Dagtrippie RR - Ockertskraal area (Ladismith WC)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Karoo Rider

Race Dog
Joined
Sep 1, 2012
Messages
1,900
Reaction score
1,045
Location
Ladismith WC
Bike
Honda CRF-1100L Africa Twin
Na ek my verbeel het dat ek 'n stukkie blou lug vanoggend gesien het, besluit ek om darem net so bietjie te gaan kyk hoe die Klein Karoo na die lekker reën lyk.  Die driffies vind ek inderdaad aan die loop en die kruie-agtige reuk van klam grond en veldbosse waai koel onder die visor in.

Plek-plek diep dongas gespoel en die potklei gate lyk lus vir my tappet guards, maar met 'n keer of wat se afklim en deurstoot was dit darem nie nodig om my bike optel vermoëns op die proef te stel nie.

Van Ladismith af het ek weswaarts gery in die rigting van Dankoord, Winkelplaas, Grootrivier, deur tot by Goggadou, en oor die hekke-kop tot by die ou Vensterkrans treinstasie.  Daarvandaan net oor die teerpad en af met die Baviaanskrans pad in die rigting van Ockertskraal.  Daar by 'n plaas ingery maar my later teen geslote hekke vasgery, en dus weer omgedraai, en oor die Grootrivier in die rigting van Van Wyksdorp.

Heelpad het daar druppels geval, maar hier het die groot sluise weer begin oopmaak, en by die Mond-van-Pietsrivier T-aansluiting keer ek links terug na Ladismith.  Van voor af kry ek 'n padskraper op spoed wat skynbaar klaar vir die dag gewerk het.  Kort daarna kom ek sy werk teë:  'n vars geskraapte pad, of laat ek eerder sê: die middelmannetjies is nou weer netjies oor die hele pad versprei...

Staande en met my spoed laag het die los klippe, modder en toegereënde visor darem nie een tot aksie oorgegaan nie, en ek het sonder insident, maar wel effe deurweek, by die huis aangekom.

Groete!
 

Attachments

  • Roete.jpg
    Roete.jpg
    359.8 KB
  • Tussen Goggadou & Vensterkrans.jpg
    Tussen Goggadou & Vensterkrans.jpg
    161.9 KB
  • Baviaanskrans - Ockertskraal area.jpg
    Baviaanskrans - Ockertskraal area.jpg
    140.9 KB
  • Driffies naby Ockertskraal.jpg
    Driffies naby Ockertskraal.jpg
    152.8 KB
  • Ockertskraal area.jpg
    Ockertskraal area.jpg
    124.9 KB
  • Omdraaityd.jpg
    Omdraaityd.jpg
    188 KB
  • Grootrivier.jpg
    Grootrivier.jpg
    138.4 KB
  • Ockertskraal na Mond-van-Pietsrivier area.jpg
    Ockertskraal na Mond-van-Pietsrivier area.jpg
    133.5 KB
  • T-aansluiting.jpg
    T-aansluiting.jpg
    141.1 KB
  • Van Wyksdorp - Ladismith pad.jpg
    Van Wyksdorp - Ladismith pad.jpg
    151 KB
Dis reg ChrisL, alles openbare/servituut paaie. 

By Goggadou / Vensterkrans maak jy hier en daar 'n hek oop, maar dis maar vir die manne se vee, ek het al van die boere daar raakgeloop en almal groet vriendelik.  Ek's nie 100% seker oor daai foto waar ek omgedraai het by die geslote hek nie (dis net bo die woord "Riversdal" op die kaartfoto).  Daar's 'n pad wat daarvandaan deurloop tot naby die Plathuis afdraai, en ek het gedog ek's op hom, maar agterna sien ek op Google Earth dat hy ietwat meer noord wegdraai, ek moes dit seker gemis het.  Natuurlik pla dit my nou verskriklik, dis van die min paaie in die omgewing wat ek nog nie gery het nie, ek wil weet hoe lyk dit daar!

Ek dink die Mond-van-Pietsrivier / Ockertskraal / Baviaanskrans is dalk 'n lekker afleiding vir ouens wat van Herbertsdale/Cloetespas af deurkom na die wêreld toe - hoogs aan te beveel!
 
    Nee man Jan,kyk hoe vryf jy dit nou in.Ek wou ook vanoggend n draai gaan ry,maar met YR.NO se voorspelling van 40mm. reen vir vandag,besluit ek om maar liewer te werk.Op die ou end was dit n heerlike ry-dag hier op Montagu met net so n paar druppeltjies hier en daar.Dis vir my onbekende paaie waar jy was,maar ek sal nog die somer n draai daar by jou maak.Wil ook gaan kyk waar Veldbrand besig is om nes te skop.Smaak my sy plek sal naweke besmet wees van Wild dogs.
 
Dagse Bokveld, ja ek het ook maar 'n kans gevat met die weer, en ten spyte van die laaste ent wat my bietjie gevang het was dit heel lekker!

Ek het Vrydag middag gaan kennis maak by Veldbrand-hulle, regtig aangename en opregte mense met 'n baie smart opset daar by Koedoeskloof Lodge, hier gaan die Honne nog lelik vashaak!  Daar kom selfs 'n parkeerarea net vir die skopfietse, en die kamp en braaiarea het lekker koeltebome met 'n praguitsig oor die berge.

Ek dink iewers in die nabye toekoms moet ons 'n span een naweek daar by Veldbrand bymekaarkry en in die dag gaan ry ons al hierdie weggesteekte paadjies in die kontrei.  My bakkie is altyd beskikbaar om agterna te kom met braaihout en verversings. :mwink:
 
      Dis n baie rein gedagte Jan,maar ons moet net plek op die bakkie oophou ingeval die ou Funduro my aflaai voor ek kan stop.Jy kan maar reel ;eks teenaan.
 
Ai, julle ouens in die Wes Kaap het darem baie mooi paaie.
 
Hi Jan  Dankie vir jou RR. Daardie paaie lyk fantasties en mooi omgewing.
Ry meer en neem fotos en wys jou omgewing vir ons.

Thanks
 
Dankie kêrels - ja die Klein Karoo is grondpad-paradys, kom ry hulle gerus as julle in die kontrei is.  :thumleft:
 
Dit klink na 'n plan!

Ek het klaar 'n lekker roete in gedagte  :pot: , daar egter ingesluit is 'n stukkie hier en daar wat ekself nog glad nie, of nog net jare terug met 'n bakkie gery het.  Veldbrand ek sal jou sê dan gaan "toets" ons eers eendag die roete?  Man wil nie met 'n groep by 'n toegesluite hek :BangHead: moet omdraai nie, of die pad het intussen 'n man-diepte donga gespoel nie.

Van nou tot die Worcester Bash is my naweke bietjie vas (bystand-diens, 5 jaar huweliksherdenking  :boxing:  :love8:, ens), maar dalk moet ons kyk na iewers in Desember/Januarie?  Ek sal julle op hoogte hou.
 
Top