Maar dit hou nie lank nie toe is hy weer enkel. Ons kry ook weer n paar van daai modder monsters en ek is op my hoede dat een van hulle my nie weer verras nie. Ek gaan verby sonder voorval en draai die esel dwars daar voor, om Monica en haar esel af te neem met die siloëtte in die water maar ek is te laat, en kry haar net soos sy haar esel deur die doolhof van moddepoel stuur.
Dis n lekker pad met n gemaklike ryvlak, maar mens bly maar op jou hoede. Het nou gesien die modder monsters wat sommer so skielik verskyn, en sand monsters wat hier en daar aan die eenkant in spoel slote, hinderlaag lê, maar ons ry n lekker spoed van 60/70 km/uur. Monica ry aan, terwyl ek die digitale leer sisteem oppak, en my esel aan die gan kry. Maar eers moes ek daai unike fizuuk weer vaslê. Nie aldag dat ek haar en haar esel van agter kan afneem nie
N end verder kruis ons n trein spoor, wat ons ook seker kon gevolg het tot in Middelburg, maar met die treispoor is dit plat area ry. Ek wil hoogtes uit vir uitsigte. 100 m na die trein spoor kry ons die teer pad, met die bordtjie.
“Middelburg is ons mikpunt, wil jy by jou suster aangaan en hallo sê? ”, vra ek. “Nee wat kom ons los maar, nie seker of hulle by die huis is nie”, kom die antwoord. “Ons steek deur Witbank toe dan gaan sê ons dag daar by Marie”, gaan sy aan. Dit alles het met n doel gebeur, maar wag eers, dit kom later. Ons ry aan en kry weer grondpad, wat begin klim Eers weer stop vir n foto, want hier is n dam in die middle van nêrens, maar Monica ry aan. Dis n mooi pad, met hier en daar n paar los klippe wat dryg om die esels te ontsenu, gevolg deur n klipbank, en dan weer mooi pad, maar n redelike styl opdraande. Monica hou nie daarvan op n opdraande te stop nie, en as dit nie hoef nie vermy sy dit. Daar is baie tyd om rond te kyk, as jy die vorentoe ontleed en weet jy kan so lank kyk, dan moet jy weer vir die pad kyk. Dit is darm eronies om te sien hoe die skepping nooit teleur stel nie, en daar altyd die mooiste kunsstukke voorgesit word. Ek vang die dam vas op die digitale geheue, net ingeval Monica hom gemis het.
Ribbok kloof dam kamp en avontuur sentrum. Ons moet saam met die kinders hier kom kamp, sê ek maar vir myself. Ek sal dit later met Monica bespreek. Ek ry verder en haal Monica in en gaan verby. Voor draai ek eers die esel weer dwars, om n foto te vang van die fantastiese friend, rys genoot en beterhelfde.
Ons ry aan, tot waar die pad toe nou begin gelyk trek, nadat ons weer wat lyk soos hoëveld gras habitat beryk het. Ons beryk die teerpad R555, wat ons Middelburg toe sal vat. Ons stop gou vir n breuk, en neem n foto of twee wat ek later toe weer van die soek enjin aarde moes gaan aflaai, want vir een of ander rede het die digitale blik brein besluit hy hou dit nie. Darm lekker as mens hulle kan blameer as iets skeef loop, of wegraak. Maar eers terug by die breek. Monica steek eers n brandstokkie op. “Dit was n mooi dam gewees daai daar agter”, sê ek nie seker of Monica hom gesien het nie. “Ek het hom gesien, ook die bordtjie wat die avontuur kamp en kamplek aandui, soos die een hier langs die pad”, en sy wys na die inligtings bord, langs die pad. Die een wat weggeraak het. “Ons moet dalk bietjie met die kinders daar kom kamp”. “Dit lyk darm of daar genoeg is om te doen”, sê sy dit asof sy my gedagtes lees. “Dis goed dat jy darm al begin rond kyk terwyl jy ry”, kom dit half sarkasties uit, omdat ek dit eintlik wou voorgestel het, en ek lag binne in vir myself oor die kinderlike optredetjie. “Ja toe dit is darm nou nie so erg nie”. “Die pad was darm nie te sleg nie”, sit sy die kind op sy plek, en daai glimlag troos n verbrokkelinde gemoed. “Dit is darm mooi hier en nie so vêr van die huis af nie”. “Sal bietjie kyk”, kom sy terug na die onderwerp. “Ja ek dink dit is erg rustig daar, seker nie te veel mense wat weet van die plek nie”. Las ek by. “Nou ja sal ons die swart slang aanvat? ”. sê ek as ek sien die brandstokkie trek einde se kant toe. “Dis reg kom ons gaan”, beaam sy. Ons draai links, en kort voor lank verby ons n plek wat soos myn gronde lyk, en die 18 voetige monsters vergesel ons weer op die swart slang. Hulle is darm nie so baie soos die vorige kere nie, alhoewel daar n hele paar van hulle neste in die omgewing is. Ons gaan Middelburg deur sonder enige voorval. Ek sorg dat Monica naby bly en dat ek haar heeltyd in die oog hou. By n vorige geleentheid al iemand verloor in verkeer, en dit is nie n lekker gevoel nie. Maar laat ons nou nie afdwaal nie. Buite Middelburg hou ons op die ou pad Witbank toe. Op hierdie pad is die monsters meer bedrywig en dit is n gedoente om deur hulle te vleg. Ons gaan Witbank binne en soek plek om te stop om rigting te kry na waar Marie bly. Ons kry n oopte en besluit op daar af te trek. Monica haal haar foon uit, aangesien ek nie baie sterk is op fone as ek so gaan ry nie. Vat altyd een saam maar nie altyd seker waar hy is nie, en dit het my al mooi in die sop gehad juis met die keer wat ek my oudste in burgersfort se verkeer verloor het. Ai dwaal ek alweer af. Monica steek ook n brandstokkie op. Ons kry aanwysings en terselfde tyd hoor ons donderweer opgewonde brul om vir reën te laat weet hy het ons weer opgespoor, en reën moet gou kom. “Ons sal moet wieletjies kry as ons nie wil nat word nie”, sê Monica. “En Marie sê sy kan nie lank kuier nie, dan moet sy die klein kinders by die skool gaan optel”, en sy knip die brandstokkie kort. Ek lees vinnig wat sy op die ‘wat is op’ sê en sit die kopdop op. “Volg my maar, dis nie te vêr nie”. Ons ry terug in die rigting wat ons gekom het, tot by die twede verkeerslig, en draai dan regs en gaan wag by die sasol vul stasie, waar ons sommer die esels optop met die nodige enegie vloeistof om hulle aan die gang te hou. Ons is net klaar toe stop Marie. Ons ry agter haar aan, en trek in by die sekuriteids kompleks. Ons stop voor hulle motorhuis, en ons hoor donnerweer nou baie opgewonde brom, want reën is naby. “Miskien moet julle die fietse in die motorhuis sit”, sê Marie as die eerste druppels opgewonde op die grondspat. “Dit is n goeie idee”, sê ek en en ons stoot die esels in. In die huis word alles haastig toegemaak as reën nou met mag en daat op die aarde neerkom. Maar reën het sy uoboet hael saam gebring, want hy het die hele naweek gehaad om in te haal vir al die kere wat hy gemis het om iemand te looi. Hy het n bemoerdgeid probleem. Maar hy sal moet wag vir n ander keer want Hy wat na ons omgesien het die hele toer het nie vir hael beskore om sy bemoerdgeid op ons uit te haal nie. Maar sy waarskuwing is duidelik ten toongestel, sou hy ons op ons eie in die oopte kry. En vir die rede en die rede alleen is dit so beplan dat ons juis op die oomblik hier moes wees. Dank Vader. “Julle is seker lus vir koffie, en ek het iets lekkers probeer maak”, sê Marie en ek sien Monica se oë blink want sy is ook n koffie pot, en die koffie was maar skaars op hierdie avontuur. My maag draai en swaai ook opgewonde want ek is lus vir iets soets. Marie gaan haal dit uit die yskas. N ‘Merang’ met ingelegte perske versier. Na my vierde stuk dink ek Marie was bekommert niks bly oor vir die kleinkinders nie, en het maar subtiel die tert gaan bêre. “Dink jy het nou genoeg gehad, netnou word jy siek op die pad”, gee sy aan as rede vir die optrede. “Maar dit was baie lekker gewees baie dankie”, en Monica beaam. Ons gesels lekker, en die koffie wat nou bitter smaak na al die soet, verdwyn in n paar slukke. Reën saam met hael het nou hulle poging laat vaar, en verdaag, om op n ander plek n lokval te gaan opstel. “Ek wil julle nie wegjaag nie maar ek moet ry vir die kinders”, sê Marie. “Dit is reg so sê Monica, ons moet elkgeval ook vort want die dag is ook net so lank”, beaam Monica, terwyl ek die goed begin bymekaar maak. Ek trek die esels uit, Marie verduidelik min ofmeer die naaste pad na de hoofweg en ons groet. Die pad is nat en ons ry vesigtig. Wil nie reën, en sy boetie hael se aandag trek nie. Die verkeer is baie, en dit is n rukkie voor ons die hoofweg beryk. Ons gaan oor die N4, want ons wil by die N12 uitkom. Maar hier in die harwar kry ek en e-trex weer stry, en ek vat ons in n sirkel, terug na die N4. Toe ek by die N4 kom het my tor heeltemal van die tak afgeval want sou ons nou by die N12 gewees het sou ons moes regs Johannesburg op die hoofweg, maar nou wys die aanwysings bord links Pretoria en dit maak nie sin nie. My simpel stemmetjie sê dis die mense wat die borde verkeerd opgesit het en ek draai regs, na wat die bordtjie sê Middelburg. Mens luister mos na jou sin tuie. Plaas ek maar na e-trex geluister het. Toe ons die afrit vat besef ek dit is n fout, maar toe is dit te laat vir omdraai. E-trex is baie boos en gee sommer vir reën ons betemming, so dat hy ons goed natmaak. Ons ry toe terug tot by die brug wat draai na die witbank casino, waar ons toe eers kans kry om om te draai. Ek kan sommer hoor op die kopdop hoe lekker kry reën met die feit dat hy ons weer kon seë met sy teenwoordigheid. E-trex het intussen afgekoel, en net n rukkie toe ly hy ons uit reën se kloue uit op die N12 Springs toe. Die esels haal alles uit teen n almuntige 110 km/uur. E-trex het intussen vir wind genooi om saggies saam te ry, en kort voor lank is ons droog. Ons is so kwart van die pad springs toe my ingewande my in kennis stel, die koffie is uitgekuier en wil uit. Ons kry a aftrek plek, en ek laat koffie vry, terwyl Monica n brandstokkie nuttig. “Dit was lekker deurmekaar daar agter”. “Presies wat het gebeur?”, vra sy. “My tor het van sy tak afgeval ek ek was heektemal verdwaal, en toe is e-trex ook nog kwaad vir my omdat ek nie vir hom geluister het nie”, sê ek. “Ek het nogal gewonder, maar het gedink daar is iets wat jy my wil gaan wys, so toe ry ek maar net saam”, sê sy laggend. “Maar ons is darm nou waar ons moet wees”, is haar poging om my gemoed te sus. Koffie is vry en die brandstokkie is klaar, en ons gee die esels vrye teels. Halfpad is daar n fulstasie en ek ly die esel daarin. “Tyd vir n ruskans my getroue esel”, en ons stop by n koelte boom. Monica stop langs my, en ons saal af. “Is jy lus vir n roomys?, want ek is”,sê ek. “Dit sal lekker wees, gaan kry jy solank, maar ek wil net gou my koffie gaan vrylaat as jy dalk so stukkie kan wag?”, sê/vra sy. “Dis reg, ek wag dan eers”, en daar trek sy, en ek kan maar nie help om haar te waardeer soos wat sy wegloop en verdwyn tussen die karre in nie. Verbasend om te sien die verskillende tipes mense wat deur so plek ry. 10 min gaan verby toe kom Monica terug gestap. Ek spring op, gee haar n lekker drukkie en loop vir die roomeis. “Ek is nou terug, moenie dat iemand jou steel nie”, en ek verdwyn tussen die karre in terwyl sy n brandstokkie nuttig. Ons sit lekker en eet rustig aan die roomysse en sê nie n woord nie, terwyl elkeen my sy eie gedagtes oor die naweek speel. “Is jy weer reg om te ry”, word die stilte verbreek. “Ja, ons moet seker maar die laaste stuk hiustoe aanpak” sê ek half mismoedig aan die eenkant van my hart. Maar aan die ander kant is daar is my werk waar ek kan geld spaar vir die volgende avontuur. Op die N4 trek veral Monica redelik baie aandag met n heelparty mense wat verby ry, beuël blaas en waai. Ons draai af by die Delmas afrit om eers op Endicott te gaan stop by Monica se ma wat op die dag verjaar. Dit het ek as n verassing gehou. Ons kuier slegs oor n vinnige koppie koffie, dan ry ons weer, want ons vriende en kinders wag op ons. Uit Endicotte deur Largo, waarna ons op die N17 klim, en weer by Witweg af oppad huistoe, waar ons vriende met die kinders vir ons n verwelkoming het. En watse lekker gevoel is dit nie. 789 km afgelê. Ons hoop julle het lekker saam met ons gery, en veilige myle vir elke reisiger, wat die wonderlike land saam met ons op hulle eie manier, en die manier deel