Daar was 4 **** toe 3 *** en toe 2 **

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Yes Franswest, ek het gewonder of iemand die logo op die T-Shirt gaan optel,  Mars was ook daar van Graad 1 to Std 10 (ou garde praat nie van Gr 12 nie.  Dit is juis waar ek en Mars mekaar ontmoet het.  Ek was net daar van std 8 -10 (71 - 73)
 
Dag 10 – Sondag, 18 Oktober 2009

Vroeg op, geen wind.  Voorspelling 50 knope.  Die view voor ons B&B

pa180575.jpg


Ons spring toe vroeg weg op die teer na Steinkopf.  Interressant is dat elke tweede paal n nes van of n valk of kraai het met kleintjies in.  Pad is reguit en ek bekyk die voelstorie, tot ek opkyk en n Blouduiker reg voor my bike in hardloop, en gly toe hy wil stop.  Dit is wat my gered het.  Voor ek die remme kon raak is die bok op haar sy links van my die pad af.  My senuwees is klaar van die insident en sien toe n bok agter elke hoek en draai.

Steinkopf is n plek wat jy maar moet misry.  Ons soek n ontbyt plek en ek stel toe voor dat Springbok nie te ver is nie en daar gaat ons.  Ten spyte van die teer geniet ek die omgewing.  Ons ry Springbok binne en eet toe maar weer n Wimpy ontbyt.  Ons kry toe weer die mense van die Cruiser wat on by Sendelingsdrift/Augrabies raakgeloop het.  Lyk my hulle is verslaaf aan Wimpy en wel ons ook.  Dit is net makliker.

Ons koop n paar kossies en vat die pad na Garies, maar nie die gewone een nie. Ons besluit om van die teer af te klim en ry die R355 by Goegap Natuurreservaat verby na Gamoep.  Vir die T4A manne, Gamoep en die pad na Kamieskroon deur Balley’s Pas is nie op V 6.15.6 nie.  Wel die pad was nie jou maat nie.  Weereens mooi stukke, maar as jy die verkeerde spoor kies het jy allerlei hopies en sinkplaat om jou rond te waai.  Julle sal agterkom dat sand en grys nie my maats is nie.

Die R355 is mooi, met n paar surprises, net om jou wakker te hou.

pa180585.jpg


Gamoep moet hier iewers wees, nooit gekry nie behalwe as die plaashuis Gamoep was.  Praat met my mense ek soek hierdie plek wat hulle Gamoep noem.  Ek sien ook dat daar  Vaalplaats Nuclear Storage in die omgewing is.  Laat jou dink ne'

pa180587.jpg


Na Gamoep draai ons regs (pad nie op T4A nie) na Kamieskroon via Bailey's Pas.  Die pad is weereens OK met die slegte stukkies so nou en dan.  Die natuur is fantasties.

pa180588.jpg


pa180589.jpg


Op n kol kom ons by n split in die pad, by so droe rivier. Twee boere se raad is hou regs.  Die ander pad blykbaar baie sinkplaat.  Dit lyk of die pad (slegte een) by Pypklip se berg verby gaan.  Ander dag sal ons gaan kyk.  Ons besluit teen Studer Pas (ek is nou jammer, maar op die oomblik was dit die regte besluit), want die sinkplaat by die afdraai waar mens kies tussen Balley’s en Studer is genoeg om ons af te sit.  Die locals be-aam dat die pad nie beter raak nie.  Dit is nou die een na Kamiesberg/Witwater.

pa180591.jpg


So bietjie verder aan net voor Kamieskroon

pa180598.jpg


Een van my gunsteling fotos

pa180600.jpg


Op Kamieskroon gekom besoek ons die kamplek en besluit daarteen, die Hotel is ook toe.  OK dit is nou wel Sondag, maar ons is dors.

Ons druk toe maar deur Garies toe.  Die kamplek is gesluit, die Hotel is toe.  Ons is dors en soek blyplek.  Blyplek kry ons toe by die Garies Gastehuis.  Steven het n lekker plek en is redelik geprys R 200 per persoon.

pa190613.jpg


Terwyl ons die hotel probeer “wakker” kry, gee n ou met n paar doppe te veel baie raad van die kant van die pad af.  Elk geval ons sit 2+2 bymekaar en gee hom en sy maat n lift solank hulle ons na die oorsprong van hulle toestand neem.

Garies shebeen verkoop yskoue Black Label 750 ml's.  Ons koop toe vir hulle elkeen n shebeen dumpie en na n fotosessie met die locals wat op die bikes wil “pose” is Mars en ek terug om te stort, braai en n yskoue bier te drink.  Die Tassies wat die vorige aand in Mc Dougal’s Bay gevries het het toe al ontdooi en was lekker.

Garies Gastehuis

1001779t.jpg


en daar was 2 ...

1001802p.jpg


Die vaak oorwin en ons slaap..
 
Dag 11 – Maandag, 19 Oktober 2009

Ons is weer vroeg op, pak en laat waai deur die Garies Maandagoggend verkeer (foto hieronder)

pa190614.jpg


Op Pad

pa190617n.jpg


Al die lae en die skaduwee puisie

pa190615.jpg


Die pad na Vanrhynsdorp is lank en die wind is weer op ons van die kant af.  Ontbyt op Vanrhynsdorp, "die blomme ontbyt" was lekker, maar almal op die dorp is suurgat.  Ek dink nie daar is baie gelukkige mense in die plek nie. Vat die pad Clanwilliam toe.  Die pad raak meer “scenic” met al die boerdery langs die Olifantsrivier.  

Op n kol so 30 km voor Clanwilliam sien ons n ou wat langs die pad loop.  Ons draai om.  Sy naam is Eddie en hy se hy loop al vir 2 jaar.  Dit is warm en die son steek, maar hy het nie eers n hoed op nie.  n Paar karige besittings.  Ons gee hom toe n paar Rand en groet.  As iemand hom al raakgeloop het laat weet my asseblief waar.

Eddie

pa190621.jpg


Op Clanwilliam is die kwik op 40 grade se kant.  Ons koop bier, wyn , vleis en skuur oor Pakhuispas na Wupherthal.  Baie mooi, maar hulle is besig om aan die pad te werk en dit lyk of hulle hom wil teer, tot waar weet ek nie.  Verby C. Louis Leipoldt se graf.  Hy le lekker rustig daar in die berg.

Nee dit is Marius

pa190623.jpg


Van bo van Pakhuis af - hulle was besig om dynamite te skiet.

pa190628.jpg


Met die R364 tot by die Engelsman se graf.  Ek wou nog so bietjie geskiedenis bygooi, maar ek hardloop uit tyd uit

pa190629.jpg


draai regs na Hoek se Berg

pa190634.jpg


en toe af na Wuppertal.  n Mooi gesig as mens afdaal in die dorpie in.

pa190635.jpg


Ek het dadelik verlief geraak op die plek.  Net so n rustigheid wat daar heers.

Ons gaan na die inligtingsentrum en gou gou is ons by ons huis. “Love and Grace”, kombuis, sitkamer, stoep, slaapkamer met 2 dubbelbeddens, en badkamer, DSTV mikrogolf, yskas, stoof – R 120 pp  Vir die wat nie weet nie Wuppertal het begin as n sendelingstasie en is grootendeels nog een.  Ons huis is tussen die locals en dit is nie soos n vakansieoord nie.  Jy voel deel van die gemeenskap.

Ons soek toe eers vir Krokodam, maar die aanwysings bring ons elke keer by niks.  Ons word wel elke keer gewaarsku dat die dam jou sal insyg…??  Eindelaas gaan swem ons toe maar in die rivier.  Een of ander d**s het n bottle gebreuk op die brug.  Daar is altyd een en

dan kry jy nog n lot rubbish ook, nee nie jy nie Mars

pa190644.jpg


Nog rubbish

1001834o.jpg


Die GS by die brug

pa190641.jpg


Terwyl ons in die son sit en droog word kom n vrou verby.  Sy se sy het so 2 uur en 30 minute se loop die berg in om by haar huis te kom en sy het die oggend ingeloop om goed te verkoop.  Dit is 5 ure se loop en sy doen dit elke week.  Pick en Pay is nie net om die hoek vir haar nie.  Sy is vriendelik en sy glimlag.... laat jou dink aan daardie  mense met die X5's wat jou in die parkeer area aangluur
*
Die plek het groot potensiaal, maar ook seker goed dat die ontwikkellaars nog nie hulle tande hier ingekry het nie, want deel van die mistiek vir my,  is juis die gevoel van n gemeenskap, wat swaar, maar goed lewe hier in die berge.

Ons straat van die stoep af

pa190648.jpg


Pot calling the kettle black

pa190653.jpg


Ons toer wys ons die kerk, die algemene handelaar, die rooibosseepfabriek en die begrafplaas.  Hier le nog n Leipoldt.  Toe terug Love and Grace toe vir n paar biere, en aandete.  Die son maak verskillende kleure teen die berg soos hy sak.  Ek vind die plek baie rustig en na aan die aarde.

Die view van die pad wat ons more gaan vat Cederberge in

pa190655.jpg


Ons bure agter Mars

pa190658.jpg


Die hoekhuis

pa190661.jpg


Die kerk

pa190673.jpg


Love and Grace se (wyle) eienaar

pa190689.jpg


Ek in die deur van Love and Grace

1001844.jpg


Mars en ek drink tee

1001841vb.jpg


 
Dag 12 – Dinsdag, 20 Oktober 2009

Soos meeste oggende is ons 07h00 op pad.  n Donkie spring voor Mars in nog voor ons die rivier oorsteek.  Wakker wees manne.  Ons klim die 4x4 roete uit Wuppertal uit.  Op n kol probeer ek 2 de rat en stol.  Omdat ek staan slaan my lugpyp die windskerm. Ek dog toe hierdie gaan n lang dag wees. Op op (in eerste) Mars is voor. Plaas dat ek op die pad konsentreer sien ek hom spoed optel en toe ek weer kyk maak die sandspoor so V voor my, te laat om spoed op te tel en slaan die sand.  Alles is vol sand.  My goeie by is gebreuk.

My "plaas" in die Cederberge in die agtergrond

1001855pk.jpg


pa200690.jpg


Elk geval nou gee die ABS probleme, seker te veel sand in die remmeganisme.  Die natuur is so mooi dat ek gou vergeet van die insidente en ek geniet die Cederberge.

pa200694.jpg


pa200698.jpg


pa200702.jpg


Vir oulaas n groepfoto van die wat bly staan het

1001861c.jpg


Te gou kom ons by Gerrie se plek, maar sy kaas en tamatie toebroodjie is van die beste ooit. So 14h30 is ons daar weg na n lekker ete en geselsie.

pa200700.jpg


Die padteken word waar as jy Wuppertal se kant toe gaan, spesifiek die laaste 5 km.  Maar go, jy het mos n bike.

pa200695.jpg


Ek besef die trip kom na n einde toe.  Nie lank of ons kom op die teer, pomp die wiele en ry deur Ceres.

pa200706.jpg


Nou kom die gevaarlikste deel van die trip, die verkeer en die samelewing.  Ons gaan drink toe maar n koue bier by (kan nie plek se naam onthou nie, maar Mars se hulle maak lekker Pizzas (net deur Ceres met die pas af aan die linkerkant..  Die bier is ook lekker koud.

Ons besluit om vir Danie by die Medi Kliniek in Milnerton te gaan groet.  Deur Bainskloof.

Danie lyk toe OK, hy kan net nie sy hande gebruik nie.  En dit is staalpenne en pype en en en en.  Elk geval hy is in “good spirit” en praat al klaar van die volgende trip en die nuwe bike. Ons land toe in die namiddag verkeer na die Strand.  Soos alle goeie dinge kom dit tot n end.

Dankie my maat

1001874h.jpg

*
Daardie aand het ons maar gepraat oor die lekker van die laaste 12 dae.

More my laaste bydrae met n paar wyshede

Dankie dat julle gelees het.
 
Great avontuur!!! Dis lekker om vriende te he met wie jy so n avontuur kan deel!!!
 
lekker gelees! nice plekke, nasty falls!; ek was baie bang dat die titel weer sou verander; "toe was ons 1", ek hoop die ander twee word gou beter!
 
Piet

Dankie vir die lekker storie. Van nou af sal ek alles lees wat jy skryf. Jy vertel dinge op 'n baie mooi maar rustige manier.

Die Sederberge het sy bekoring.
Ek was bevoorreg om as 9 jarige knapie die eerste keer mat daardie bergreeks kennis te maak. My pa het my gevat. Ons het van Algeria oor die berg tot by Wuperthal gestap en weer terug. So 4 dae se rustige stap. Van ver af lyk die bergreeks maar bra boring maar gaan stap (backpack) daar rond en jy sal betower word veral deur die rotsformasies en suiwer kristalhelder water. Krakadouw, Tafelberg met sy spout, Skerpioenberg, Vogelsangvalei, die Gat, Crystal Pools, Duiwelsgat, Middelberg, The Twins, Heiningvlei, Witwater, Wolfberg, Eselbank.....te veel name om te noem te veel weggesteekte plekkies. Elke naam vertel 'n storie. As jy weer daar kom gaan gesels met die ouer mense (70 plus) wat daar bly. Hulle sal jou in 'n unieke suiwer afrikaans die mooiste stories kan vertel.

Ek onthou hoe ek eenkeer vir Jan Rabie en Breyten Breytenbach (skrywers) raakgeloop het. Daardie jare was die bergreeks nog nie 'n geproklameerde wildernis gebied nie en daar was 'n oom met donkies (een van die steekse goed se naam was Bedford) wat jou swaar rugsakke teen betaling na jou oornagspot gevat het. ...Sug, hoe verlang ek nou......
 
Dis nou 'n baie nice RR.

Hoop die res vd geselskap is OK.

Mooi foto's en mooi storie.

Kan nie wag vir die res nie.

Thanks 
 
Baie dankie vir al die aansporing.  Ek is al weer uit tyd uit, maar sal graag hierdie RR afsluit later die week.  Danie en Magda is fine.  Danie kom Donderdagaand by my kuier dan gaan ek hom vertel wat hy alles gemis het.  Magda begin loop sonder die moonboot.

Nog so n paar fotos langs die Gariep

1001725e.jpg


1001734x.jpg


1001737.jpg


1001738.jpg


Beter foto van Wouter

1001741z.jpg


Mars en ek net voor Kamieskroon

1001778.jpg
 
Ai ma ons het darem ma ñ mooi Taal Welgedaan Puik Uitmuntdende Ry Verslag in Afrikaans my Moeder Taal
 
Uitstekende RR.
Ek is Fritz Se Pel. Dit is nou vriend Reg se broer, en het vreeslik lekker gelees en gedroom.
Ek sien jy het Trax panniers.
Wat is jou gevoel daaroor, want ek dink dit is deeglik getoets.
JY kan my bel ook.
Nelus
0825558517
 
Nelus, ek sal jou bel.  Nou n bietjie laat en ek gaan so bietjie krieket kyk.  Ons praat van die Krohn's as ons van Reg praat?
 
Fanstasties! Baie dankie :thumleft:
 
Hey ou Pieter lekker gery.Hoop dit gaan goed met Magda en ou Danie.Stuur so bietjie groetnis aan van Attie en John van Durbs af.
 
Die laaste woorde van my af - 30 November 2009

Dankie aan almal vir die belangstelling en die gesondwordwense vir Danie en Magda

My Raad

Bly bo-op die bike

Pak so min moontlik

Doen jou RR in MS Word en nie direk in die editor in nie

Pasop vir time-out as jy jou RR doen

Danie besig om aan te sterk

dsc1297r.jpg


Magda en Danie besig om "war stories" uit te ruil

dsc1306.jpg


Kyk die gogga op Danie se arm

dsc1303n.jpg


Tot volgende keer - Pietafrika

pa220718.jpg


pa170567.jpg


 
Wat 'n ongelooflike erfaring het jul nie gehad nie! Ek sou graag wou weet wat jou opinie was oor die motorfietse wat jul gehad het, veral jou opinie oor hoe die swaarder BM's dit hanteer het op die moeiliker paaie en hoe die KLR man se agterstewe gevoel het?
 
Top