1978 Toyota Corolla 1600 Deluxe 2-door

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Matewis

Race Dog
Joined
Sep 23, 2013
Messages
2,481
Reaction score
127
Location
Soneike, Kuilsrivier
Bike
BMW R1150GS Adventure
So here goes!

Het die karretjie omtrent 2 jaar terug gesien op n plaas buite Wellington. Die mense daar gevra of die kar te koop is en die antwoord was negatief. Toe net gesê  indien hulle wil verkoop eendag ek die eerste oproep moet kry. Seker so 3 weke terug op 'n Maandag aand kom die oproep. Die kar is in die mark en daar het al 2 manne kom kyk en 'n aanbod ingesit. Ek het gesê ek het eerste opsie en sal die komende naweek gou ry en kom kyk. Ek het intussen vir my vrou se neef 'n 1600 Tazz opgespoor en die is ook gekoop. Hy het afgekom om die kar te kom haal en die plan was om die Sondag gou te ry om na die Corolla te gaan kyk. Saterdag middag 17:00 kon ek myself nie meer keer nie en ons 2 vlieg met die Polo gou Wellington toe. Kar se battery was nie in nie so kon hom nie start nie. Ek is verseker hy loop nog en met n swak selfoon liggie as flits het ek hom vinnig deurgekyk.

15min later het ek die tannie gevra wat die manne haar aangebied het. Ek het die prys met R1500 gelig en die verkoop is op die outydse manier met 'n handdruk bevestig.



Maandag het gekom en ek het die geld oorbetaal. Donderdag het ek en buurman gou deurgeskiet met sy Hilux en die kar gaan haal. Eerste draai van die sleutel het die ou gedreun. Nie 'n missie van 'n dag oud nie.

Oppad huis toe my sien ek die hittenaald tel nie op nie. Stop gou om te loer. Sien die draadjie het afgetrek van die sensor. Plug hom in. Siedaar! Gooi toe sommer my eerste donut om sit te vier. Vandaar, losgat 150km/h huis toe. Sonder om eers n sweetjie te breek.
12699b10edce320c51e11c44d1550c9a.jpg
31b53507aa9b2af334619954d7d3e424.jpg
39491cb33bb594f59fbc17b25070963d.jpg
9b2bc63a3a6bf74b539b68c92b4f2fb3.jpg


Sent from my SM-N986B using Tapatalk

 
Top