WINTERBERG GET TOGETHER 2014 RIDE REPORT

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Heimer said:
Ek hoor iemand is deur twee manne uit die tent uit gesnork moes elders loop slaap  :peepwall:

:imaposer:

Dis 'n ware storie.  :pot:  :lol8:  :imaposer: 
 
Eish Louis

Dis sou darem jammer gewees het as julle karretjie opgegaan het


As ek reg onthou het baie VW beetles ook so vlam gevat as die agtersitplek oud raak en die skoonma sit hom deur 'n dip dat die springs die battery tref wat onder die seat gesit het.
 
Heimer said:
Eish Louis

Dis sou darem jammer gewees het as julle karretjie opgegaan het


As ek reg onthou het baie VW beetles ook so vlam gevat as die agtersitplek oud raak en die skoonma sit hom deur 'n dip dat die springs die battery tref wat onder die seat gesit het.

Praat nou net met 'n ou wat dieselfde sê.  :imaposer:
 
Ja kyk... ek dink julle moet maar liewer by Ry en Verslag doen bly.

Los die tegniese goeters vir die ouens wat kan.... :imaposer:

Bly julle kon dit red.
 
Kom JMOL, ons wil graag hoor wat hier gebeur het.  :lol8:

 

Attachments

  • IMG-20141110-WA0000.jpg
    IMG-20141110-WA0000.jpg
    149.8 KB
  • IMG-20141110-WA0002.jpg
    IMG-20141110-WA0002.jpg
    155 KB
  • IMG-20141110-WA0001.jpg
    IMG-20141110-WA0001.jpg
    150.9 KB
Vis Arend said:
woody1 said:
En daai battery het ook seker 'n storie wat ons MOET hoor.  :peepwall:

Ja ok, laat ek dan maar die storie vertel.

Ek het mos laasweek 'n kar battery in die karretjie gesit en die nodige koppelings gedoen na die fiets se oorspronkilke bedrading toe.  Dis kan mos nie moeilik wees nie, jy haal net die oorspronklike bedrading van die ou battery af en koppel dit aan die nuwe battery se bedrading.   :deal:  Prent die storie, die nuwe battery is in die karretjie se boot gemaak staan.  Hiervan ek het lekker dik elektiese bedrading deurgevat na die oorspronklike badrading onder die bike se sitplek.  Siedaar, alles maak lekker kontak en die bike start sonder probleme.  Met die ou battery onkoppel besluit ek om die battery in te los for in case.  Ek het die hele bedryf lekker "ge-insulate" met insulation tape.  Ek was heel trots op my handewerk, want elektries is mos nou nie eintlik my sterk punt nie.   

Saterdag oggend vertrek ons hier weg en so 15 - 20 kilos buite die dorp oppad Winterberg toe cruise ons teen so 120km/h.  Die Oos London gang volg my.  Ek overtake nogals so paar karre oppad en waai so lekker windgat met my linkerhand elke keer as ek verby vat.  Die volgende oomblik vrek die bike hier onder my.  Rooigesig free wheel ek en kom tot 'n stilstand.  Vroulief wil weet wat aangaan.  Ek sê ek weet nie, die bike het net gevrek.  Ek sit so op die bike en sit die ignition aan en af, maar die dash is dood, nie eens 'n ou olie liggie wat will brand nie.  Intussen voel ek maar die enjin is freakin warm hier onder my.  Ek kyk afwaarts, knaters se kant toe.  Wat ek sien skok my tot binne my derde voorgeslag in. 

Ek is vir so sekonde, wat voel soos 'n uur, stom en kry nie 'n woord uit nie.  Ek skree op die antie, DIE BIKE BRAND.  Die vlamme is duidelik sigbaar hier tussen die sitplek en tank, daar waar ek 'n sekond of wat vroeer gesit het.   :eek7:   Ek pluk wat ek kan van die bike af en gooi dit die veld in.  Ek hoor vroulief hier in die agtergrond wat ook iets skree, maar dit sink nie in nie.  Tyd staan stil, ek sien net die vlamme en smaak my als wat ek doen is net te stadig.  Toe ek weer sien staan ek met 'n 500ml bottel coke in die hand.  Ek gooi die oor die vlamme.  Die volgende oomblik toe beland daar 'n twee liter fanta in my hande en die gooi ek toe ook oor die vlamme.  Die 2 en 'n halwe liter koeldrank was gelukkig genoeg om die vlamme te blus. 

Ek het stadig tot verhaal gekom en toe eers werklik besef wat aangaan.  Ons haal toe die sitplek af om te kyk wat daar onder aangaan.  Die bike se sitplek het so dwarsbaar wat van yster gemaak.  Dit smaak my die dwarsbaar het aan beide pole loop raak so met die ry.  Vandaar die short en dan natuurlik die brand wat onstaan het. 

Met die Oos London manne se hulp en ducktape het ons daai bedrading behoorlik toe getape.   Die sleutel gedraai en alles het weer honky dorrie gewerk.  Ons het toe maar vir veiligheidhalwe die ou battery uitgehaal.  Ons het verder die naweek geniet sonder probleme.  Ek sal net later die drade maar mooi skoonmaak en nuwe "terminals" opsit.  jup het voorgestel ek maak so klein DB bord storie waar ek al die drade aan koppel.  Ek sal seker daai uitweg vat.

Ja, dis die storie.  Ek moet darem net meld, as dit nie vir my vrou was nie, sou die bike seker nou nog langs die pad gestaan het.  Net so swart geraamte, uitgebrand tot die grond.  Ek het skoon vergeet van die koeldrank en water wat ons saamry.  Ou vroutjie het darem kop gehou en die koeldrank gegryp en die vir my aangegee.  Seker maar ook net oorlat dit haar bike is.   :pot:   :lol8:

 
   


so you can really relate to this definition then.......lol
 

Attachments

  • IMG-20141110-WA0000.jpg
    IMG-20141110-WA0000.jpg
    78.2 KB
Duks and I left PE just after 8 on Friday morning. Cruised through against the wind to Grahamstown for a brekkie at Red Cafe. Through Double drift, Fort Beaufort and to Baddaford.
Took a random road with plenty of gates and came out near the Country club where we camped.
Saturday morning we set out to Ride Katbeg pass. After the pass we meandered on what were probably forestry service roads. Brilliant riding and scenery till we hit a dead end. Did a large loop and got back to the road we left that was heading to Seymore.
Duks got it sideways on Mitchells pass. Fortunately Gotcharator and his mates were on hand to help us.
Minutes later it was our turn when Gotcharator bust his chain and Duks organised one for him in Hogsback.
Late afternoon and we did a fun run with speeds at the top end of my comfort zone from Hogs via Baddaford and back to the campsite.
Sunday was hometime, with a flat front for Duks soon after leaving camp, lunch on a magnificent game farm, and on again. Gotcharator had a soft back wheel that needed pumping a couple of times, and that was pretty much it, well there was a solid 9 hours of sleep too.
Thanks chaps, that was a lekker weekend.
 

Attachments

  • 6 En route to katberg pass.jpg
    6 En route to katberg pass.jpg
    96.2 KB
  • 10 View.jpg
    10 View.jpg
    72.9 KB
  • 9 Duks.jpg
    9 Duks.jpg
    94.6 KB
  • 8 Looking forward.jpg
    8 Looking forward.jpg
    88.9 KB
  • 7 looking back.jpg
    7 looking back.jpg
    78.8 KB
  • 5 The end of Friday.jpg
    5 The end of Friday.jpg
    72 KB
  • 4 Camp site.jpg
    4 Camp site.jpg
    127.4 KB
  • 3 Old stuffs.jpg
    3 Old stuffs.jpg
    78.9 KB
  • 2 Off the beaten track.jpg
    2 Off the beaten track.jpg
    57.5 KB
  • 1 Double Drift.jpg
    1 Double Drift.jpg
    111.2 KB
2
 

Attachments

  • 11 Horses in the road.jpg
    11 Horses in the road.jpg
    127.2 KB
  • 20 Lunch at Carols..jpg
    20 Lunch at Carols..jpg
    113.2 KB
  • 19 Sable.jpg
    19 Sable.jpg
    70.6 KB
  • 18 Gotch helping fix wheel.jpg
    18 Gotch helping fix wheel.jpg
    150.2 KB
  • 17 Duks flat wheel.jpg
    17 Duks flat wheel.jpg
    117.2 KB
  • 16 Gotcharators chain.jpg
    16 Gotcharators chain.jpg
    58.1 KB
  • 15 Mitchell pass.jpg
    15 Mitchell pass.jpg
    123.9 KB
  • 14 rig.jpg
    14 rig.jpg
    74.4 KB
  • 13 best roads ever.jpg
    13 best roads ever.jpg
    74.2 KB
  • 12 a dead end.jpg
    12 a dead end.jpg
    117.8 KB
Anyone find a pair of Oakleys on the Katberg pass road? Duks lost his.
 
Ek en Fiona het Somerset-Oos Vrydagmiddag 14h00 op ons Honda en Yamaha verlaat,met Andries en Rebecca in ons “back-up” voertuig. Van Cookhouse af het ons met die Patryshoogte pad tot in Bedford gery…dis n pragtige grondpad waarop ons gemaklik 80km/h gery het.

Ongelukkig moes ons teerpad ry van daar tot in Adelaide…..daar ry ons vir Camel en Wanda raak en kry vir Ant,Tiger8,Des,Dean en Tania by die Spar,terwyl Fiona haar voorwiel nasien by die garage.

Net voor Adelaide het n rooiby/perdeby onder my helmet ingevlieg en reg voor my neus op die “viser” gesit…ek weet hoe seer hulle steek,so ek het n noodbriek toegepas net toe ek die Adelaide-hospitaal bord !!! verby is. My helmet amper met bandjies en al van my kop af geruk,want ek was bang as ek die skerm/viser oplig vlieg hy verkeerde kant toe…

Winterberg Country Club se “setting” is pragtig en die mense wat na ons gekyk het was ongelooflik behulpsaam en vriendelik…dankie aan Frikkie,sy seuns,Christo,die ander kroegmanne,die tannies wat reggestaan het met die kospakkies en ontbyt en die oom wat wors gebraai het en die helpers....dit was n heerlike naweek vir my,my familie en my vriende van Somerset-Oos wat saamgegaan het.

Laban het ons verwelkom met ons aankoms en sekerlik in sy enigheid le en lag vir ons tentopslaan-vaardighede…..

Vrydagaand was n rustige braai en ons het lekker gesels met David en Spoedvark…hulle het my en Fiona ook van die pragtige Ford Fordyce vergesel en gehelp terug Winterberg toe,Saterdagoggend na Buddaford ontbyt…ons het daarheen gery via Post Retief…n langer pad as wat ons gedink het,maar baie lekker en ons het die ondervinding nodig.

Ons het Saterdagmiddag vuurwarm in ons ATGATT in n baie vol kamp ingery en na vreeslike gegroet, met die kinders gaan swem in die dam….toe visstokke reggemaak en hulle in n bootjie laat visvang….weer in groepies gaan sit en gesels met onbekende WD’s en toe gaan swem ons by die mooiste watervalle……daar ontmoet ons toe die eienaar (en die omtrent 3pillions) van n russiese-sykarretjie weergawe !!! almal op die een bike en hulle tou wragtag nog n KTM ook….ek het n foto probeer neem,want ek weet niemand sou my glo nie,maar toe is die foon se memory-card vol !!!!!
Maar ek het n foto van sy medisyne-kassie en die inhoud daarvan….sal graag die redenasie daaragter wil weet…..o ja en binne-in die sidekarretjie was n massiewe coolerbox…….die pillions het oral agterop,bo-op,en waar hulle vashouplek gekry het,gesit….

Saterdagaand het bestaan uit braai,kuier,lag,gesels,rugby,prysuitdeling,lag,kuier..ek het lekker met Li en Des gesels oor motorfietse en valle…en met Lynn oor mtb en valle..…….
Skaapkop is deur een van my vriende,veelvuldige kere “Skaaptjop” genoem deur die aand….en hoe later ,hoe snaakser was Chris Smit en Skaapkop se ‘warmgeld’ en ysbox grappies……en Fiona het al beter en beter Afrikaans begin praat…en sy het haar forum naam, IceTea ,gekry…n ander storie….hahahaha..

Sondagoggend het te gou aangebreek en toe is dit tentafslaan en oppak en n baie lekker ontbyt…..ek het Crab se Suzuki DR650 n entjie gery en bo gebly…dis n lekker “steamline’ bike met baie meer krag as waaraan ek gewoond is…..dankie Crab !!

Ek hou nie baie van die weggaan na so bymekaarkom nie…dis n antiklimaks…..dit sou slegter gewees het as ek nie iemand saam met my gehad het nie…..dankie Fiona,dat jy saam met my gery het die naweek…

Fiona se agterband het toe die gees gegee,3km voor hulle plaasafdraai…!!

Baie dankie JMOL,Spoedvark,Vis arend en die Dutchmans….dit was n heerlike naweek !! die Oos-Kaap WD’s is n spesiale groep mense….dankie almal!!
 
Vis Arend said:
Heimer said:
Ek hoor iemand is deur twee manne uit die tent uit gesnork moes elders loop slaap  :peepwall:

:imaposer:

Dis 'n ware storie.  :pot:  :lol8:  :imaposer: 

Net baie bly ek kon dit oorleef - en nie eens die kombuis kon my red nie  :peepwall:  :pot: 

:imaposer:  :imaposer:
 
JMOL said:
Vis Arend said:
Heimer said:
Ek hoor iemand is deur twee manne uit die tent uit gesnork moes elders loop slaap  :peepwall:

:imaposer:

Dis 'n ware storie.   :pot:   :lol8:   :imaposer: 

Net baie bly ek kon dit oorleef - en nie eens die kombuis kon my red nie  :peepwall:   :pot: 

:imaposer:   :imaposer:

:imaposer: :imaposer:

Name en shame - wie's die twee snorkers.

Ons moet weet vir die volgende bash sodat ons ver weg kan kamp opslaan  :peepwall:
 
Heimer said:
JMOL said:
Vis Arend said:
Heimer said:
Ek hoor iemand is deur twee manne uit die tent uit gesnork moes elders loop slaap  :peepwall:

:imaposer:

Dis 'n ware storie.   :pot:   :lol8:   :imaposer: 

Net baie bly ek kon dit oorleef - en nie eens die kombuis kon my red nie  :peepwall:   :pot: 

:imaposer:   :imaposer:

:imaposer: :imaposer:

Name en shame - wie's die twee snorkers.

Ons moet weet vir die volgende bash sodat ons ver weg kan kamp opslaan  :peepwall:

Toe ek die saagsels om die ou titpuller se tent gesien het, kon dit net hy wees
 
Top