Cradock area "Loepie"

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Difflock

Race Dog
Joined
Jul 27, 2012
Messages
1,598
Reaction score
64
Location
Kirkwood
Bike
Yamaha Super Tenere
Naand WD's, dit was weer tyd vir n klein loepie op ons land se stofpaaie. Wat n goeie geleentheid om met Engelsman kwaliteit tyd saam deur te bring.
Saterdag 9 Julie breek aan 05:00, dus effe koelerig maar nie ongemaklik koud, jy weet voor ons die pad slaan moet als eers gevoer word, hoenders, honde en katte, gelukkig maak ek seker dat die ysterperd die vorige aand gepak was.
06:20 ry ons by die plaas hek uit oppad dorp toe om brandstof vol te maak.
06:45 ry ons by Kirkwood uit op die R75 rigting Jansenville, die son kom op ons regteskouer en voorspel n mooi dag, vat aan Engelsman se been en weet ek deel dit met my beste pêl.
Die trippy was eintlik uitgestel van die vorige week en moes dit uitstel agv n familie tragedie.
Wel dié roete het eitlik gekom van die Vis Arende se Cradock Area trips n paar weke gelede en dié spesifieke roete het ek noggi gery so hulle het die saaitjie geplant en ek't rede gesoek om hom water te gee.
Dit is Jaco aka JMOL se grootword wêreld en wow wat n beautiful area en die kiekies doen dit nie naasteby eer, die heel beste is om dit met jou eie oë te sien en te beleef, in te neem, ruik die natuur (smell the flowers).
 

Attachments

  • GH012384_1657603427836.jpg
    GH012384_1657603427836.jpg
    64.4 KB
  • GH012385_1657603469861.jpg
    GH012385_1657603469861.jpg
    38.6 KB
  • GH012385_1657603475994.jpg
    GH012385_1657603475994.jpg
    48.1 KB
  • GH012386_1657603492533.jpg
    GH012386_1657603492533.jpg
    67 KB
Op Jansenville weer volgemaak vir ingeval van, petrol joggie te vriendelik, dus verniet, die dorp slaap nog effens en skiet deur tot voor Soutpansnek (Ravelskloof) draai regs af op die R337 rigting Pearston. Na n paar kilometer soek ek n plekkie vir koffie en beskuit te nuttig, so gemaak so gedaan. Iets wat heel opvallend was is al die bakkies met jagters inni veld soeke na "kudu" biltong vir die huis.
Die plantegroei na Soutpansnek (Wolwefontein) verander van lower groen na vaal, jy kan die lyn trek waar daar min reën val.
Ek en Engelsman nuttig ons koffie en beskuit om weer aan te stoot na Pearston, die verlate plaas huise langs die pad maak my effe hartseer dat so pragtige landsmerk agteruit gaan en dit verwaarloos afv leeg staan, daars baie redes maar ek oordeel nie. Boere moet al hoe groter boer om aan die lewe te bly ens.
Die pad vir n Oos Kaap grondpad is in n baie goeie toestand "well done"of die boere dit instandhou weet ek nie maar defnitief op die roete later sal ek erkenning gee en sê presies waar die boere dit doen.
 

Attachments

  • GH012387_1657603507444.jpg
    GH012387_1657603507444.jpg
    164.9 KB
  • GH012387_1657603518734.jpg
    GH012387_1657603518734.jpg
    147.4 KB
  • GH012387_1657603534770.jpg
    GH012387_1657603534770.jpg
    232.6 KB
  • GH012388_1657603567918.jpg
    GH012388_1657603567918.jpg
    187.3 KB
  • GH012389_1657603602379.jpg
    GH012389_1657603602379.jpg
    219.1 KB
  • GH012389_1657603682998.jpg
    GH012389_1657603682998.jpg
    218.9 KB
  • 20220709_082126.jpg
    20220709_082126.jpg
    208.6 KB
  • 20220709_082147.jpg
    20220709_082147.jpg
    206.4 KB
  • GH012390_1657603697883.jpg
    GH012390_1657603697883.jpg
    214.7 KB
  • GH012390_1657603723995.jpg
    GH012390_1657603723995.jpg
    214 KB
  • GH012392_1657603732153.jpg
    GH012392_1657603732153.jpg
    244.2 KB
  • GH012393_1657603743970.jpg
    GH012393_1657603743970.jpg
    239.6 KB
  • GH012394_1657603753252.jpg
    GH012394_1657603753252.jpg
    236.6 KB
  • GH012394_1657603758375.jpg
    GH012394_1657603758375.jpg
    223.2 KB
Pearston ry ons in op die R63 - Voorstrekker straat, draai links in Hoofstraat regs om die pragtige Kerk, n skoon dorpie, hier en daar groepies mense.
Kies koers Buffelshoek Pas, die pad soontoe is mooi en die plaas op linkerhand soos jy die pas begin is ook Buffelshoek genaam en seker waarvan die pas vandaan kom.

Ek't al die pas n paar keer gery en wanneer daar net n klein hoeveel reën val in dit n geslip en slide, die pas klim die regterkanste bank of helling kronkel op tot bo en kyk regs op na die mooi rooi kranse "abseiler se droom" maar hou tog een oog inni pad vir die verspoelde slote veral met n pillion op die gradient is 1:6.
Bo op die kruin sien jy Dennebome en n verlate plaas opstal / needersetting, ken nie die geskiednis maar glo dit was n hoof roete na Cradock.
 

Attachments

  • GH012395_1657603768171.jpg
    GH012395_1657603768171.jpg
    251 KB
  • IMG-20220709-WA0035.jpg
    IMG-20220709-WA0035.jpg
    187.1 KB
  • GH012396_1657603784314.jpg
    GH012396_1657603784314.jpg
    249.5 KB
  • GH012396_1657603806581.jpg
    GH012396_1657603806581.jpg
    197.1 KB
  • GH012396_1657603824536.jpg
    GH012396_1657603824536.jpg
    170.2 KB
  • Screenshot_20220718-202718_Chrome.jpg
    Screenshot_20220718-202718_Chrome.jpg
    156.1 KB
  • GH012397_1657603844976.jpg
    GH012397_1657603844976.jpg
    247.5 KB
  • GH012398_1657603856121.jpg
    GH012398_1657603856121.jpg
    266.8 KB
  • GH012399_1657603878764.jpg
    GH012399_1657603878764.jpg
    272.1 KB
  • GH012399_1657603894490.jpg
    GH012399_1657603894490.jpg
    303.9 KB
  • GH012399_1657603902769.jpg
    GH012399_1657603902769.jpg
    293.5 KB
  • GH012399_1657603928634.jpg
    GH012399_1657603928634.jpg
    284.9 KB
  • GH012399_1657603940531.jpg
    GH012399_1657603940531.jpg
    297.6 KB
  • GH012399_1657603949527.jpg
    GH012399_1657603949527.jpg
    324.2 KB
  • GH012399_1657603962846.jpg
    GH012399_1657603962846.jpg
    306.4 KB
  • GH012399_1657604009939.jpg
    GH012399_1657604009939.jpg
    296.5 KB
  • GH012399_1657604025022.jpg
    GH012399_1657604025022.jpg
    272.6 KB
Van Buffelshoek Pas ry jy net oor die Klein-visrivier en draai regs op die Somerset Oos pad vir n paar kilometer om weer links te draai op die Witmos pad, as jy sou links draai by die t aansluiting gaan jy Cradock toe via Swaershoek dit het ek al n paarkeer gery en altyd n besonders pad.
Op die Witmos pad na Tarka-Botha Pas.
Die pas is effens lank 20km en gradient avg 1:40 en max 1:10, wanneer jy bo kom en uit kyk oor die landskap moet jy stil hou en dit inneem om te wardeer.

"Near the summit keep a look out to the SW for the peak known as Bailey's Kop [1830m] where the views are superb and dramatic."

Die pad is in n relatiewe goeie toestand en alle eer aan die omliggende boere wat dit in stand hou, hats off chaps.
 

Attachments

  • GH012400_1657604033673.jpg
    GH012400_1657604033673.jpg
    223.7 KB
  • GH012401_1657604060776.jpg
    GH012401_1657604060776.jpg
    224.6 KB
  • GH012402_1657604077012.jpg
    GH012402_1657604077012.jpg
    219.3 KB
  • GH012403_1657604092888.jpg
    GH012403_1657604092888.jpg
    204 KB
  • GH012404_1657604121647.jpg
    GH012404_1657604121647.jpg
    238.7 KB
  • GH012404_1657604137299.jpg
    GH012404_1657604137299.jpg
    232 KB
  • GH012405_1657604161120.jpg
    GH012405_1657604161120.jpg
    236 KB
  • GH012405_1657604171261.jpg
    GH012405_1657604171261.jpg
    300.2 KB
  • GH012405_1657604181399.jpg
    GH012405_1657604181399.jpg
    270.2 KB
Waar Tarka-Botha Pas ophou begin die Tarka pas, jy kom by n vurk in die pad, indien jy links hou gaan dit aan na Tarka pas regs ry jy na Witmos ons gaan later daar n draai maak "onthou ons ry n loepie".
Met die afsak na onder ry ons oor moviese speed bumps of water wegly walle wat verhoed dat pad verspoel, maak geen fout jy moet hom stadig met n gelaaide 1200 anders is jy oor jou handle bars pappa.
Waar jy bietjie meer gelyk met rivier hoogte kom ry jy n paarkeer oor die rivier, maar wees baie versugtig vir die groen alge op die laagwater brugies se sement vloer, dit het vir my by n vorige geleentheid uitgevang en in n lekker lag sessie ontaard.
Ons stop by een van die brugies vir n blaaskaans en Engelsman speel met die kamera om memories saam te neem vir ons en julle tuis.
 

Attachments

  • GH012410_1657604334347.jpg
    GH012410_1657604334347.jpg
    275.5 KB
  • IMG-20220709-WA0025.jpg
    IMG-20220709-WA0025.jpg
    99.4 KB
  • IMG-20220709-WA0027.jpg
    IMG-20220709-WA0027.jpg
    139.9 KB
  • IMG-20220709-WA0024.jpg
    IMG-20220709-WA0024.jpg
    142.9 KB
  • IMG-20220709-WA0030.jpg
    IMG-20220709-WA0030.jpg
    199.7 KB
  • IMG-20220709-WA0008.jpg
    IMG-20220709-WA0008.jpg
    232.1 KB
  • GH012411_1657604345641.jpg
    GH012411_1657604345641.jpg
    260.1 KB
  • GH012411_1657604426789.jpg
    GH012411_1657604426789.jpg
    356.8 KB
  • GH012411_1657604439782.jpg
    GH012411_1657604439782.jpg
    276.8 KB
Van die vurk in die pad gaan ons deur n paar plaas hekke, ry verby pragtige kranse en klip formasies, spek vet bonsmara beeste met n hul kalwers " net n reminder, los n plaas hek soos jy hom gekry het, te veel stories gehoor van motorfiets ryers wat dit nie doen en vir die res van ons versuur deur plaas hekke wat slotte met duk kettings en elektriese hekke op kry".

Die Tarka pas se gradient avg 1:44 en hoogste 1:20, summit 1175m, 15km lank en eindig so 12km van Cradock by Mortimer.
Jy ry verby Blomfontein Wedding Venue, wow n juweel tussen die berge van Tarka Pas ( aka JMOL - nou wanneer is die get together se datum nou weer ?)
Soos jy bo op Taka Pas kom kyk jy uit oor die Groot Visrivier, Mortimer / Cradock area se vrugbare vallei.
Note: tarka" means "woman" in the Khoi language.
 

Attachments

  • GH012412_1657604450532.jpg
    GH012412_1657604450532.jpg
    273.6 KB
  • GH012412_1657604460957.jpg
    GH012412_1657604460957.jpg
    259.6 KB
  • GH012413_1657604475225.jpg
    GH012413_1657604475225.jpg
    289.3 KB
  • GH012414_1657604495049.jpg
    GH012414_1657604495049.jpg
    307.4 KB
  • GH012415_1657604511055.jpg
    GH012415_1657604511055.jpg
    281.3 KB
  • GH012416_1657604526398.jpg
    GH012416_1657604526398.jpg
    190.2 KB
  • GH012416_1657604543433.jpg
    GH012416_1657604543433.jpg
    270.2 KB
Na Tarka Pas by kruis pad draai ons regs na die N10, indien jy links draai is dit na Cradock via Mortimer.
Na n entjie is my wurms honger, die wind waai hopeloos te sterk vir n vleisie tan "vuurtjie" en speel veilig, daars altyd snacker vir sulke gevalle, na bene rek en iets te ete sleep ons aan oor die Groot Visrivier tot die N10.
Regs rigting Cookhouse vir n paar kilometer en weer regs op die Dassiedeur pad.
Met die afsak na die rivier kan jy al van vêr die bekende tonnel sien, jy moet net weet waar om te kyk, volg die lyn soos n trein gelydelik so loop. Soos jy af sak na die spoor en agter hom die rivier, kyk oor jou linker skouer teen die berg naaste aan jou sien jy die hoof "nuwe" trein roete na Port Elizabeth "Gqeberha".
Ons ry vir n tweedekeer oor die Groot Visrivier en Engelsman raak fiks van die hekke oop maak "smile", moes n 20 sent byderhand gehad het om vir haar te gee soos my oupa vir ons as kind gegee het oppi plaas.
 

Attachments

  • GH012417_1657604560558.jpg
    GH012417_1657604560558.jpg
    223 KB
  • GH012417_1657604568337.jpg
    GH012417_1657604568337.jpg
    204.4 KB
  • GH012418_1657604592757.jpg
    GH012418_1657604592757.jpg
    188.5 KB
  • GH012418_1657604611208.jpg
    GH012418_1657604611208.jpg
    213.2 KB
  • GH012419_1657604625261.jpg
    GH012419_1657604625261.jpg
    255.8 KB
  • GH012419_1657604642068.jpg
    GH012419_1657604642068.jpg
    255.4 KB
  • GH012419_1657604648374.jpg
    GH012419_1657604648374.jpg
    168.3 KB
  • GH012420_1657604714426.jpg
    GH012420_1657604714426.jpg
    311.3 KB
Met die volgende twee gedeeltes gaan ek die meerderheid kiekies gooi.
Die opry van rivier vlak na die tonnel is ikonies, want jy ry verby die ou stasie waar die spoor geloop het, als sraan nog daar net bietjie oor groei met die plantegroei en probeer myself indink op n stoom trein 50 jaar gelede waar ek uit kyk by n venster oor die landskap of op die stasiewag vir die trein om op te daag. Die pad loop geleidelik op kronkel en verkyk my, ek moet net nie vergeet om my oë in te pad hou en moet my geduurig herhinner daaraan.
 

Attachments

  • GH012420_1657604732963.jpg
    GH012420_1657604732963.jpg
    253.9 KB
  • GH012420_1657604747677.jpg
    GH012420_1657604747677.jpg
    270.1 KB
  • GH012420_1657604752195.jpg
    GH012420_1657604752195.jpg
    245.9 KB
  • GH012420_1657604758728.jpg
    GH012420_1657604758728.jpg
    243 KB
  • GH012420_1657604764619.jpg
    GH012420_1657604764619.jpg
    261.5 KB
  • GH012421_1657604773405.jpg
    GH012421_1657604773405.jpg
    261.5 KB
  • GH012421_1657604777748.jpg
    GH012421_1657604777748.jpg
    254.3 KB
  • GH012421_1657604786352.jpg
    GH012421_1657604786352.jpg
    278.4 KB
  • GH012422_1657604805886.jpg
    GH012422_1657604805886.jpg
    205.1 KB
Die Tonnel:
Ek ken nie die geskiednis van die tonnel maar glo JMOL wat daar groot geword het sal meer kan vertel daaroor.
Met die nader kom was daar n groot afwagting en dit het nie ons teleurgestel, wow dus n amazing landsmerk en n bucketlist item om te ry. Die stene wat die tonnel mee uitgelê was pas soos n puzzle in mekaar.
Ons het seker n goeie 15-20min daar spandeer om kiekies te neem en memories te maak.

Wel daar is n rede hoekom enige tonnel ligte in het of wanneer jy uitkom die anderkant jou oë gelydelik laat gewoont raak aan die lig voor jy die punt bereik.
Toe ek inry moes ek mooi kyk, spots aan om seker te maak ek ry nie in n gat in.
Ons het groot smiles op ons gesigte gehad met die deur ry van die tonnel, Wow dus al wat ek kan sê.
 

Attachments

  • GH012422_1657604820605.jpg
    GH012422_1657604820605.jpg
    231 KB
  • GH012422_1657604827292.jpg
    GH012422_1657604827292.jpg
    300.8 KB
  • GH012422_1657604833742.jpg
    GH012422_1657604833742.jpg
    298.9 KB
  • GH012422_1657604839891.jpg
    GH012422_1657604839891.jpg
    264.9 KB
  • GH012422_1657604843907.jpg
    GH012422_1657604843907.jpg
    94.1 KB
  • GH012422_1657604847718.jpg
    GH012422_1657604847718.jpg
    100.4 KB
  • GH012422_1657604859582.jpg
    GH012422_1657604859582.jpg
    68.8 KB
  • GH012422_1657604868839.jpg
    GH012422_1657604868839.jpg
    84.8 KB
  • GH012422_1657604878181.jpg
    GH012422_1657604878181.jpg
    168.1 KB
Nog so paar kiekies van die tonnel, ek en Engelsman.
 

Attachments

  • IMG-20220709-WA0013.jpg
    IMG-20220709-WA0013.jpg
    70.5 KB
  • IMG-20220709-WA0012.jpg
    IMG-20220709-WA0012.jpg
    88.5 KB
  • IMG-20220709-WA0016.jpg
    IMG-20220709-WA0016.jpg
    89.9 KB
  • IMG-20220709-WA0020.jpg
    IMG-20220709-WA0020.jpg
    182.6 KB
  • IMG-20220709-WA0017.jpg
    IMG-20220709-WA0017.jpg
    96.8 KB
  • IMG-20220709-WA0014.jpg
    IMG-20220709-WA0014.jpg
    99 KB
Van die tonnel hou jy links, moet nie deur die hek regs gaan 50m af.
Jy beweeg af rivier toe, verspoelde donga aan jou regtekantdan weet jy is op die regte pad, die lande is oor die gps track gemaak so hou links om die land hy kom weer uit op sy track, oor die spoor wat hoog loop op jou linker skouer is die uitkeerwal uit die Groot Visrivier wat water lei na Kirkwood via DarlingtonDam (Sondagsrivier Vallei) en ook Port Elizabeth "Gqeberha"
Jy kom dan by Witmos uit en hou links by die kruis pad, dit is waar die Tarka-Botha en Taka Pas ook uitkom, jy kan ook links draai oor die rivier na die N10 of aan ry verby Klipfontein na Cookhouse.
By Klipfontein draai ons regs, ek wil duskant Somerset Oos uitkom oor Waainek Pas maar word gegroet deur "Mr Viro & Chain" , wel recalculate na Cookhouse.
 

Attachments

  • GH012423_1657604894042.jpg
    GH012423_1657604894042.jpg
    250.9 KB
  • GH012423_1657604912926.jpg
    GH012423_1657604912926.jpg
    281.4 KB
  • GH012423_1657604945858.jpg
    GH012423_1657604945858.jpg
    270.9 KB
  • GH012424_1657604953722.jpg
    GH012424_1657604953722.jpg
    227 KB
  • GH012425_1657604974656.jpg
    GH012425_1657604974656.jpg
    220.2 KB
  • GH012426_1657604985867.jpg
    GH012426_1657604985867.jpg
    296.8 KB
  • GH012427_1657605014138.jpg
    GH012427_1657605014138.jpg
    245 KB
  • GH012428_1657605035082.jpg
    GH012428_1657605035082.jpg
    224.2 KB
  • GH012429_1657605045033.jpg
    GH012429_1657605045033.jpg
    227 KB
Op Cookhouse aangekom is ek weer dun om die middel lyf, daai snacks het al uit gewerk.
Maak weer brandstof vol, gesels weer met die petrol joggies in Xhosa " lag lekker, groot geraak by Stutterheim / Komga " Kubusie Rivier"). Engelsman bring vir ons n vleisigheid en sap, daarna druk ek die S10 se neus op die N10 af na Paterson via Olifantskop Pas en regs op die R342 met hul padwerk genoeg om n mens se geduld te toets na n lang dag inni saal.
Wel ons vat so 10km voor Addo die Enon pad regs na Kirkwood.
Ry 16:17 by die stoor in, 512km met n beker wat oor loop van goeie memories.
Hoop julle het lekker saam gery,

Die Einde


To be continued:
Die kommende naweek is dit Groot Karoo toe, so binnekort maak ons weer so Rr'tjie.
 

Attachments

  • GH012430_1657605059478.jpg
    GH012430_1657605059478.jpg
    215 KB
  • GH012430_1657605070985.jpg
    GH012430_1657605070985.jpg
    227.4 KB
  • GH012430_1657605087231.jpg
    GH012430_1657605087231.jpg
    203.5 KB
  • GH012430_1657605179991.jpg
    GH012430_1657605179991.jpg
    214.5 KB
  • GH012430_1657605246001.jpg
    GH012430_1657605246001.jpg
    169.8 KB
  • GH012431_1657605309274.jpg
    GH012431_1657605309274.jpg
    165.3 KB
  • GH012432_1657605316647.jpg
    GH012432_1657605316647.jpg
    160.2 KB
  • GH012433_1657605356495.jpg
    GH012433_1657605356495.jpg
    158.3 KB
Baie dankie!!!
Ons het daardie roete laasjaar in die teenoorgestelde rigting gery.
Een van die lekkerste en mooiste roetes wat ek ooit gery het. Boonop was die veld grasgroen en geil na die eerste goeie reen in jare.
Dit was baie lekker om saam met julle te ry
 
Top