601.jpg


Ek stoot vir Bajaj tot agter die Shell garage en leen by 'n gawe kêrel die nodige gereedskap. Gou-gou is alles weer reg en daar trek ons, maar nie te ver...
Ons stop by Dixies vir 'n baie lekker ontbyt en stunning uitsig oor die see:
dscf3232d.jpg


dscf3233k.jpg


Na ontbyt is ek en Wedwo alleen. Vinnige stop voor en in Simonstad
dscf3235j.jpg


Nog 'n mooi uitkyk punt
dscf3237t.jpg


Net om die draai is ons in die Tafelberg Natuur reservaat, op pad na Kaap Punt.
Die wind is lekker onplesierig en daar is nêrens skuilplek op die kaal vlaktes nie - ons druk deur tot aan die einde van die pad.
dscf3243l.jpg


dscf3244yi.jpg


'n Paar fotos op die punt. Die wind is fieslik - wonder of hier ooit mooi dae is?
dscf3257k.jpg


dscf3258b.jpg


dscf3260h.jpg


dscf3262ni.jpg


Ons is genoeg geruk en gepluk en besluit mens hoef net so lank hier te bly - daar is meer om te sien, Chapman's Peak, ens.
20121218151543.jpg


dscf3274ad.jpg


dscf3278y.jpg


dscf3284g.jpg


Ek dink dit is die hitte, maar ons raak nie regtig honger nie. Ons skip vis-en-tjips in Houtbaai en besluit eerder om te gaan afkoel op Clifton. Wedwo waag dit om sy tone nat te kry, ek duik sommer in. Die water is koud, maar is net die ding na 'n lang dag in wind en son.

Wat 'n mooi plek is dit nie...
dscf3285b.jpg


Ons vat die pad huis toe - daar wag 'n welverdiende braai!


 
Top