Dag Van Die Skaapkopeters

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dusty Rusty

Grey Hound
Joined
Sep 20, 2010
Messages
5,807
Reaction score
0
Location
Bellville
Bike
Honda XR250 Tornado
Hallo Julle

Ek gaan iets anders probeer vir hierdie RR.  Hoop julle hou daarvan! 
xxxx
Nadia
 

Attachments

  • Witches-Cauldron-psd75500.png
    Witches-Cauldron-psd75500.png
    167 KB
Plons! Plons! Plons! Val die koppe een vir een in die groot swart pot vol borrelende kookwater.  18 Koppe om presies te wees.  Die ore van die koppe is afgesny en die oe is nog steeds versper van vrees.  Riebeeker kyk met ‘n gryslag na die drywende koppe in die pot terwyl hy die tandeborsel en apparate waarmee hy hul neuse skoongemaak het in die wasbak plaas.  Die uie dryf en maal om die koppe terwyl hy sout en asyn in die water sprinkel.  Drie ure moet die koppe kook.  Dan kan hy dit uitskep en oor -die kole braai.  Die  slagoffers se tande is ontbloot deur opgetrekte lippe, amper  asof hul in teestribbeling ‘n laaste wanhopige kreet wou uiter.  Tydsaam verf Riebeeker ‘n tuisgemaakste mengsel van blatjang, olyf olie, sout en gedroogde russie op die koppe terwyl hy  saggies deur sy tande fluit.  Hierdie gaan ‘n feesmaal wees! 
 

Attachments

  • IMG-20121024-00964.jpg
    IMG-20121024-00964.jpg
    19.7 KB
Terwyl die eerste oggendlig die volgende Saterdag flou in Riebeeker se kombuis begin inskyn het, het verskeie lede van die Wilddogs Forum begin klaarmaak om te reis na Riebeeck Kasteel.  Van Tulbagh,  Kaapstad, Paarl en die Boerewors Gordyn is hul gedryf met ‘n onbeheerbare, kwylende lus om deel te wees van ‘n ritueel wat uitgevoer moes word.  ‘n Tradisie waar nuwelinge gewys word hoe om met hongerige vingers in ‘n afgekapte kop,  te krap na lewenslose oe, dit uit die oogkaste uit te pluk en dit met gretigheid in hul kieste te stop.

Wie sou ooit kon raai dat die bedagsame skool juffrou Carrol, ook deel was van die barbaarse komplot?  Met dagbreek  het sy saggies haar voordeur gesluit, op haar BMW motorfiets geklim en 350 km afgele na die mooi Swartlandse dorpie. 

In ‘n ander gedeelte van die land het die 6 jarige blondekop, Troy ongeduldig van opgewondenheid om sy pa se motorfiets getrippel.  Pappa het belowe hulle gaan kamp!  By Jan van Riebeeck se kasteel of so iets.  Min het die arme kind geweet wat hy later die dag sou sien.   
Gewapen met vlymskerp messe en ‘n kruie brousel wat na die ritueel gedrink moes word het  Nismark en Dusty Rusty ook so ongesiens moontlik op hul motorfietse geklim.  Hulle ook, was oppad na die dorpie waar die slagting sou plaasvind.   
 

Attachments

  • 100_8498.jpg
    100_8498.jpg
    63.7 KB
Die meisie het effens op haar senuwees gelyk op die blou fiets, terwyl die rooikop kerel onspanne op die kleiner rooi fietsie langs haar gery het.  Spoedig het  Durbanville kleiner agter hulle geraak terwyl hulle die Slent grondpad genader het.  Die klein rooi fietsie het soos ‘n klein komeet verby die bloue geskiet en het  met ‘n stofstreep die grondpadmelkweg se rigting aangedui.   
Die meisie was aansienlik stadiger as hy en het voel-voel die fiets se voorband oor die los gruis, om die slaggate en op die sandkolle laat rol.  Vir ‘n ruk was sy vasgevang in ‘n stofmaalklok van ‘n verbyjaagende vragmotor, maar sy’t haastig uit die stofwolk gebeur en die rooi komeet fietsie se stofstreep gevolg. 
Die twee fietse het begin aanstoot  op die teerpad in die rigting van Wellington en die meisie het meer begin ontspan. 
Sy’t begin dagdroom, spoed vermeerder en die klein rooi fietsie verbygeneem.  Na ‘n paar kilometer het sy eers besef sy is op haar eie.  Sy’t gestop en vir die man gewag.  Met gespitste ore het Dusty Rusty geluister of Nismark se motorfiets al binne hoorafstand is.  Terwyl sy op hom wag neem sy met haar mik-en-druk kamera ‘n paar foto’s van die omgewing.  Mens weet nooit wanneer dit as alibie gebruik moes  word indien die VEG kommissie sou uitvind van die Wilddogs se barbaarse dade nie. 
 

Attachments

  • 100_8499.jpg
    100_8499.jpg
    62.5 KB
  • 100_8500.jpg
    100_8500.jpg
    51.6 KB
  • 100_8501.jpg
    100_8501.jpg
    81.7 KB
  • 100_8502.jpg
    100_8502.jpg
    48.3 KB
  • 100_8503.jpg
    100_8503.jpg
    53.1 KB
Vir die eerste keer het daar onsekerheid tussen die twee geheers by die volgende T-aansluiting.  Nie oor die byeenkoms wat op hande was nie, maar oor die roete wat gevolg moes word.  Tyd het begin aanstap en as hulle betyds vir die ritueel wou wees, sou hulle moes opskud. 
 

Attachments

  • 100_8505.jpg
    100_8505.jpg
    45.7 KB
  • 100_8506.jpg
    100_8506.jpg
    60.6 KB
  • 100_8507.jpg
    100_8507.jpg
    50.7 KB
Daar is besluit om by die oorpronklike roete te hou wat die losserige, gruis Porselynberg grondpad sou beteken.    Dusty Rusty het vir Riebeeker ge-bbm en hom laat weet dat hulle laat sou wees.  Die res van die Wilddogs moes nie op hul wag nie.  Die inlywingsproses kon sonder hulle voortgaan. 

Toe die twee laatkommers by die res van die Wilddogs onder die koeltebome van Eds Diner in Riebeeck Kasteel aansluit was daar opwinding in die lug.  Dusty Rusty het haarself skuldig haarself voorgeneem om op ‘n gepaste tyd vir die groep omverskoning te vra.  Swak tydsberekening kan nadelige gevolge vir almal inhou.  Dit het egter voorgekom asof niemand in die groep haastig oppad wou wees erens heen nie. 
Na ‘n oor en weer gegroetery, geselsies aanknoop met ou bekendes en bladskud met nuwelinge, het Riebeeker die teken gegee dat daar na die berg vertrek moes word.  Gewapen met messe en drankies wat die innerlike moes help versterk, het die groep sy bakkie gevolg.  Sommige op motorfietse, ander in motors. 

Die rooi fietsie het onder die koeltebome agtergebly.  Nismark kon vir ‘n slag op sy geliefde XT motorfiets ry terwyl Dusty Rusty ager hom op die saal ingeskuif het.    Die stoet voertuie en motorfietse het stadig die steil kop begin uitklim.  Die lus, opwinding en stadig ry het vir van die motorfietsryers te veel geword en die voorste ryers het uitbunding verby die bakkie versnel.  Rammetjie uitnek slaan hulle die verkeerde rigting in en merk nie dat die bakkie in die ander rigting draai waar die grondpaadtjie vurk nie. 
 

Attachments

  • 100_8508.jpg
    100_8508.jpg
    72.9 KB
Riebeeker het begin toet.  Bubby  was buite hoorafstand en het uitgelate  verder vooruit gery.  Nismark en Dusty Rusty het egter die waarskuwing gehoor net voordat hulle die verkeerde roete met groot geesdrif wou aanpak.  Nismark het gestop, vir Dusty Rusty afgelaai sodat sy vir potensiele rigtingloses die regte pad kon aandui en vir Bubby  agterna gesit.  
 

Attachments

  • 100_8509.jpg
    100_8509.jpg
    94.1 KB
  • 100_8511.jpg
    100_8511.jpg
    89.1 KB
  • 100_8512.jpg
    100_8512.jpg
    71 KB
Die string voertuie en motorfietse het duskant Dusty Rusty verby gery en het in die vrugteboord verdwyn.  Die “prrrruuuut- pruuuut” geluide van motorfietse het begin wegsterf en sy het alleen op die grondpaadtjie tussen die vrugtebome gestaan en wag vir Nismark om haar te kom haal.  Die son het neergebak op die wingerde en vrugteboorde.
 

Attachments

  • 100_8513.jpg
    100_8513.jpg
    55.5 KB
En toe sien sy dit:  feetjieklokkies!  Iets wat sedert haar kinderjare nie gesien het nie.  ‘n Eenvoudige plantjie, met geen kleur of geur nie.  In haar kinderjare het sy vas geglo dat as die wind daaroor waai, die plant ‘n fyn tintelende geluid gemaak het.  Daar was geen doel agter die geluid nie.  Dis was maar net mooi klank vir die feetjies.  Amper soos die chimes wat mense in hul tuine en vensters hang. 
 

Attachments

  • 100_8523.jpg
    100_8523.jpg
    76.2 KB
Die kinderjare flitsbeeld het uit haar gedagtes verdwyn en sy het alleen begin voel waar sy in die stofpad gestaan en uitkyk het oor die Swartlande skoonheid.
 

Attachments

  • 100_8514.jpg
    100_8514.jpg
    64.7 KB
  • 100_8519.jpg
    100_8519.jpg
    91.9 KB
Die stilte is verbreek deur die geluid van Nismark se aankomende motorfiets wat bult-af nader gekom het.   
 

Attachments

  • 100_8525.jpg
    100_8525.jpg
    92.5 KB
Nadat Dusty Rusty agter op Nismark se motorfiets geklim het, het hulle die vurgteboord wat onder ‘n net spinnerak gele het, binnegery.  Die nectarine boord se vrugte was besig was om ryp te raak en die belofte van ‘n mooi somer het voorgele.   
 

Attachments

  • 100_8528.jpg
    100_8528.jpg
    53.8 KB
Nismark het spoedig weer by die ander motorfietse aangesluit wat intussen gestop het sodat die voertuie ‘n ent vooruit kon ry. 
 

Attachments

  • 100_8529.jpg
    100_8529.jpg
    82.5 KB
  • 100_8531.jpg
    100_8531.jpg
    69.8 KB
  • 100_8532.jpg
    100_8532.jpg
    76.9 KB
  • 100_8533.jpg
    100_8533.jpg
    77.1 KB
  • 100_8535.jpg
    100_8535.jpg
    75.9 KB
Die grondpaadtjie het al hoe steiler en steiler geraak.  ‘n Verradelike skerp draaitjie, groot los klippe en ‘n sandkol was van die sondebokke wat meer as een Wilddog,  hard met die aarde laat kennis maak het.  Niks kon egter die ontblusbare lus vir vir die samekoms stuit nie. 
Die paadtjie het gelyk geraak en die Wilddogs was by hul bestemming bo- op die berg.  Die tradisie wat in verskeie werelddele gevolg is, die tradisie van skaapkoppe oopbreek om die inhoud daarvan te verslind,  was op hande. 
Nismark het beroof gevoel.  Hy het gehoop dat bergpaadtjie na die ontmoetingplek langer sou wees.  Dusty Rusty het al mompeled van die motorfiets afgeklim.  Vir haar was dit asof sy op ‘n gunsteling mallemeule rit was, en dat dit kortgeknip is  deur ‘n kragonderbreking. 
 

Attachments

  • 100_8536.jpg
    100_8536.jpg
    59.7 KB
  • 100_8537.jpg
    100_8537.jpg
    51.6 KB
  • 100_8538.jpg
    100_8538.jpg
    88.1 KB
Die gekuier wat by Eds Diner begin het, het voorgegaan.  Geselsies is aangeknoop, grappe is vertel en nuwe vriendskapsbande is gesmee.   

Al die Wilddogs wat teenwoordig was by die vergadering moes aangeteken word in “Die Boek Van Die Eeters”  Hulle was: 
Douch C.  ‘n Ware Engelse heer met ‘n avontuurlustige gees.  Hy geniet elke oomblik op sy motorfiets altyd terdee. 
 

Attachments

  • 100_8543.jpg
    100_8543.jpg
    55.2 KB
  • 100_8544.jpg
    100_8544.jpg
    70 KB
Eish.  Hierdie Wilddog en Douch C is is soos wat die Wilddogs in hul motorfietstaal sou se,  “riding buddies” .  Beide ry ook dieselfde soort motorfiets, die Kawasaki KLR 650. 
 

Attachments

  • 100_8548.jpg
    100_8548.jpg
    54.6 KB
  • 100_8549.jpg
    100_8549.jpg
    84.9 KB
Riebeeker.  Die  man wat die hele Skaapkop byeenkoms en braai  gereel en voorberei het.  Hy weet alles van kopkry, kopskoonmaak, kopkook, kopbraai en kopeet. 
 

Attachments

  • 100_8550.jpg
    100_8550.jpg
    86.3 KB
Pragtig - Sub  :thumleft:
 
Monkeyboy en Miss M.  Hierdie Wilddog paartjie het besluit om liewerste volstuis te braai en te geniet.
 

Attachments

  • 100_8552.jpg
    100_8552.jpg
    86.4 KB
  • 100_8553.jpg
    100_8553.jpg
    81.2 KB
  • 100_8556.jpg
    100_8556.jpg
    77.3 KB
  • 100_8557.jpg
    100_8557.jpg
    82.1 KB
Top