Dag Van Die Skaapkopeters

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Nog iemand wie se dokumente verlore gegaan het voordat hy in De Eeter boek opgeteken het nie.  Die wat hom al vlugtig ontmoed het sal hom as aangenaam beskryf.
 

Attachments

  • 100_8620.jpg
    100_8620.jpg
    75.5 KB
Die reuk van braaivleis het lentelug begin vul en die skaapkoppe het saggies begin sis in hul foelie pakkies oor die kole.    Riebeeker het almal nader geroep om te kom aansit en het aan elke skaapkopeter ‘n bierboks met oorhandig waaruit hulle hul skaapkoppe kon eet.  Foelie is met greterige vingers van die koppe af geskeur terwyl monde begin water het. 
 

Attachments

  • 100_8621.jpg
    100_8621.jpg
    47.7 KB
Kopeet kan vir sommige na ‘n geweldadige aksie lyk.  Die onderkaak word afgebreek.  ‘n Gat word agter in die skedel gekap  sodat die harsings uitgekrap kan word.  Vingers voel naarstigtelik in in die kop rond om die oe uit die oogkaste te pluk. 

Stilte het op die groep neergedaal.  Van die braaivleis eters het gestaar na die kopeters wat met groot tevredenheid hul middagete geniet het. 
Nismark moes vir Dusty Rusty help om die onderkaak van die kop af te breek.  Vir haar was die aksie te grillerig.  ‘n Skaapkopgulde T-hemp was haar motivering om die skaapkop te  eet.  Slegs as jy ‘n skaapkop met tong en oe geeet het, kon jy kwalifiseer vir ‘n hemp.    En daai hempie was mooi!  Sy laat haar mes deur die tong sny en eet dit met smaak.  Onder die tong in die kakebeen is daar baie vleis.  Dit proe soos boudvleis en smelt in haar mond.    Die wangvleisies op die boonste gedeetle van haar skaapkop is min maar dit pla haar nie.  Met ‘n behaaglike sug skuif sy die res van die kop na Nismark se kant toe.  Hy sal dalk die oe wil eet.  Die vullende skaapkop het haar maag laat boep staan. 
Al wat die Wilddogs nie van die skaapkop eet nie is die neus.  Niemand is tog lus om iemand anders se gedroogte neusvloeistowwe te eet nie.  Al is dit gekook en gebraai oor die kole. 
Langs Dusty Rusty is Nismark besig om ‘n bleek oog uit die skaapkop te haal.  Die oog  was  die grootte van Fireball kougom balletjie.    Dusty Rusty het nog nooit die oog geproe nie.  Om te kwalifiseer vir die T-hemp moes sy ‘n oog eet op ‘n vorige geleentheid.  Heimer het langs haar gesit en vir haar die oog uitgehaal.  Sy  het dit in haar mond gedruk, haar oe toegemaak en dit heel afgesluk.  Gevolg deur ‘n groot sluk rooiwyn.  Daarna moes sy van die skaap se harsings eet.  Dit het vir haar aan gekookte oatspap laat dink.  Dit het sy ook heel ingesluk.  Sommige Wilddogs sou se dat harsings na murg proe. 

Langs Dusty Rusty het Carrol haar half ge-eete kop toegevou in foelie.  Sy was ook versadig en het beplan om haar kop verder te geniet as die honger heelwat later weer sou begin knaag.
 

Attachments

  • 100_8623.jpg
    100_8623.jpg
    52.3 KB
  • 100_8622.jpg
    100_8622.jpg
    50 KB
Terwyl die Wilddogs gesmul het aan hul braaivleis en skaapkoppe het die Wilddog puppies die omgewing  verken
 

Attachments

  • 100_8547.jpg
    100_8547.jpg
    88.9 KB
  • 100_8558.jpg
    100_8558.jpg
    83.5 KB
  • 100_8561.jpg
    100_8561.jpg
    59.4 KB
  • 100_8567.jpg
    100_8567.jpg
    84.1 KB
  • 100_8581.jpg
    100_8581.jpg
    58.3 KB
:)
 

Attachments

  • 100_8597.jpg
    100_8597.jpg
    90.2 KB
  • 100_8606.jpg
    100_8606.jpg
    47.7 KB
  • 100_8600.jpg
    100_8600.jpg
    55.3 KB
  • 100_8603.jpg
    100_8603.jpg
    92.8 KB
  • 100_8592.jpg
    100_8592.jpg
    81.4 KB
Hulle was bietjie ontstel toe hulle gesien het wat van die Wilddog lede vir middagete gehad het.
 

Attachments

  • 100_8626.jpg
    100_8626.jpg
    90.1 KB
Die tradisie is afgesluit met die was van hande in water wat oor die vuur warm gemaak is.  Daarna het die groep besluit om vir ‘n koppie boeretroos of ‘n laaste knertsie  te gaan geniet by Eds Diner.  Van daar af sou hul terugkeer na hul lewens en weer deel raak van die alledaagse samelewing
 

Attachments

  • 100_8634.jpg
    100_8634.jpg
    75 KB
  • 100_8631.jpg
    100_8631.jpg
    58.8 KB
  • 100_8629.jpg
    100_8629.jpg
    67.2 KB
  • 100_8627.jpg
    100_8627.jpg
    68.3 KB
  • 100_8628.jpg
    100_8628.jpg
    62.7 KB
Die groep het rustig onder die koeltebome gesit en kuier. 
 

Attachments

  • 100_8644.jpg
    100_8644.jpg
    83.8 KB
  • 100_8641.jpg
    100_8641.jpg
    88 KB
  • 100_8640.jpg
    100_8640.jpg
    80.9 KB
  • 100_8639.jpg
    100_8639.jpg
    82 KB
  • 100_8638.jpg
    100_8638.jpg
    90.2 KB
Dusty Rusty en Nismark moes vroeer vertrek.  Die skaduwees het langer geraak en daar het nog ‘n ekspedisie vir hulle  die aand voorgele.  Die twee het op hul motorfietse geklim en dieselfde roete teruggevolg huis toe. 

Die dag se kuier en geselligheid het  Dusty Rusty lui gemaak.  Sy was glad nie lus om terug te jaag huis toe nie.  Sy was nog minder lus vir die Porseleinberg se  fyn gruisklippie pad.
 

Attachments

  • 100_8650.jpg
    100_8650.jpg
    44.4 KB
  • 100_8651.jpg
    100_8651.jpg
    48.6 KB
  • 100_8653.jpg
    100_8653.jpg
    40.5 KB
  • 100_8654.jpg
    100_8654.jpg
    44.8 KB
Die skaduwees op die pad het haar moeilker laat sien en sy het ‘n kopnota gemaak dat sy vir haar ‘n geel bril moes koop.  Nadat  hulle verby die  spuitvliegtuig gery het het die pad beter begin raak en sy het vinniger begin ry om by die huis te kom. 
 

Attachments

  • 100_8658.jpg
    100_8658.jpg
    57.8 KB
Die twee het Durbanville binnegry en weer saamgesmelt met die res van die beskawing.  Wie sou tog ooit kon raai dat die meisie op die blou fiets ‘n rukkie terug nog gesmul het aan ‘n skaapkop?  Dat die man langs haar op die rooi fiets die oe en die breins van ‘n skaap met oorgawe geniet het? 

Dominee Petersin is besig om sy preek vir die erediens voor te berei toe die twee motorfietse verby sy huis ry.    Sy oe vang die skrifgedeelte waaruit hy gaan preek:  “Beproef alle dinge;  behou die goeie”.  Uit die kombuis roep sy vrou hom om sy afval te kom eet. 

 
Dankie aan almal wat daar was wat die dag so lekker gemaak het, die kok, braaiers en eters en kuiergatte.  Wat sou ‘n skaapkop tog wees sonder lekker geselskap?
 
Dankie DR vir die terug blink op van die jaar se lekker tye  :thumleft:

Vir die wat die res van ons se RR wil lees hier is dit: https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=109968.0
 
Ek is nou nie wat jy sal noem die skaapkopvreter tipe nie maar, sal erken dit hierdie 3de partyse skryfstyl lekker lees. DR, jy't dit reg gekry om 'n dagtrippie soos 'n lekker naweek te laat lees. ...en die uitsig was vrek mooi. Vra maar vir die 2 WD puppies...
 
Dusty Rusty said:
Die dokumente van die volgende persoon het weggeraak.  As iemand hom kan identifiseer sodat hy in “Die Boek Van Die Eters”  opgesryf kan word sal dit waardeer word! Hy woon gereeld ander Wilddog byeenkomste ook by

Dit is Hotsauce  :thumleft:
 
Thanks Dusty....................dit was nou 'n lekker lees report !  ;)  :thumleft:




Die Tool van Tulbagh !!  Bwahahahahahaa !!!

index.php
 
Dankie dit was nou lekkerlees!
Hierdie stukkie vat die koek:

Dusty Rusty said:
Dominee Petersin is besig om sy preek vir die erediens voor te berei toe die twee motorfietse verby sy huis ry.    Sy oe vang die skrifgedeelte waaruit hy gaan preek:  “Beproef alle dinge;  behou die goeie”.  Uit die kombuis roep sy vrou hom om sy afval te kom eet. 

Hahahahaha!

Dalk kan jy volgende keer 'n spanningsverhaal probeer.
Dan begin jy met:
"It was a dark and stormy night.
Far off in the distance a dog barked...."



:ricky:
 
Top