All roads lead to Merweville.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Chrisl

Teelhond
WD Vendor
Joined
Jul 23, 2007
Messages
45,821
Reaction score
9,469
Location
Southern Cape
Bike
BMW R1200GS
Ek is maar laat weg omdat dit so mistig was. Frannarossi en kie is iewers voor of agter my.
Hopelik kry ons mekaar in Laingsburg. Ek weet hy kan nie by n Wimpy verbyry!! :mwink:

Almal kan maar hul foto's hier bysit. Ek sal myne laai soos ek kans kry.

Garciapas was koud en effe koud sou dit die heel naweek bly.
Langkloof in die agtergrond bo-op Garciapas.
IMG_0112.jpg


In Van Wyksdorp se rigting.

IMG_0114.jpg


Towerkop in die verte.

IMG_0116.jpg


En dis hoekom dit so koud is!!

IMG_0118.jpg


Aaaaa hie begin die stofpad!

IMG_0120.jpg


Lekker lang reguit stukke op die pad en dan sulke kort draaie wat my altyd uitvang. :biggrin:

IMG_0121.jpg


Eerste nattigheid van die naweek en daar sou nog baie wees.
Kry ook n "powerslide" merk op een van die draaie. Lyk asof Frannarossi voor is en hy is seker besig met sy
tweede kaasworsie in Laingsburg.

IMG_0123.jpg


Nes ek gedink het kry ek die manne by die Wimpy! Ek kon darem n koffietjie afsluk, petrolgooi en ons ry
die Moordenaars Karoo in. As die Buffelsrivier so lyk by die eerste brug gaan dinge nat wees verder.

IMG_0124.jpg


Sommer die eerste driffie toe is dit nat. Kyk die briekmerk agter Frannarossi. Hy het bietjie skerp
oor die bultjie gekom.

IMG_0126.jpg


Ai dit bly mooi wêreld die om in rond te ry!! :thumleft:

IMG_0127.jpg


Eerste laagwater sement bruggie het goed gevloei.

IMG_0128.jpg


Tweede een was sommer stukkend en modder ook op!!

IMG_0130.jpg


Rivier moes wyd en sterk gevloei het om die pad so te verspoel.

IMG_0131.jpg


Dit raak net al hoe lekkerder.

IMG_0133.jpg


Frannarossi.

IMG_0135.jpg


 
Kwaai.Gooi die foudies ja!Ekt maar min geneem maar sal kyk wat ek kan bysit :thumleft:
 
Gooi laat ek sien wat ek als gemis het  :'(

Ek is so besig deesdae my TransAlp wil my seker los vir 'n ou wat bike ry.
 
Lekker man, ek het amper plan gesien en die een bygewoon na die skaapkop ete in Franschoek.

Soos TR se, kom ons kyk wat ons gemis het.
 
Pragtige wereld.  ;)

Was April vir die eerste keer op Merweville.

Ten minste weet ek nou waar ek eendag wil gaan aftree  :thumleft:
 
Hel jy neem altyd sulke mooi fotos.Myne neem ek opi selfde plekke dan lyk hulle heel anders! ???
Hier is een om te wys my bike was skoner as joune voor ek opi grondpad geklim het en een waar jy oor daai eerste stukkende brug was.
 

Attachments

  • Photo0917 (640 x 480).jpg
    Photo0917 (640 x 480).jpg
    109.9 KB
  • Photo0925 (640 x 480).jpg
    Photo0925 (640 x 480).jpg
    89.9 KB
Leo said:
Pragtige wereld.  ;)

Was April vir die eerste keer op Merweville.

Ten minste weet ek nou waar ek eendag wil gaan aftree  :thumleft:
Dan moet jy noual koop Leon. Daai dorpie het malduur geword oor die naweekmense wat daar koop.
Auntie Pam het heelwat bordjies daar en dan is dit gewoonlik duur.
 
Fuck hoe verlang ek nou al ons bike trippies Frans.
 
Ons vat die eerste afdraai Sutherland toe uit die Moordenaars Karoopad uit.
Effe langer as die ander reguit een maar Frannarossi het hom nognie gedoen nie.
Ons kan darem hier bietjie spoed optel maar heelwat spoelslope waarvoor n mens moet pasop.
Die Bantam XLR 1.6 XYZ met Nico agter die stuur het glo n paar keer gevlieg!!

IMG_0138-1.jpg


Komsbergpas uit.

IMG_0139-1.jpg


Skaduwees begin lank raak en ons besluit om Sutherland te "skip"
Draai af op die Merwevillepad en gou laat die ryery my dink aan danslesse (nie dat ek kan dans nie) :biggrin:
1-2-3-4 en 1-2-3-4 so gaan jy deur die ratte. As dit nie water is wat jou spoed breek is dit n donga of sloot
of n sement bruggie en natuurlik n paar hekke.
Hoop nie die drie bome het versuip nie!!

IMG_0142-1.jpg


IMG_0144-1.jpg


En toe sien ons hoekom ons voel die ysbere is nie op hok nie!! Mooi!!

IMG_0143-1.jpg


Rammelkoppas lê voor!!

IMG_0146.jpg


En net hier besluit Frannarossi se fiets hy is nou gatvol vir die slegte paaie en hy wil nou eers bietjie rus! :mwink:

IMG_0147.jpg


Mooi bly maar mooi! Ons het op die regte tyd van die dag hier aangekom.

IMG_0151.jpg


Die laaste klim voor ons in die vallei afval.

IMG_0152.jpg


IMG_0153.jpg


IMG_0154.jpg


En die pad lê daar ver onder.

IMG_0156.jpg


Ek het in 1999 die eerste keer verby die huis gery. Toe was hy al leeg.
Sal dit nou nie lekker wees as ons hom kan gebruik vir die Wes Kaap Willehond Klubhuis!! :mwink:

IMG_0159.jpg


Die donker het ons amper gevang.

IMG_0158.jpg


En een van die mooiste kerke in die land wag ons in.

IMG_0160.jpg

 
Chris ................ hoekom is daai eerste 4 fotos van jou ge-sensor ............... >:D

Dankie Chris ..................... daar werk hulle nou  :thumleft: :thumleft:
 
Oom Foe-rie said:
Chris ................ hoekom is daai eerste 4 fotos van jou ge-sensor ............... >:D

Hy't seker weer sonder sy broek gery ...  :eek7:
 
mooi fotos chris hoop om ook van die kuiery by die lodge te sien is sommer weer lus vir ry
 
Some stunning photos and what an enjoyable ride you guys had. :thumleft: :thumleft:
Hope you going to post the mapsource. ::)
 

Latest posts

Top