Boskloof Swemgat – Cederberge trippie.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Boskind27

Pack Dog
Joined
Jun 5, 2014
Messages
402
Reaction score
1
Location
Tableview
Bike
Suzuki DR650
Hallo julle,
Skies al weer ekke wat julle wil melk vir info. Ons gaan oor 2 weke ‘n trippie aandurf Cederberge toe op die bikes ( sluk) Nou kyk die Cederberge is seker een van my gunsteling plekke in die wereld. Ons het al menigte kere daar gaan rotsklim…maar hierdie is die eerste trippie met  Vlentergat ( my CRF250L)
So het julle dalk waypoints of super maklike directions wat ons kan ry soontoe vanaf die Kaap. Nou neem in 8 ons gaan seker so 1:30 ry en wil darem  nie piknagdonker by Boskloof Swemgat aan kom nie.
En dan vergeef maar my onkunde, maar is daar dan ‘n lekker grondpad om van daar te ry tot by Oasis… NIE WUPPERTAL nie wil nie my koud skrik op my eerste naweek trip nie.
As iemand dalk waypoints het wat ons op GPs kan insit sal dit great wees.
Ek en liefie het die naweek op so ‘n lieflike plek gery, maar ek is te bang om te post, want toe vind on suit ons mag GLAD nie daar gery het nie….ahem
 
Top