See tot Karoo met my Vstrom

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Mar 26, 2012
Messages
2,902
Reaction score
1,286
Location
Oudtshoorn
Bike
AJS (all models)
Het 'n hall pass gekry by die vrou vir 2 dae se ry. Elke keer as ek nie bike ry nie dan kyk ek op marketplace na ander bikes.

Vandag 400km op my vstrom gesit waarvan 250 seker grondpad was, en ek besef dan, ek het niks meer nodig nie. Dalk nie die gemaklikste, vinnigste, beste nie, maar die amper 11 jaar wat ek hom het, het hy nog nooit my teleurgestel nie. Kan maklik 150 op GPS ry heeldag as jy wou. Het een tand groter voor sprocket op en hy rev hoër, maar 1ste en 2de is korter, wat my pas.

7h vanoggend weggetrek...rigting Witsand met soveel moontlik grondpad.

Afgedraai by Ruiterbos, na Kleinberg langs N2. Van daar los grondpaaie na Vleesbaai pad. Altyd interesant om deur Godwana reservaat te ry met wild wat vry loop oor die pad, en sien toe n groot trop buffels.
 

Attachments

  • 20241011_073453.jpg
    20241011_073453.jpg
    4.4 MB
  • 20241011_074822.jpg
    20241011_074822.jpg
    2.1 MB
  • 20241011_074821.jpg
    20241011_074821.jpg
    3 MB
  • 20241011_072820.jpg
    20241011_072820.jpg
    3.3 MB
  • 20241011_081906.jpg
    20241011_081906.jpg
    3.4 MB
  • 20241011_064200.jpg
    20241011_064200.jpg
    3.6 MB
Ek love my Strom. Oor n maand ry ek Botswana, Namibia en kuslangs, NC, WC en EC. Alles teer want my rug is ge-shot. Bike het 72 000 km op en loop soos n droom.
 
Dan is dit oor die Gouritz brug. Jy kan dien hier het groot water afgekom met die onlangse reën.

GPS wys my die pad loop kuslangs na Stilbaai, baie mooi pad, tot ek by Gourikwa reservaat se hek kom en nie verder kan ry nie. Kos toe omdraai en terug ry tot by Gourits. Glad nie spuit nie, dis mooi wereld.

Ry toe met agter grondpaaie om Gourikwa tot op Stilbaai. Daarna Jongensfontein...al die dorpies is maar rustig, dis mos nie vakansie tyd nie.
 

Attachments

  • 20241011_082528.jpg
    20241011_082528.jpg
    3.3 MB
  • 20241011_082521.jpg
    20241011_082521.jpg
    3.8 MB
  • 20241011_084822.jpg
    20241011_084822.jpg
    4.6 MB
  • 20241011_083412.jpg
    20241011_083412.jpg
    2.9 MB
  • 20241011_100337.jpg
    20241011_100337.jpg
    3.9 MB
  • 20241011_102104.jpg
    20241011_102104.jpg
    4.2 MB
  • 20241011_103408.jpg
    20241011_103408.jpg
    3.7 MB
  • 20241011_103052.jpg
    20241011_103052.jpg
    4.2 MB
Na Stilbaai begin my maag te praat van honger en ek beplan om op witsand vrete te kry. Ek kry toe 'n grondpad en stoot aan, pad is taamlik hard met niks om te sien nie, en bike loop gemaklik 140kmh.

Net so voor vermaaklikheid sit ek in gedagte en met geen waarskuwingsborde nie, is daar 'n taamlike skerp draai en ek kom te vinnig. Die anakee agter op help natuurlik nie veel as jy oor die middelman beweeg nie, en ek gly gly so van die pad af en red bike net voor ek bosse tref. My merke lê daar.

Ek vat 'n oomblik om te kyk of my broek skoon is en laat loop weer. 'n draft en calamari is op die menu terwyl die walvisse speel in die water. Nou weet ek hoe lyk Witsand! Daarna is dit Heidelberg waar ek die aand oorbly.
 

Attachments

  • 20241011_111101.jpg
    20241011_111101.jpg
    3.3 MB
  • 20241011_112324.jpg
    20241011_112324.jpg
    6.4 MB
  • 20241011_112350.jpg
    20241011_112350.jpg
    4.1 MB
  • 20241011_124412.jpg
    20241011_124412.jpg
    4.3 MB
  • 20241011_114432.jpg
    20241011_114432.jpg
    2.8 MB
  • 20241011_115545.jpg
    20241011_115545.jpg
    1.5 MB
  • Screenshot_20241012_061954_WhatsApp.jpg
    Screenshot_20241012_061954_WhatsApp.jpg
    492.3 KB
Lekker gery, en ja, n V-Strom is n fantastiese bike.

My neef op Kleinbrak het n ou 1000, en daai fiets is so betroubaar soos n aambeeld, maar heelwat vinniger.
 
Top