All roads lead to Merweville.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Nice RR chrisl met baie nice fotos. Sal by Jo hoor of sy `n paar fotos het wat ek kan bysit.
 
Eisch ma dis mooi ou Chris. Gooi daar nog asb! En die ander manne wat saamwas, waar is julle bydra? :peepwall: :ricky:
 
Daai uitsig van bo op Rammelkoppas is darem iets spesiaals.
 
Springbok Lodge is n gawe plek om te gaan oorslaap. Van gaaf gepraat ons was n gawe spul WD's die aand daar.
Ek het net drie mense nog nie vantevore mee te doene gehad.
Man met n Paal en sy vrou Didi Twin en Ben Ten. Dit was lekker om te ontmoet julle.
Lekker kos en die vuur het gehelp vir die koue. Paar ander manne het ander goed gebruik vir die koue! :mwink:

IMG_0165.jpg


IMG_0161.jpg


IMG_0162.jpg


Nismark was erg stil. Ek hoor via die wingerdstok dis glo van verlieftgeid. Kortkort op sy fountjie!! :mwink:

IMG_0163.jpg


Sommige manne was effe vaal Sondag oggend. Vir my is daar gesê "ek snork niks" deur my
roomie. Besef toe drie uur die oggend die man kan lieg en snork!! :biggrin:
Sien toe die manne is gatvol vir my gesig en hulle wil Prins Albert toe en ek neuk in n ander rigting.

IMG_0169.jpg


Ons ry toe saam tot by Prins Albert Weg en ek draai so 30km Leeu-Gamka se rigting en draai op die
Prins Albert grond af en entjie verder linksaf op die Seekoegatpad. Stofdonkie het gesê hy moet gery word.
Wat n lekker pad. Draaidraai al die pad. Daar was seker een stuk wat ek in sesde kon ry.

IMG_0171.jpg


IMG_0172.jpg


Op die hele pad was daar seker drie bewoonde plaashuise. Net een ryding op die pad gekry.

IMG_0176.jpg


IMG_0175.jpg


IMG_0173.jpg


Ry toe vir die eerste keer deur Klaarstroom. Jaag altyd verby op die hoofpad.

IMG_0177-1.jpg


Meiringspoort het altyd dieselfde uitwerking op my. Altyd besluit ek ek gaan mooi stadig deurry en
alles haarfyn bekyk. En dan halfpad om een of ander rede begin ek spoed aansit en dit eindig in n gejaery!!
Sondag was dieselfde storie!! :mwink: Seker maar die klomp draaie se skuld.
Lekker toubie geeet in De Rust.

IMG_0181-1.jpg


Ek draai sommer in De Rust af op n paadjie wat my tussen die plase deur neem na Dysselsdorp.

IMG_0184.jpg


IMG_0186-1.jpg


En die sneeu bly by my.

IMG_0187-1.jpg


Verby die Kammanassiedam al teen die Olifantsrivier af tot in Oudtshoon.

IMG_0192-1.jpg






 
Ek gaan vanaand fotos opsit. Ekt omtrent gesukkel gisteraand.
Kyk en ek wil ook sommer nou ry, bike het ek nou net gewas so sys reg vir trip!!!
So waarheen en wanneer??????????????  :blob5:
 
Mooi fotos en sommer n lekker trippie wat julle ouens daar gedoen het Chris.
Ja, daardie bledie Meieringspoort bring nogal die slegste uit n man >:D
 
Nice foto`s Chris, laat my sommer juk om weer pad te vat !! :laughing4: :ricky:
 
Jis Chris maar jy mag maar 'n kamera se knop druk man. Gee jy lesse ?
 
Baches said:
Jis Chris maar jy mag maar 'n kamera se knop druk man. Gee jy lesse ?
Ja ek doen!!
Kyk hier hoe lekker lê ek en my kamera in die stink modderwater onder my fiets in Namibia!!

glupglupglup1.jpg
 
Is darem jammer die voëltjies kry so af en toe griep!!

IMG_0190-1.jpg


Gooi petrol net buite Oudtshoorn op die Georgepad en vat die Bakenskraalpad om by die Mosselbaai-Oudtshoornpad
te kom.
Rooier klip as dit kry mens selde.

IMG_0193-1.jpg


Oor Robinsonpas en ek draai af op die Haelkraalpad na Herbertsdale. Kan n mens ooit moeg raak vir die pad?

IMG_0194-1.jpg


Die riviertjie by Herbertsdale het alweer groot  skade gemaak met die onlangse vloed.

IMG_0196-1.jpg


Kort stukkie teer en dan draai ek af Albertinia toe op n baie mooi grondpad.
En nog water!! Vlei wat oorgestoot het oor die pad.

IMG_0198-1.jpg


Ek hou vreeslik van die klofie 10km voor Albertinia. Die alwyne blom vroeg.

IMG_0199-1.jpg


By Albertinia glip ek net oor die N2 om n grondpad te vat wat my tot by die huis neem.
So lyk n fiets wat n lekker naweek gehad het!! :thumleft:

IMG_0200-1.jpg


DIT WAS N LEKKER NAWEEK!! :thumleft:




 
Daarshy Chris. Lekker trip en baie mooi foto's.

Hoekom lyk Nismark so peinsend. (Gal van die skaapkop??)

 
Janee, hierdie land van ons is darem maar mooi! Dankie vir die mooi Foto's  :thumleft:
 
Lekker Chris! Het dit self oorweeg om by julle aan te sluit maar was toe klaar Tankwa toe genooi.
Mens beplan en droom so lank oor ry en dan is dit in 'n oogwink verby. Dit moes net so 'n dag of
twee langer gewees het.  :3some:
 
Chris,
Het jy dalk die roete op 'n GPS? Sal Desember in Vleesbaai wees en sal dit graag wil ry so in die 2de week
van Januarie wanneer die paaie stiller is.
nwanetzi
 
Mooi Chris

Dankie vir die mooi fotos,  daai wereld het lekker reen gehad lyk dit, Merweville se manne kan nou weer lekker smile.
:ricky:
 

Latest posts

Top