Wes-Kus uitstappie no 2 vir 2020

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Is julle nie bang om so langs die bike te slaap nie?
Wat as daai 300kg deur die nag omval en bo-op jou land  :eek7:
 
skydiver said:
Is julle nie bang om so langs die bike te slaap nie?
Wat as daai 300kg deur die nag omval en bo-op jou land  :eek7:
Dit sal nogals ‘n ding wees. In daardie sagte sand glo ek soy hy stadig omgeval het en net mooi saggies op mens kom lê het [emoji3166]


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Na ons in Hondeklipbaai vinnig iets geëet het, het ons die pad gevat Koingnaas toe vir Petrol en iets om te braai die aand.

Koingnaas het net een winkel en hy is tussen 12h00 en 15h00 op Saterdae toe. Ons het gelukkig na 15h00 daar gestop. Ons het wors gekoop om te braai en buns wat gevries was. Daar was nie vars buns nie. Ons wou graag bietjie tamatiesous saam met dit koop, maar daar was  nie. Daar was welk bladjang, maar die was in ‘n glas botteltjie en ons wou nie die kans vat om met ‘n stukkende botteltjie te sukkel nie. As ek nou terug dink moes ons maar die kan gevat het

Van die winkel af is ons na die petrol pomp toe. Die pompe maak 12h00 op ‘n Saterdag toe en as jy dan petrol soek is daar ‘n call out fee betaalbaar.

Ons het toe gewag vir die eienaar om ons te kom help en toe weer in die pad geval.

917e722d414e21d481dcac07c0a50967.jpg

71159fc991f44665f8cc16c95b026003.jpg

dbf56bb8ab580323828385dc8898899b.jpg

46fb1b7f220e78efeeddc4e422f8c4e8.jpg


Die plan was om Wildeperdehoek pas uit te ry en dan af te ry tot by die ou tronk wat net bo die Buffelsrivier sit. Vandaar wou ons in die rivier op ry tot op Wian hulle plaas en vandaar af tot by die plaas huis waar almal uitgesien het na ‘n stort, ‘n regte matras en so aan.

0e6e34aa092d713947cf18566997a6cc.jpg

377754284712c210e0fcf0b77327fe93.jpg


Ons het by die Ou-Tronk gestop, gekyk wat daar aangaan en die rivier aangedurf. Dit was beslis nie ligte musiek nie. Die son was agter die berg en dit het begin donker raak.

59db760091b289c52061749f986070d6.jpg

07a325fe3101b41d3b312d0ef571116f.jpg

6ce4295d8b44c6dc56d86a234862d181.jpg

71f32646dfd562f36b80224b874fed8c.jpg

c4166294e7132cc219e75fc4ab8d2040.jpg

7e64ef56c52e43087226f5f1fbd0ef54.jpg

bfb021fba58f2bb8da7013d078bcd3fc.jpg

5a85d0548806a81146b7f150a8a5a652.jpg

c22d5bfeb4f0249bcf5b6cdd51025d26.jpg



Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Ons het toe gewag vir die eienaar om ons te kom help en toe weer in die pad geval.

Dis n sêding wat glad nie hier op Dustriders se werf gebruik mag word deur besoekers!!! ;) :deal: :lol8:
 
Sub. Sodra die grense weer oopmaak 'n trip Suid doen deur Sendelingsdrif af kus langs Kaap toe.
 
Right. Ek moet nou seker ‘n slag die storie kaar skryf.

Soos ek in my vorige stukkie gesê het is ons daar in die rivierloop op en die donker het ons begin vang. Ons het dit gemaak tot by die laaste stukkie van die rivier waar ons moes links draai en bult op ry en dit was al goed donker.

Almal was lus vir sag slaap en ‘n lekker stort so ons het besluit om deur te druk. Ek is meer as 10 jaar laas daardie bult uit, so ek kon nie eers amper onthou hoe die pad lyk nie. Toe my beurt kom het ek die bult aangevat, maar so halfpad ry ek oor een klip wat nie eers baie hoog is nie en toe gaan druk my voorwiel teen ‘n tweede klip vas. Alles het net mooi saam gespeel dat ek toe my sump prop op die eerste klip vas druk. Toe is dit net olie. Bike afgeskakel en eers probeer verwerk wat gebeur het.

Hoe gaan ons 250kg+ bike bo kry? Hoe gaan ons hom by die plaas uitkry? Hoe gaan ek terug in Wellington kom? Ens. Ens. Ens. Dis alles vrae wat deur my kop geskiet het.

Net na dit het die twee 990’s ook besluit dat hulle nie meer lus het nie. Hulle wou niks van start weet nie. Ek het toe minder alleen gevoel en ons het besluit om net daar in die rivierloop kamp op te slaan.

Wian en Danie het die laaste 13km in die donker deurgedruk plaas toe om die bakkie te gaan haal. Ons het kamp opgeslaan, vuur gemaak en wors gebraai.

c4fe96adadaf5da9da3be13d9ef6ce69.jpg


78418f84f0b2275298f7455a97425aa0.jpg

ec3bfe07a9318b589156e7d943c11c72.jpg


Toe Wian hulle 00h30 nog nie terug was nie het ons besluit dat hulle vir ‘n sagte bed en warm stort geval het en ons het gaan slaap.

Die volgende oggend het die wind my wakker gewaai en ek het besef dat Wian se tent wat ons vir hom opgeslaan het gaan weg waai (want hulle het mos in die plaashuis geslaap). Ek wou nog ‘n plan gaan maak, maar toe ek die tent se deur oop zip het daar ‘n wit Hilux voor my gestaan. Ek moes tweekeer kyk om seker te maak ek is wakker en droom nie.

Na so rukkie se rondrol het ek maar besluit om op te staan, sodat ons kon begin planne maak.

854541741c452dab48d42a77690366f8.jpg

358dd172be3d67b68334686c531616a3.jpg

bb73f855447933c1080f00f02d15ba3f.jpg

9437eb711a138f18e5fc5a4b392922df.jpg

86b050a52dd39af6fd981f15427778db.jpg

1bae012ec53f498bca19dfc82d5c2780.jpg


Wian vertel toe dat hulle eers 02h00 die oggend daar kom stop het, want toe hulle in die plaas stop wou die bakkie ook niks van start weet nie. Al wat ‘n battery was, was pap. Hulle het toe later die bakkie die battery ontkoppel en hom direk op Danie se 1290 gekoppel. Die bakkie het toe gestart gekry en hulle kon toe terugry rivier toe.

Ons het my S10 en die 990’s afgebring rivier toe sodat ons op gelyk grond kon verder sukkel. Ons wou die 990’s op die bakkie jumpstart, maar toe wil die bakkie alweer niks weet nie.

bcfb09c8517f0708edfe8cbff9bd2ba8.jpg



Gelukkig het ons nog 2 lewendige 1200 GSA’s gehad. Na so rukkie se sukkel en lelik praat kon ons die twee 990’s weer terug in die lewe roep. Nugter alleen weet waarom daardie goed se battery sit waar hy sit nie. Heel onder, voor die engine, agter die bashplate.

Volgende het ons die bakkie gejump en sy gat laat ingrawe in die rivierbed sodat ons my bike makliker kon laai.

6933c7443f554b15a33e0cd5f71d9915.jpg



f30ce3813b9930ef064dc86601654034.jpg

445182a958b953b4f3befb10243324d9.jpg


Hy het net net gepas en toe vat ons die bult aan. Ek plus my bike agterop die bak en nog ‘n klomp ander goed was seker ‘n goeie 400kg, maar ons is die bult uit sonder enige moeilikheid.

Die res van die manne is sonder sukkel en teëspoed die bult uit. Oppad plaas toe was daar dele wat van bakkie se kant af nogals redelik tricky gelyk het, maar almal kon toe darem die plaashuis haal.

6c7b7d349f4196db3ab1304c84628e73.jpg

ab79716fd38fab01b68b8fd13f045a53.jpg


By die plaashuis kon ek my fiets op gelyk stuk sement sonder sand of wind of enige iets wat pla trek en mooi kyk wat ons moet maak.

ac9340f1f749d1b7ee147cae23a72e94.jpg


Ek kon die prop mooi uitwikkel en op die slypsteen skuur tot hy weer mooi terug in sy gat pas.

a06ad8ac4190c8eaac5f9773696c8a0f.jpg



2aaaee31a2b3569bb8aa39ca3dde7817.jpg


Klein bietjie Pratley Steel Quickset is gemeng en aangesmeer. Tewyl het geset het, het ek gou die vierwiel motorfiets gevat om ‘n vriend te bel om te hoor of die enigste olie op die plaas die ding sal doen.

Die olie se graad was net nie heeltemal voldoende nie, maar dit was of dit of my bike bly daar en ek hike huistoe.  Die dikte was darem inlyn met die workshop manual.

Oppad terug van die plek op die bult waar sein is, het die Blaster se petrol opgeraak. Om dit nog beter te maak was hy reeds op reserve. Gelukkig was dit afdraend huis toe. Ek moet sê dis nie net vir stoot en spring op nie. Die agter tyre het my kuit ‘n paar keer gehap met die opspring slag.

Ons het olie ingegooi en opgekit. 12h12 het ek my bike vir die eerste keer weer gestart na ek hom so rondom 21h00 die vorige aand afgesit het.

Van die manne het gevra of ons nog olie moes saamry en ek het nee gesê. Hy sal hou. By die eerste plaashek oppad teerpad toe het my olie liggie aangekom. My moed het sommer deur my boots se sole geval. Weer afgesit en onder die bike ingekruip. Daar het niks uitgeloop by die toegestopte gat nie. Ek het toe maar gemaak soos die IT mense altyd aanbeveel. Have you tried switching it off and turning it back on again?

Die liggie was dood en hy het dood gebly. By die N7 het ons gestop om al die mense by die huis te laatweet dat almal weer terug op twee wiele is en ons sterk oppad huis toe is.

98325488026a704edadbbad9e3f9d1e5.jpg


Ons was seker nog nie 5 km op die teer nie toe trek Wian af. Sy 990 se koors was deur die dak. Fuses gekyk en ek weet nie wat nog nie en toe besluit om hom kans te gee om af tekoel. Na sy temp gauge bietjie gesak het, het ons besluit om weer die pad te vat. Ons het gelukkig nie weer met hom gesukkel nie.

Op Garies het almal gestop vir bietjie petrol en ons het besluit om die groep te spilt. Die wat rustig 110-120 wou ry en die wat 160+ wou druk om by die huis te kom. Net hulle sou weet wat hulle daar so haastig moes gaan maak.

Ek het die aand 19h00 in my garage by die huis gestop, sonder om ‘n druppel olie te verloor.

c7c0ce63150eedebe5b852abe2762b7e.jpg

b04f5c7062a14ef267e8f087a28aff0c.jpg



Tenspyte van al die sukkel en teëspoed was die ‘n naweek wat ons vir altyd sal onthou. Dis nou bietjie meer as ‘n week later en almal wil alweer terug gaan vir nog.

Vir my het daar so paar goedjies uitgestaan:

- Goeie vriende soos die kry mens nie om elke hoek en draai nie
- As iets klink soos ‘n kak gedagte, dan is dit 10 teen 1
- Donker werk is konkel werk
- Daar bestaan nie iets soos teveel petrol of water nie
- Pratley Steel is ‘n wonderlike ding
- En nog ‘n paar goed wat ek nie nou kan onthou nie

Tot volgende keer. Hou die rubber kant op die grond en die sumps van die klippe af.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Oja, ek het die video ook belowe. Danie het hom vir ons aanmekaar gesit.

Ek is nou sommer weer lus om my bike op te saal en vir ‘n seconds te gaan.

https://youtu.be/e19Vr6JT0LA


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Dit is hierdie soort trips wat jy nooit vergeet nie!

Al gedink aan 'n sump guard?
 
BullFrog said:
Dit is hierdie soort trips wat jy nooit vergeet nie!

Al gedink aan 'n sump guard?
Die klas trips oorweeg mens nie as jy nie iets onder jou bike het nie. Hy het ‘n bashplate, nogals ‘n OEM plaat as ek dit nie mis het nie, maar ek het gesien dat ‘n coke blikkie dieselfde werk sou kon doen.

Die OEM een is meer vir show het ek agtergekom. Nou is ek opsoek na ‘n SW Motech of so wat bietjie dikker is en op meer plekke aan die engine vasmaak, maar nerens is daar stock nie.

Die huidige plaat sit vas met een bout in die sump en dan twee dun plaatjies met boutjies aan die voorkant van die engine.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Ek het eintlik bedoel 'n 'aftermarket' bash plate...  :biggrin:

Die OEM goed is maar net nie opgewasse vir ons tipe ryery nie.
 

Latest posts

Top