Vrydag
Vrydag-oggend is Wedwo eerste op. Hy voel hy het ‘n bietjie “tuning” nodig en het ‘n afspraak met ‘n jong dame wat graag handgemeen raak…
ot:
Terwyl hy vroegoggend in die strate ronddwaal, kom hy op die gesig af:
Ek vaar ook die strate in om te sien hoe Hermanus in die vroeë oggend daarna uitsien.
Sowaar ‘n lekker plek om vroeg oggend rond te loop of ‘n draffie in te kry!!
Daarna is dit terug om die fietse te pak en pad te vat. So bietjie gratis publisiteit vir ons gasheer en vrou: ek beveel graag die spot aan!
Ons kry eers petrol voor ons die dorp verlaat en eet sowaar ons eerste “garage pie” vir die trip – altyd ‘n wenner! (Vraag: as die pie oorkant die straat by P&P gekoop word maar op die garage se perseel ge-eet word, kwalifiseer dit nog as garage-pie??)
Volgende stop is Gansbaai. Dis weer baie warm en ons treat onsself met ‘n mooi see-uitsig stop.
Toe ek op die kaart sien ons gaan naby Pearly Beach verby, besluit ek ons moet daar stop. Ek verwag om massiewe rubberbote met groot enjins en baie luukse motors daar aan te tref, maar dit is toe net ‘n stil strand buurt.
Volgens my (en die kaart) ry ons hiervandaan in ‘n Suidwestelike rigting, maar moet dan ‘n grond ompad vat na Struisbaai ens. Die kaart waarna ek nou sit en kyk wys die R43 loop tot by Struisbaai?? (enige menings??)
Soos ons egter uit Pearly Beach by die teerpad (R43) kom, sien ek ‘n grondpad wat regoor ons begin en na Elim gaan. Dis die pad wat ons vat… (dit is mos ‘n dual sport forum die). Nie ‘n slegte pad nie en dit gaan heel goed. Kort voor lank is ons op Elim en drink water en koeldrank by die (enigste?) kafee. Ons beset die locals se bankie op die stoep, maar toe die deure toemaak vir etenstyd, val ons weer in die pad. As jy van hier af op pad Struisbaai toe is (of Agulhas in ons geval), en jy wil nie grondpad ry nie, dan moet jy Bredasdorp deur. Siende dat dit so lekker gegaan het op die grond Elim toe, besluit ons om weer grond te vat en sny ‘n lekker draai uit.
So vorder ons uiteindelik tot by die Suidelike punt van Afrika, maar hier moet jy ook maar jou beurt af wag (veral die tyd van die jaar).
Dis taamlik amuserend om die “poses” te sien wat party mense uithaal oor daai denkbeeldige lyn.
Ons doel was om tot hier te kom en nie om mense te trakteer met ‘n show nie, so ons kom sommer gou tot die punt:
Ons kry natuurlik warm en ons is honger so dis nog ‘n rede vir ‘n vinnige fotosessie.
Nou gaan ons lekker ontspan en die groot dors les.
Soos ons op die klipperige deel wegtrek by die “monumentjie”, kom Wedwo agter daar skort iets… met die fiets.
Ons beloer die dinge buite die restaurant en besluit uiteindelik dat dit die seël op die skokbreker is wat gekalf het.
Gelukkig het ons vroeg al besluit om Malgas te mis, so dit kom nie as ‘n groot teleurstelling dat ons nie meer kan grondpad ry nie.
Lekker gerus, lekker ge-eet kry ons koers na Bredasdorp (stop vir drinkgoed en petrol) en dan deur die kale geel lande na Swellendam. Die wind waai sleg van voor en is warm. Ongelukkig is daar nie met die Bajaj ‘n opsie van vet gee deur die onaangename dele nie - sight see-ing sal jy doen!!
Moeg en warm, met die klem op warm, kom ons in die karavaanpark aan… nie voordat ons vir die tweede keer deur verkeersmanne gestop is nie – staan ons dalk uit as maklike tykens?
Ons trek laer en neem ‘n lekker stort, waarna on seers ‘n rustige draai deur die dorp ry en die mooi omgewing geniet.
Aandete is by die Full-stop pizza restaurant (heerlike pizzas) en dan is dit slaaptyd.