Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dankie vir die saamlees ouens.  Was nogal lekker om vir 'n slag weer te kan fietsry in so 'n mooi omgewing.
 
Ons is die ander dag daar deur op spoed, ook maar gelukkiglik. Ek was so op my senuwees ons word gesien en dan weer hier uitgetrap dat ons nie gestop het nie. :imaposer: :imaposer:

Nee grap net, nou het ek darem meer gesien van waar ek was. Dankie vir die mooi fotos en report :thumleft:
 
Hehehe, ek lees lekker aan jou Moertoe RR.  Ja, mense kom al die pad uit Switserland kuier, one eie mense hou verby ;)
 
2 dinge hou ons verby... Ons kry nie bok tjops nie en daai modder pad...af en toe.  :imaposer:
 
Dorsland said:
Hehehe, ek lees lekker aan jou Moertoe RR.  Ja, mense kom al die pad uit Switserland kuier, one eie mense hou verby ;)

Ons uitnodigings is seker nog in die pos .  :imaposer:

Ons het nogal 'n plaas gesien met die naam Dorsland of iets , en Vaalbaas het juis omgedraai en gaan kyk of dit jou plaas is  , sal graag sien waar julle boer.  :thumleft: 

 
Rynet said:
Ons uitnodigings is seker nog in die pos .  :imaposer:

Ons het nogal 'n plaas gesien met die naam Dorsland of iets , en Vaalbaas het juis omgedraai en gaan kyk of dit jou plaas is  , sal graag sien waar julle boer.  :thumleft:  

Soos VB my beduie het, het julle seker die Oubergpas - Nieu-Bethesda grondpad gery.  Dan sou julle hierdie bordjie gekry het,  maar dissie ekke daai nie.

P9130024_zps80ec5657.jpg
 
:imaposer: Is net hy daai en nie ver daarvandaan het 'n waterbottel in die pad gelê :peepwall:, maar ek kom nog daarby in my storie ;)
 
Nou ja toe, ek gaan loer weer bietjie daar dat ek kan sien wat het jou so moeg gemaak dat jy sommer gaan lê het.  Lyk amper soos maandeinde op Nieu-Bethesda soos die manne in die pad loop en val.  :imaposer:
 
Nieu-Bethesda

Ek dink ons moet eendag in die toekoms n basherige bymekaarkom in Nieu-Bethesda hou, dis mos in die EC of hoe?
 
Oulike dorpie, geriewe is net effens skraps.  Maar dit hou die riffraff uit  :peepwall: :lol8:
 
Nouja, die rit het toe 'n nadraai met die gebraaiery saam met Rainer en Gabi wat kom kuier het.  Baie gawe mense en interessant om na die ervaringe en sieninge van dié wêreldreisigers te luister.  En hulle hét omtrent gereis.  Vir die afgelope 5 jaar nadat hy afgetree het, toer hulle letterlik die hele wêreld vol.  Kyk maar die plakkers op hulle panniers.


P1020916_zpshf9zn07b.jpg



P1020923_zpswup8iumf.jpg





En tipies Switsers, bring hulle hulle netjies kuierklere saam in die panniers en trek hulle mooi netjies vir die gebraaiery aan.  En bring sommer 'n lekker boks Lindt sjokolade saam as kuier geskenk.  Baie beskaafd en herinner aan 'n ander era wat skynbaar hier in ons eie land verlore geraak het.


Kyk bietjie dié oulike Nolan kletterpet wat ek vroeër in dié RR genoem het.


Sonder die kenstuk:

P1020919_zpsz0jffagu.jpg

.... en met hom:

P1020920_zpsm54xenjj.jpg



Wat ook vir my baie oulik is, is dat om die skerm af te haal, druk mens eenvoudig twee knoppies aan weerskante waar hy aan die kletterpet vasheg en dan kom die skerm (visor) los.  Baie oulik en eenvoudig.  Weet julle of dié model dalk hier by ons beskikbaar is?


P1020917_zpstztrlor0.jpg





Soos met alle dinge, moet daar ook 'n einde kom.  Daar gaat hulle alweer na 'n lekker kuier.

P1020918_zpsry62uzkh.jpg


P1020922_zpsyocozolp.jpg
 
Ek sien nie 'n Pofadder sticker nie.... die mense ry nie wyd genoeg nie lyk my. :imaposer:
 
woody1 said:
Ek sien nie 'n Pofadder sticker nie.... die mense ry nie wyd genoeg nie lyk my. :imaposer:

:lol8:  Hulle los seker die beste tot laaste dan ry hulle Pofadder en Brakpan om.  :peepwall: :imaposer:
 
Hulle is welkom in Brakpan...as hulle nou maar net 'n 'ANDER' fietsie gehad het.. :imaposer:
 
As afskeidspersent het ons vir hulle elkeen een van daai pepersproeikannetjies gegee vir hulle besoek aan Brakpan.  :imaposer: :imaposer:
 
silvrav said:
yis, maar daai dorpie is nogal fotogenies! baie mooi foto daai dors!  :thumleft:

Ek is nou nie 'n Photoshop deskundige nie maar lyk hy nie vir jou alreeds beter nie?  En bonus: op Allpay dae en maandeinde is die dorp sommer ook heel rustig.  ;)
 

Attachments

  • Graaff-Reinet retouch.jpg
    Graaff-Reinet retouch.jpg
    64 KB

Latest posts

Top