Bike ry verwoord

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

HB 9

Race Dog
Joined
Sep 6, 2011
Messages
1,501
Reaction score
36
Bike
BMW R1100GS
Hiermee 'n vriend van my se herinnering verwoord....

".....Vyftiger jare in PE het daar ‘n "ducktail" naby ons gebly, "Maans", met ‘n moerske AJS 650 en een keer ‘n spin saam met hom gekry, amper in my broek getjoep. Daardie dae geen valhelms. Hy’t net ‘n donkerbril opgehad, toe wen hy daai ding daar op en toe hy die clutch drop, voel dit of my voorvelletjie terug rol soos ‘n Polonektrui. Ek sê jou toe ons stop is dit net trane en snot ; reg om my kop! (Voorvelletjie darem weer terug op sy plek van die hard rem...). Instantly hooked sê ek vir jou. Daai dae was daar net Engelse bikes en hier en daar ‘n 2de Wêreldoorlogs- Harley en BMW. Geen Japs. Die ape met klinknaelbroeke, leerbaadjies, Brylcream hare (soos Elvis) en hul "Sheilas" agterop, was net die manne... Hulle het skoon baklei; hul kettings was gechrome...en hul bicycle-speke net stainless steel. Daar was nie harde drugs daardie tyd nie, net boom/stop/Babylon stick/tobacco of knowledge/Durban poison/tarentaal twak/rooi baard/Weed....Hul het ook aluminium kam skerpgemaak aan die een kant in die kous of gatsak gedra, party twee van hulle. As hy sy Brylcream hare, Elvis style, kam doen hy dit met twee kamme gelyk, weerskante...Dán is hy ‘n OOM! (Ons het hulle gebang, jong!)."
 
Top