woody1 said:
En daai battery het ook seker 'n storie wat ons MOET hoor.
eepwall:
Ja ok, laat ek dan maar die storie vertel.
Ek het mos laasweek 'n kar battery in die karretjie gesit en die nodige koppelings gedoen na die fiets se oorspronkilke bedrading toe. Dis kan mos nie moeilik wees nie, jy haal net die oorspronklike bedrading van die ou battery af en koppel dit aan die nuwe battery se bedrading. :deal: Prent die storie, die nuwe battery is in die karretjie se boot gemaak staan. Hiervan ek het lekker dik elektiese bedrading deurgevat na die oorspronklike badrading onder die bike se sitplek. Siedaar, alles maak lekker kontak en die bike start sonder probleme. Met die ou battery onkoppel besluit ek om die battery in te los for in case. Ek het die hele bedryf lekker "ge-insulate" met insulation tape. Ek was heel trots op my handewerk, want elektries is mos nou nie eintlik my sterk punt nie.
Saterdag oggend vertrek ons hier weg en so 15 - 20 kilos buite die dorp oppad Winterberg toe cruise ons teen so 120km/h. Die Oos London gang volg my. Ek overtake nogals so paar karre oppad en waai so lekker windgat met my linkerhand elke keer as ek verby vat. Die volgende oomblik vrek die bike hier onder my. Rooigesig free wheel ek en kom tot 'n stilstand. Vroulief wil weet wat aangaan. Ek sê ek weet nie, die bike het net gevrek. Ek sit so op die bike en sit die ignition aan en af, maar die dash is dood, nie eens 'n ou olie liggie wat will brand nie. Intussen voel ek maar die enjin is freakin warm hier onder my. Ek kyk afwaarts, knaters se kant toe. Wat ek sien skok my tot binne my derde voorgeslag in.
Ek is vir so sekonde, wat voel soos 'n uur, stom en kry nie 'n woord uit nie. Ek skree op die antie, DIE BIKE BRAND. Die vlamme is duidelik sigbaar hier tussen die sitplek en tank, daar waar ek 'n sekond of wat vroeer gesit het. :eek7: Ek pluk wat ek kan van die bike af en gooi dit die veld in. Ek hoor vroulief hier in die agtergrond wat ook iets skree, maar dit sink nie in nie. Tyd staan stil, ek sien net die vlamme en smaak my als wat ek doen is net te stadig. Toe ek weer sien staan ek met 'n 500ml bottel coke in die hand. Ek gooi die oor die vlamme. Die volgende oomblik toe beland daar 'n twee liter fanta in my hande en die gooi ek toe ook oor die vlamme. Die 2 en 'n halwe liter koeldrank was gelukkig genoeg om die vlamme te blus.
Ek het stadig tot verhaal gekom en toe eers werklik besef wat aangaan. Ons haal toe die sitplek af om te kyk wat daar onder aangaan. Die bike se sitplek het so dwarsbaar wat van yster gemaak. Dit smaak my die dwarsbaar het aan beide pole loop raak so met die ry. Vandaar die short en dan natuurlik die brand wat onstaan het.
Met die Oos London manne se hulp en ducktape het ons daai bedrading behoorlik toe getape. Die sleutel gedraai en alles het weer honky dorrie gewerk. Ons het toe maar vir veiligheidhalwe die ou battery uitgehaal. Ons het verder die naweek geniet sonder probleme. Ek sal net later die drade maar mooi skoonmaak en nuwe "terminals" opsit. jup het voorgestel ek maak so klein DB bord storie waar ek al die drade aan koppel. Ek sal seker daai uitweg vat.
Ja, dis die storie. Ek moet darem net meld, as dit nie vir my vrou was nie, sou die bike seker nou nog langs die pad gestaan het. Net so swart geraamte, uitgebrand tot die grond. Ek het skoon vergeet van die koeldrank en water wat ons saamry. Ou vroutjie het darem kop gehou en die koeldrank gegryp en die vir my aangegee. Seker maar ook net oorlat dit haar bike is.
ot: :lol8: