BMW R 80 ST CAFE RACER terug verander na ST en gekoppel aan 'n syspan.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

FIXER

Pack Dog
Joined
Aug 9, 2008
Messages
315
Reaction score
3
Location
Pringle
Bike
Moto Guzzi (all models)
Ek was gelukkig om die goeie toestand ST met dieselfde enjin en raam nommer te kry, maar dit was verander na 'n cafe racer. Volker van PE het 'n syspan gehad wat pas op 'n G/s en natuurlik ook dan 'n ST, want dit is dieselfde raam, net met 'n 19 ipv 'n 21 voorwiel.

Ek wou nie die syspan aan 'n cafe racer hê nie en het besluit om dit terug te verander na sy oorspronklike ST model. Nie te moeilik as jy 'n skoonseun soos Willie de Kock het nie! Hy kon dit doen met die inperking van Covid 19. Hy het ook die ratkas verander met 'n sterker eerste rat verhouding en 'n versterkte koppelaar, om die wegtrek met die syspan te vergemaklik.

Ek het die ST deur die PW toets gesit sonder die syspan en die koppeling met die syspan so verander dat dit maklik en redelik vinnig losgemaak kan word. Daarom het ek die rigtingaanwysers op die fiets netso gehou en dit nie ook op die syspan gesit nie. Parkeer- en remligte is wel op die syspan, dalk nie heeltemal wettig nie, maar sal werk in die praktyk!

Ek ry al jare met 'n Ural (vir meer as 30 000 km, meestal grondpad) maar weet die ST en die liggeboude syspan sal nie hou op 'n grondpad nie. Dit is waar 'n Ural uitstekend is, maar die ST sal die Ural behoorlik ore aansit op teer! Ek gaan die ST met die syspan verkoop, maar na vandag se trippie begin ek wonder of die ideale kombinasie vir teer en grond nie 'n R80 of R100 padfiets met 'n Ural syspan sal wees nie.

Miskien moet ek  so 'n BMW soek, 'n Ural syspan kry en dit maak werk. Die grondvryhoogte gaan dalk pla, maar 'n G/s gaan net te duur wees vir so 'n projek, alhoewel die Ural sonder 'n sump plaat nog nooit 'n probleem was nie. Ons is al van onder tot bo en terug deur Namibië, byna net op grondpad.

Hopelik het ek hiermee 'n moontlike koper vir die ST opgespoor, en sommer ook 'n verkoper van 'n R100! Nou net nog by Ryno van Sidecar Africa 'n tweedehandse Ural syspan goedkoop te koop kry!
 

Attachments

  • 4e9d7eee-e2ed-4b65-89c0-579f6aca50ac.JPG
    4e9d7eee-e2ed-4b65-89c0-579f6aca50ac.JPG
    342.8 KB · Views: 290
Top