Brekkie run en Photoshoot Old Bob 24 Julie 2011

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Pieter Willering

Pack Dog
Joined
Nov 16, 2010
Messages
352
Reaction score
0
Location
PTA
Bike
BMW R1200GS
Kom ons toe 'n paar manne vanoggend 07:00 bymekaar by die Sasol Garage in Zambesi. So van die os op die jas- wie se idee was dit om so vroeg al te gaan ry ? Wie is nou lus om teen 06:00 op 'n Sondagoggend al op te staan  ;)
'n Paar ouens het kans gesien- Joss, Swanie, TC en Pieter het die koue trotseer en vertrek stiptelik 07:00 met 'n ompaadjie na Cullinan. Die Cullinan Stasie as ons volgende stop om te kyk of ons 'n paar nice foto's van ou Bob kon kry.

_MG_5073.jpg


_MG_5072.jpg


_MG_5070.jpg


_MG_5069.jpg


_MG_5064.jpg


Ek moes die ou VTR se oor lekker oopdraai om by ou Bob te kon bly- vir so ou bike loop hy 'n hond uit die bos uit en het hy ons almal baie verbaas. By die Cullinan stasie het TC ou Bob staan gemaak om vanuit 'n paar hoeke foto's te kon neem. Die ou stasie het nogal 'n mooi agtergrond gemaak, en so met al die faktore saam, 'n paar aanvaarbare foto's geneem.

_MG_5119.jpg


_MG_5115.jpg


_MG_5114.jpg


_MG_5109.jpg


_MG_5105.jpg


_MG_5104.jpg


_MG_5098.jpg


_MG_5093.jpg


_MG_5090.jpg


_MG_5084.jpg


_MG_5083.jpg


_MG_5074.jpg


Van Cullinan is ons vier na Que Seara waar ons vir Paul en Petro ontmoet vir ontbyt. Mark het ook vinnig kom groet waarna ons 'n lekker ontbyt gehad het. Na so bietjie kuier en van die motorfietse bespreek waar daar aangekom het, besluit ons om 'n draai by Kitty Hawk private vliegveld te maak. DIt was my eerste keer hier en ek was aangenaam verras met die opset daar. Ons het lekker op die stoep gesit, die vliegtuie, helikopters en gerokopters dopgehou op hulle breakfast runs. Na 'n lekker middagete is ons teen 13:00 daar weg.

_MG_5125.jpg


Dankie ouens dit was 'n lekker kuier  O0 O0 O0 O0
 
Nice klomp foto's.
Sal graag Old Bob wil hoor idle.
 
Jy maak my nou spyt dat ons nie saam gery het nie.  TC - BoB lyk stunning. :thumleft: :thumleft: :thumleft:
 
flipper said:
Cool Pics, farken nice bike!! waar presies is Kitty Hawk?

As mens van Que Sera af ry Cullinan se kant toe -op die pad wat verby Rhino Park loop, kry jy 'n afrit links (ek dink daar staan Bochkop) hier draai jy links en hou aan vir seker so 5-7 km - Kitty Hawk sit aan die linkerkant.
Jammer ek het nie way points of ander inligting nou by my nie- hoop dit help - baie lekker daar  :thumleft:
 
Baie mooi foto's. :thumleft: :thumleft:
Het jy nie 'n clip waar daai yster so enjin gehoor kan word nie ?

Lyk of hy lekker kan raas. :mwink: :mwink:
 
ThysBasson said:
Lyk of hy lekker kan raas. :mwink: :mwink:

Dis TC se bike hy is ook op die forum - ja nee die ding raas lekker- miskien kan TC 'n clip post ek het ongelukkig nie  :thumleft:
 
Moerse nice pics daai Pieter...!  :thumleft:  :thumleft:  :thumleft:
...dink jy kan omtrent enige bike goed laat lyk met daai gawe...!  ;D
 
SuperDave said:
Moerse nice pics daai Pieter...!   :thumleft:  :thumleft:  :thumleft:
...dink jy kan omtrent enige bike goed laat lyk met daai gawe...!   ;D

Tx Dave  :thumleft:
 
WOW!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!  :thumleft:  :drif: :drif: :drif: :drif:
 
Pieter Willering said:
ThysBasson said:
Lyk of hy lekker kan raas. :mwink: :mwink:

Dis TC se bike hy is ook op die forum - ja nee die ding raas lekker- miskien kan TC 'n clip post ek het ongelukkig nie  :thumleft:
Pieter Ou Bob raas nie man hehehehe hy is net duidelik.... ek sal n clip maak en post van hoe ou bob klink...... op idle klink hy soos n warm warm beetle maar op 3000-6000 revs klink hy bedonded...... :thumleft: En hy is nie stadig nie..... vra die wat al veras is hehehehe
 
[/quote]Pieter Ou Bob raas nie man hehehehe hy is net duidelik.... ek sal n clip maak en post van hoe ou bob klink...... op idle klink hy soos n warm warm beetle maar op 3000-6000 revs klink hy bedonded...... :thumleft: En hy is nie stadig nie..... vra die wat al veras is hehehehe
[/quote]

He he ok is dit wat mens dit noem- die ou tannies by die kerk sal se hy raas verskriklik - en ja ek was self verbaas hoe die outjie nog loop  :thumleft: :thumleft:
 
Top