Die 15-maand-lange beginners RR

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Rooi Wolf

Pack Dog
Joined
May 23, 2013
Messages
491
Reaction score
79
Location
Nieuwoudtville
Bike
KTM 690 Enduro
Laat ek maar by die begin begin  :sip:

Op 'n vars lente oggend in 2012 gee Arrow Feather vir my sy XT se sleutel met daai grin op sy gesig.. Ek hoop die ou weet ek fight 'n hewige babelaas! "Toe, vat hom net vir 'n spin om die blok en kyk hoe voel dit.." Die man hou homself graag slim, maar ek reken daai oggend het hy deur my gesien! Net daar trap ek toe in die strik en 'n week later skaf ek my heel 1'e mouterbaaik ooit aan.

Met die nuwe masjien by die huis aangekom, sink die realiteit toe ook vinnig in: my somtotaal van ry ervaring op 'n bike was tot voor daai toetsrit nul. Ek sit boonop man alleen hier in 'n klein karoo dorpie, sonder 'n partner in crime. Die naaste makker wat ek kan opbel om saam vir 'n rit te gaan is 'n volle 4 ure weg! Maar ek was nog nooit 'n ou wat sulke klein detail tussen my en bietjie pret laat kom het nie..

Met al die nuut aangeskafde gear aan, onthou ek nog bitter goed hoe my hart geklop het in my keel toe ek my 1'e solo rit van 'n volle 10km aangepak het. Die sensoriese stimulasie was absoluut wonderlik, en ek het met een moerse glimlag aan die slaap geraak daai aand. Die glimlag het nog nie weg gegaan nie, en inderdaad net al groter en dieper geraak met tyd.

Om nog so bietjie agtergrond inligting te gee: Ek bly hier in die Hantam kontrei in 'n klein dorpie genaamd Nieuwoudville. 'n Absolute skat van 'n plek op die eskarpement, waar die Knersvlakte, die Hantam Karoo en die Cederberge bymekaar kom, Boesmanland en Namakwaland op ons agterstoep. Dit maak vir ongelooflike geografie en diverse biologiese sisteme waar eindelose vlaktes, klowe, bergpasse, uitsigte, blomme en plantegroei gretig wag om ontdek te word. Daar is uit die aard van die saak ook min mense hier rond en jy kan inderdaad binne slegs 'n paar minute se ry op plekke afkom waar daar geen tekens van samelewing is nie, kilometers se grondpaaie wat vra om gery te word.. 
 

Attachments

  • Nieuwoudtville (2).JPG
    Nieuwoudtville (2).JPG
    62.1 KB
  • Nieuwoudtville (3).JPG
    Nieuwoudtville (3).JPG
    88 KB
  • roadtrip in karoo (26).jpg
    roadtrip in karoo (26).jpg
    61.6 KB
  • karo roadtrip (27).JPG
    karo roadtrip (27).JPG
    54.3 KB
Jy bly in n pragtige deel van ons land , geniet daardie paaie.
 
Soos tyd verloop het, het die selfvertroue begin groei en die trippies het al hoe langer en meer gereeld geword. Ek het met vriende gepraat om tips te kry oor die nuwe stokperdjie. Ek het klomp opleeswerk gedoen op die forum en in boeke. En natuurlik het ek my local petrol stasie goed ondersteun, alles in die naam van ure in die saal op stapel.

Ek het myself gevind dat ek vir ure na ou bekende areas op kaarte sit en staar, terwyl nuwe detail daaruit opspring. Ek het nuwe roetes beplan oor berge wat ek gedog het ek ken. Daar het nuwe betekenis gekom aan ou woorde soos SAND / MODDER ensomeer. My vrou kon nie glo dat ek skielik so gereeld by swaertjie hulle wil gaan kuier op die plaas in Boesmanland nie.. (en nie meer met die bakkie wil ry nie!) Ek het  

Dinge het skielik 'n nuwe dinamieka gekry: die bakkie het stelselmatig al hoe meer onder die stoor se koelte gebly terwyl ek die bike se tank gaan vol maak het, net om hom weer leeg te ry, en dit die volgende week weer te doen...

     
 

Attachments

  • Botterkloofpas.JPG
    Botterkloofpas.JPG
    42.8 KB
  • Haakskeenpan (2).JPG
    Haakskeenpan (2).JPG
    47.2 KB
  • Nieuwoudtville-20130825-00554.jpg
    Nieuwoudtville-20130825-00554.jpg
    85.9 KB
  • Kobee.JPG
    Kobee.JPG
    52.4 KB
  • Goeie ou Afrikans!.jpg
    Goeie ou Afrikans!.jpg
    56.3 KB
So tussen al die ry aksie deur, het ek stelselmatig ook begin leer van onderhoud op die fiets, filters en olie ruil, ketting en sprockets vervang, swing arm se boute diens en grease, bearings inspekteur, en natuurlik die ewige tyres omruil. Ek het op youtube videos gekyk van hoe ruil mens 'n buiteband om, maar dit kon my nie rerig voorberei vir die ware jakob nie, en ek het inderdaad 'n hele paar keer my binneband stukkend geknyp in my 1'e paar pogings, maar aanhouer wen, en ek kan dit nou al redelik suksesvol en vinnig doen, selfs in die veld!

Ten spyte van al my solo trips deur het ek darm die geleentheid gehad en gemaak om saam 'n paar makkers stof te gaan opjaag.. Dit is ongelooflik wat ek as beginner by die ou honne kon leer: van tegniese kennis en tips oor power slides, tot keuse van bande en fietse, die klein en fyn detail van throttle control, rat keuse, spoed wat moet reg wees voor 'n draai of 'n tegniese deel in die pad. Hoe ek geleer het om my instinkte tee te gaan die 1'e keer toe ek sand konfronteer, en actually moes stadig vet gee in plaas van rem. Daai warm gevoel in jou hart toe ek agter kom watse verskil maak dit om te staan en effektief jou gewig en balans te kan verplaas en hoe die fiets daarop reageer..

 
 

Attachments

  • Namakwa sonsak.JPG
    Namakwa sonsak.JPG
    44.9 KB
  • Boesmanlan Koelte.JPG
    Boesmanlan Koelte.JPG
    54.4 KB
  • Kenhardt lafenis...JPG
    Kenhardt lafenis...JPG
    66.5 KB
  • Spanwerk.JPG
    Spanwerk.JPG
    59.4 KB
Noudie dag met die fiets se skoonmaak sessie kom ek agter dat ek na 15 maande van rond rits al op die agter paaie langs, al 12 000 km in die saal gesit het, waarvan miskien 2000 daarvan op teer was. Ek werk op olie bore die wereld vol, en ek was vir omtrent 6 van daai 15 maande land uit gewees.. So al daai klein trippies aan die begin, het mooi bymekaar begin kom. Die lesse wat ek geleer het sover en die tye saam vrinne op die stof  paaie het my eintlik net 1 ding laat besef: Ek voel nou eers gemaklik en honger vir nog! :thumleft:
 

Attachments

  • Oubergpas.JPG
    Oubergpas.JPG
    44.2 KB
  • Bloukranspas.JPG
    Bloukranspas.JPG
    51.1 KB
  • Haakskeenpan.JPG
    Haakskeenpan.JPG
    51 KB
  • Gifberg.JPG
    Gifberg.JPG
    51.2 KB
  • Twat suite...JPG
    Twat suite...JPG
    55.3 KB
Ek laaik.

Jy skryf lekker en jou fotos is great.

Gooi nog.
 
Wolfman, is jy 'n skrywer van beroep? Ek dink menige  manne vereenselwig hulle met jou uitstekende RR.
 
Stem saam daars niks beter as om net uit te kom en te ry en nuwe plekke te sien. thanks for sharing the RR
 
Naaste rymaats 4 ure van jou af?!! :eek7:

Hoe moet die WD's in Vredendal en Hinksding in Loeriesbaai nou voel? Hulle is
op jou voorstoep. :deal: ;)

Paar mooi foto's :thumleft:
 
Wel gedaan Rooi Wolf , jou storie gryp n mens sommer reg in die begin , hou van die mooi fotos , geniet daai KLR  :thumleft:
 
Ja oom Chris, daai was begin dae toe daar niemand was om te bel nie.. Intussen het ek darem al so paar van die ouens ontmoet.

Ek het selfs so paar ouens op die dorp bekeer, wat self ook nou al kom saam stof opjaag!
 

Attachments

  • Molopo loop.JPG
    Molopo loop.JPG
    92.8 KB
Ja nee, hoekom weet ons nie van mekaar nie, ons ry gereeld daai rigting..
 
Baie mooi, ek wens ek het nog nooit in my lewe bike gery, en kon nou weer deur daardie wonderwereld van 1ste gewaarwordings gaan. Soos toe ek 15 was, honderd jaar terug.
 
Sjoe, jy klink beter as Nieuwoudtville se toerisme beampte. Great post. Laat rol met nog.
 
Ja, jy het inderdaad 'n lekker-lees skryfstyl en dan neem jou nog mooi fotos ook.  :thumleft:

Hier wil ek inteken. 
 
Top