Right. Ek moet nou seker ‘n slag die storie kaar skryf.
Soos ek in my vorige stukkie gesê het is ons daar in die rivierloop op en die donker het ons begin vang. Ons het dit gemaak tot by die laaste stukkie van die rivier waar ons moes links draai en bult op ry en dit was al goed donker.
Almal was lus vir sag slaap en ‘n lekker stort so ons het besluit om deur te druk. Ek is meer as 10 jaar laas daardie bult uit, so ek kon nie eers amper onthou hoe die pad lyk nie. Toe my beurt kom het ek die bult aangevat, maar so halfpad ry ek oor een klip wat nie eers baie hoog is nie en toe gaan druk my voorwiel teen ‘n tweede klip vas. Alles het net mooi saam gespeel dat ek toe my sump prop op die eerste klip vas druk. Toe is dit net olie. Bike afgeskakel en eers probeer verwerk wat gebeur het.
Hoe gaan ons 250kg+ bike bo kry? Hoe gaan ons hom by die plaas uitkry? Hoe gaan ek terug in Wellington kom? Ens. Ens. Ens. Dis alles vrae wat deur my kop geskiet het.
Net na dit het die twee 990’s ook besluit dat hulle nie meer lus het nie. Hulle wou niks van start weet nie. Ek het toe minder alleen gevoel en ons het besluit om net daar in die rivierloop kamp op te slaan.
Wian en Danie het die laaste 13km in die donker deurgedruk plaas toe om die bakkie te gaan haal. Ons het kamp opgeslaan, vuur gemaak en wors gebraai.
Toe Wian hulle 00h30 nog nie terug was nie het ons besluit dat hulle vir ‘n sagte bed en warm stort geval het en ons het gaan slaap.
Die volgende oggend het die wind my wakker gewaai en ek het besef dat Wian se tent wat ons vir hom opgeslaan het gaan weg waai (want hulle het mos in die plaashuis geslaap). Ek wou nog ‘n plan gaan maak, maar toe ek die tent se deur oop zip het daar ‘n wit Hilux voor my gestaan. Ek moes tweekeer kyk om seker te maak ek is wakker en droom nie.
Na so rukkie se rondrol het ek maar besluit om op te staan, sodat ons kon begin planne maak.
Wian vertel toe dat hulle eers 02h00 die oggend daar kom stop het, want toe hulle in die plaas stop wou die bakkie ook niks van start weet nie. Al wat ‘n battery was, was pap. Hulle het toe later die bakkie die battery ontkoppel en hom direk op Danie se 1290 gekoppel. Die bakkie het toe gestart gekry en hulle kon toe terugry rivier toe.
Ons het my S10 en die 990’s afgebring rivier toe sodat ons op gelyk grond kon verder sukkel. Ons wou die 990’s op die bakkie jumpstart, maar toe wil die bakkie alweer niks weet nie.
Gelukkig het ons nog 2 lewendige 1200 GSA’s gehad. Na so rukkie se sukkel en lelik praat kon ons die twee 990’s weer terug in die lewe roep. Nugter alleen weet waarom daardie goed se battery sit waar hy sit nie. Heel onder, voor die engine, agter die bashplate.
Volgende het ons die bakkie gejump en sy gat laat ingrawe in die rivierbed sodat ons my bike makliker kon laai.
Hy het net net gepas en toe vat ons die bult aan. Ek plus my bike agterop die bak en nog ‘n klomp ander goed was seker ‘n goeie 400kg, maar ons is die bult uit sonder enige moeilikheid.
Die res van die manne is sonder sukkel en teëspoed die bult uit. Oppad plaas toe was daar dele wat van bakkie se kant af nogals redelik tricky gelyk het, maar almal kon toe darem die plaashuis haal.
By die plaashuis kon ek my fiets op gelyk stuk sement sonder sand of wind of enige iets wat pla trek en mooi kyk wat ons moet maak.
Ek kon die prop mooi uitwikkel en op die slypsteen skuur tot hy weer mooi terug in sy gat pas.
Klein bietjie Pratley Steel Quickset is gemeng en aangesmeer. Tewyl het geset het, het ek gou die vierwiel motorfiets gevat om ‘n vriend te bel om te hoor of die enigste olie op die plaas die ding sal doen.
Die olie se graad was net nie heeltemal voldoende nie, maar dit was of dit of my bike bly daar en ek hike huistoe. Die dikte was darem inlyn met die workshop manual.
Oppad terug van die plek op die bult waar sein is, het die Blaster se petrol opgeraak. Om dit nog beter te maak was hy reeds op reserve. Gelukkig was dit afdraend huis toe. Ek moet sê dis nie net vir stoot en spring op nie. Die agter tyre het my kuit ‘n paar keer gehap met die opspring slag.
Ons het olie ingegooi en opgekit. 12h12 het ek my bike vir die eerste keer weer gestart na ek hom so rondom 21h00 die vorige aand afgesit het.
Van die manne het gevra of ons nog olie moes saamry en ek het nee gesê. Hy sal hou. By die eerste plaashek oppad teerpad toe het my olie liggie aangekom. My moed het sommer deur my boots se sole geval. Weer afgesit en onder die bike ingekruip. Daar het niks uitgeloop by die toegestopte gat nie. Ek het toe maar gemaak soos die IT mense altyd aanbeveel. Have you tried switching it off and turning it back on again?
Die liggie was dood en hy het dood gebly. By die N7 het ons gestop om al die mense by die huis te laatweet dat almal weer terug op twee wiele is en ons sterk oppad huis toe is.
Ons was seker nog nie 5 km op die teer nie toe trek Wian af. Sy 990 se koors was deur die dak. Fuses gekyk en ek weet nie wat nog nie en toe besluit om hom kans te gee om af tekoel. Na sy temp gauge bietjie gesak het, het ons besluit om weer die pad te vat. Ons het gelukkig nie weer met hom gesukkel nie.
Op Garies het almal gestop vir bietjie petrol en ons het besluit om die groep te spilt. Die wat rustig 110-120 wou ry en die wat 160+ wou druk om by die huis te kom. Net hulle sou weet wat hulle daar so haastig moes gaan maak.
Ek het die aand 19h00 in my garage by die huis gestop, sonder om ‘n druppel olie te verloor.
Tenspyte van al die sukkel en teëspoed was die ‘n naweek wat ons vir altyd sal onthou. Dis nou bietjie meer as ‘n week later en almal wil alweer terug gaan vir nog.
Vir my het daar so paar goedjies uitgestaan:
- Goeie vriende soos die kry mens nie om elke hoek en draai nie
- As iets klink soos ‘n kak gedagte, dan is dit 10 teen 1
- Donker werk is konkel werk
- Daar bestaan nie iets soos teveel petrol of water nie
- Pratley Steel is ‘n wonderlike ding
- En nog ‘n paar goed wat ek nie nou kan onthou nie
Tot volgende keer. Hou die rubber kant op die grond en die sumps van die klippe af.
Sent from my iPhone using Tapatalk