Another biker killed by a Taxi

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

DirtRebell

Grey Hound
Joined
Feb 4, 2009
Messages
8,382
Reaction score
2
Location
Melkbosstrand
Bike
BMW R1200GS Adventure
"Hy het dit nie verdien nie, hy was so ’n goeie mens,” het Magda Liversage oor haar seun gesê nadat hy op die hoek van Andries- (Thabo Sehume-) en Vermeulenstraat in Pretoria deur ’n minibus-taxi doodgery is.

Volgens ao. Wanda Olivier, woordvoerder van Pretoria-Sentraal-polisiekantoor, is Juan-Pierre Vermaak (23) gisteroggend omstreeks 05:00 van sy Jonway-bromponie afgery en enkele meters saam met die taxi gesleep.

Die taxi het glo ’n rooi verkeerslig verontagsaam. Vermaak is op die toneel dood verklaar.

Liversage het gesê sy het ’n ontsettende sterk band met haar seun gehad. “Niemand kon ooit iets slegs van my in sy teenwoordigheid sê nie.”

Vermaak het sy ma gisteroggend gevra of hy haar bromponie kan leen om sigarette te gaan koop. Toe hy ná ’n halfuur nog nie terug was nie, het sy hom op sy selfoon probeer bel, maar hy het nie geantwoord nie.

Ná ’n uur en ’n half het die Pretoria-Sentraal-polisie haar gebel en gesê haar kind was in ’n ongeluk en sy moet na die Wonderboompoort-polisiekantoor gaan.

“Toe ek daar kom en die Bybel op die stoel sien lê, toe weet ek my kind is dood.”

Liversage moes gister haar seun se lyk uitken.

“Dit het onwerklik gevoel. Dit is asof hy in ’n hospitaalbed lê en jy dink hy gaan leef, maar dan besef jy hy gaan nie wakker word nie, hy is weg. Jy kan nie die gevoel beskryf wanneer jy weet jy het iemand so na aan jou verloor nie.”

Liversage se suster, Annette Snyman, het Vermaak as ’n kreatiewe siel beskryf wat dit nie kon hanteer as iemand onregverdig behandel word nie.

“Hy was ’n wonderlike kind.”

Die ongeluk het ’n groot verkeersopeenhoping in die middestad veroorsaak toe Paul Krugerstraat, Proesstraat (Johannes Ramokhoase) en Thabo Sehume afgesper is.

’n Klag van strafbare manslag is volgens Olivier teen die bestuurder aanhangig gemaak."



 
Top