Cederberge in 'n dag, met pillion...waar daar 'n wil is...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lem

Grey Hound
Joined
Jan 20, 2010
Messages
5,322
Reaction score
20
Location
Bellville, Cape Town
Bike
BMW R1200GS
So aan die einde van die week kyk ek terug na nog 'n week wat nie 'n goeie een op WD was nie.

Die manier hoe Rynet se "gee van kennis" deur die meerderheid van aktiewe WD-lede hanteer is laat mens nogal wonder of dit enigsens die moeite werd is om jou ervaringe & reise as motorfietsryer te probeer deel. Duidelik is ons almal se algemene liefde vir alle bikes en mede bikers nie groter as sommiges se egos en jaloesie nie.  

So hierdie verslag, gaan uit aan diegene wie daarvan hou om afentoe agter hulle veilige rekenaarskerms uit te klim, die bike op te saal, en lang draaie oor die agterpaaie te gaan ry. Dit is ook gewoonlik diegene wie graag my Ride Reports lees en wie sn ek lees. Dit is ook opgedra aan Rynet, met wie ek vanjaar tydens die Yamaha Gun Run vlugtig baie lekker gesels het, en vir wie ek nog net almal sien bedien het met respek. Veral diegene wie haar wense nie respekteer nie.

OK, terug na my RR.

Die storie loop mos nou so. My vroutjie is mos 'n onnie, daarom maak ek 'n punt daarvan om die beste van haar skoolvakansies te probeer maak.

Vir die hele jaar lank al sit en dagdroom ek oor 'n droom lang bike trip. Verskeie roetes is al met die pen vasgele, verskeie verblyfopsies is al bespreek. Die aanvanklike plan was juis vir hierdie Junie vakansie, vanwee die tydgleuf wat dit ons sou gee, maar die somme sou nie betyds klop nie. Behalwe vir die somme het ek die kat behoorlik tydens my vrou se tweede kwartaal uitgekyk. Sy sou nie die energie of waardering gehad het om 'n 14 dag reis rondom SA agterop 'n 650 te kon meemaak nie.  

Ons vakansieplanne het dus maar met die klem op rus verander tot 'n 4x4 trippie na Addo aanstaande week.

Vir my om my motorfietsry fix in te kry moet daar maar dagtrips gedoen word. As voorbereiding vir 'n lang trip (wat hopelik Desember kan geskied)  moet mens mos weet of jy en jou gade lang dae in die saal kan spandeer.

Ek het vir 'n paar dae die weervoorspelling dopgehou (dit is immers Kaapse winter nou), en met paar skuiwe in my dagboek, was gister nou net die perfekte dag.

Dit is lekker om alleen, of saam met vriende oor lang ente die agterpaaie te verken, maar om afentoe vir my vrou te gaan wys waar die plekke is waaroor ons elke week hier gesels, gee vir my 'n hele nuwe dimensie aan hierdie hobby.

Die missie van gister was dus....spare ribs by Cederberg Oasis.

Dit sou my heel eerste keer soontoe wees, dus ook my vir my vroutjie.

Ons is 09h00 vanuit Durbanville weg in 'n ysige stil oggendkoue.

Eerste stop was Die Tolhuis in Mitchell's Pass. Hierdie plekkie gaan ek beslis nie weer misry nie. Waar kan 'n man nog op 'n vroee oggend voor 'n kaggel sit, waar die moerkoffie nog vars in die Emalje-kanne op die vuur gestook word?

As ligte ontbyt het ons varsgebakte scones met botter, konfyt & kaas verorber.
 

Attachments

  • WP_20140703_001.jpg
    WP_20140703_001.jpg
    54.4 KB
  • WP_20140703_002.jpg
    WP_20140703_002.jpg
    46.5 KB
Die flou sonnetjie het begin water trek, so ek het maar by Ceres net afgedraai, en is Gydo Pas uit.

By Op die Berg het ek gou die petrol weer opgetop, en toe het ek geweet ek het genoeg vir die res van die dag se reis.

Ek wou nie veel peuter aan die bande nie. Wou eers sien hoe dit op die grondpad gaan voor ek wou afblaas.

Die eerste stukkie grondpad verby Du Toit Groep se plase was maar sleg, daar word ook plek-plek aan gewerk.

Met my vrou agterop vat ek dit baie rustig op die grond. Ek het rustig bly sit, en die spoed so tussen 40-60 gehou. Op die beter, lang stukke het ek plek plek so 80 gedoen. Die goeie ding van daardie pad is dat daar geen sand op is nie. So vir enigiemand wie wil begin grondpad ry, is hierdie 'n goeie roete om selfvertroue op te bou.
 

Attachments

  • WP_20140703_005.jpg
    WP_20140703_005.jpg
    61.7 KB
  • WP_20140703_006.jpg
    WP_20140703_006.jpg
    51.3 KB
  • WP_20140703_008.jpg
    WP_20140703_008.jpg
    40.5 KB
  • WP_20140703_009.jpg
    WP_20140703_009.jpg
    124.6 KB
Vroulief was maar koulik, en skrikkerig, maar ek het haar kort kort oor my skouer gevra of sy oraait is, en haar probeer tevrede stel dat ons baie mooi veilig ry.

Hierdie stuk pad het ek in 2009 laas met my 1150 gery toe ek by Nuwerus Ruskamp gaan kamp het. Ek het al vergeet presies hoe mooi hierdie area is.

By Mount Cedar (die plaas met die bruggie waarop julle al baie Grrrr se rooi plaasbike op gesien het) was die padskraper besig om te werk. Dit het my bietjie laat wonder oor die toestand van die steil pas wat daarna kom, maar die Dakar was beslis reg vir aksie. Hyt met ons twee swaargewigte daar uitgeloop soos wat enige MACK Lorrie sal op trots wees.

As daar een kritiek is wat ek dalk teen die Dakar kan he is dat sy eerste en tweede ratte nie na my wense kort genoeg is nie. Teen die bulte af wil wil hy maar met ons weghol, maar ek het net daai agterrem so plek plek geraak om die vrede te bewaar.

Then again, my verwysingsraamwerk oor kort ratverhoudings is daai 1150 GSA ding waarmee mens kan trekkers aan die brand sleep...in tweede
 

Attachments

  • WP_20140703_012.jpg
    WP_20140703_012.jpg
    84.5 KB
  • WP_20140703_014.jpg
    WP_20140703_014.jpg
    75.3 KB
By OASIS aangekom, en ek kon vining sien hoekom die plek so gewild is onder willehonde. Op n stil donderdagmiddag was ons die enigste mense daar.

Chantel het gese sy bedien net toasites....maar ek het haar mooi gevra vir spare ribs, en syt die moeite gedoen om dit vir ons te gaan gaarmaak. Dit was beslis die 240km van my huis af werd  :thumleft: Dit is vreeslike lekker ribs daai, en hulle naam is MAAK WEER SO.

Peanut en Coco het ons twee besig gehou. Ek reken hulle kry dalk baie spare rib kraakbeentjies so by die Wilddogs op saterdae.

Ek wou graag uitgaan Citrusdal kant toe, maar ek het al baie gehoor die pad is maar sleg, toe gaan ons weer op ons spoor terug. Vroulief was lus vir Wimpy koffie....Ceres het een van daai. Wies ek om te stry?

Die terugrit het besonders goed verloop. Ek het baie rustig gesit en cruise op 60 - 80.

Van Op Die Berg af, het ek die Dakkie se oor gedraai gehou. Die stuitjies was al redelik "needles & pins" by daai tyd, so ek het nie veel genade met die regterhand gehad nie.

Na die Wimpy stop op Ceres het ek begin voel ek moet aanstaltes maak, anders sou die daglig ons vang. Ek dink ek het daai 5000rpm cruising spoed carbon lagie in die silinder bietjie weggebrand.  

Ons het net na 18h00 veilig in Durbanville aangekom. Lang dag...485 km. Heelwat langer as enige dag wat ek vir ons droom reis uitgesit het. 100km hiervan was ook grondpad.

Ek is uiters beindruk met die Dakar. Ek het hom hard laat werk met ons twee op, maar daar is nie klagtes nie.

Vanoggend was daar beslis 'n nuwe huppel in my stap. Ek en my vrou het bewys dat daai lang trip dalk 'n realiteit kan word. Wanneer ons gereed is daarvoor sal ons opgewasse wees. Ek is baie trots op my oulike pillion, wat my verstaan, my passie respekteer en my toelaat om dit met haar te deel.

Die fotos was min, maar die dag was ongelooflik. Dit is te danke aan ons Hemelse Vader.

Ek sal maar weer moet terugkeer na daai paaie, om die mooi fotos te gaan neem.  

In kort...

Dit was koud, dit was by tye benoud, daar was 'n lamgeid in die boud, maar dit was BAIE lekker!  

 

Attachments

  • WP_20140703_020.jpg
    WP_20140703_020.jpg
    46 KB
  • WP_20140703_021.jpg
    WP_20140703_021.jpg
    75.6 KB
  • WP_20140703_016.jpg
    WP_20140703_016.jpg
    48.5 KB
  • WP_20140703_022.jpg
    WP_20140703_022.jpg
    114.1 KB
  • WP_20140703_026.jpg
    WP_20140703_026.jpg
    112.2 KB
  • WP_20140703_027.jpg
    WP_20140703_027.jpg
    36.1 KB
  • WP_20140703_028.jpg
    WP_20140703_028.jpg
    72.6 KB
Lekka Louis, dankie virrie saamry  :thumleft: Daai Ribs bly 'n wenner verseker  :drif:
 
Lem said:
Buff said:
Lekka Louis, looking forward to the rest of the RR  :thumleft:

:thumleft: done.


How's the leg doing, my friend?

Sorry, by the time my post went through the rest of the RR was there  ;D

Getting there slowly but surely thanks, still just experiencing hectic pains in my hip. Think I'm gonna have it checked out again next week just to make sure they haven't missed something  ::)
 
Lekker een Lem. My agterent jeuk ook vir 'n trippie.
 
DikZol said:
Lekker een Lem. My agterent jeuk ook vir 'n trippie.

:thumleft:

my agterent het ook weer gevoel na gister vir nog so 'n trippie, maar nou reen dit darem tog te lekker. Op sulke dae werk mens net beter.
 
Lekker man. Ek het dieselfde trippie in my agterkop, maar terug via Citrusdal soos jy ook eers gedink het. Miskien oorreed ek jou om saam te ry oor so maand of wat (wanneer die weer beter raak) – ek ken glad nie daardie paaie nie.
 
Mooi ene,  Lem.
Ek mis die lang dagtrippe saam met my beter helfte. Dis lekker om iemand saam met jou te hê, wat dit saam met jou geniet. Ons beplan een vir Augustus, ons 18de honeymoon.( LW 3 dae)

My mooiste herinneringe is die trippe wat Marloes saam was, maar toe raak die kinders groter en naweke was nie meer so selfsugtig nie ;D.Ek sit baie dae en dink oor die trippe wat ons gedoen het, sonder doelgerigte planne, maar op die oueinde memories for life. Maak meer so, en nooi ons saam op n Sondag. :thumleft:

Ons lamgatdag - Maandag oggend 10h00 - 70km anderkant Carnavon - aand 19h00 by die huis - goeie deel van 700km- wat 'n naweek
 
Lekker RR Lem! Thanx!  :ricky: :thumleft:




Btw, daai vroutjie van jou, Anmar, ek en sy was saam in die koshuis gewees op Stellenbosch jaaaaaaaare terug  :3some:  baie klein wereld!
 
:thumleft:mooi trip.  hoe verlang ek ook terug  :'(
 
Lekker rustige trippie Lem.  Jammer ek is so ver van daaraf, sal graag by die Oasis wil uitkom.  Gaan meer as 'n dag trippie vir ons wees  ;D
 
Dorsland said:
Lekker rustige trippie Lem.  Jammer ek is so ver van daaraf, sal graag by die Oasis wil uitkom.  Gaan meer as 'n dag trippie vir ons wees  ;D

Maar jy kan 'n mooi sirkel roete van jou af soontoe maak,

Van jou af Merviville, Rammelkop pas, Sutherland, Middelpos, Calvinia, Niewoudsville, Oasis, Anysberg, Rooiberg pas, en dan George,

Op George kan jy jou GS laat herstel by BMW en as hy dalk on herstelbaar is na die trippie kan jy my trailler en bakkie leen om hom terug te tou bok plaas toe,,,,, :imaposer: :imaposer:
 
Top