Die 3 en 'n half jaar laat honeymoon trip

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dis nou 'n lekker lees trip  :thumleft:
Ek gaan saam op hierdie honeymoon  :imaposer:
 
skydiver said:
Dis nou 'n lekker lees trip  :thumleft:
Ek gaan saam op hierdie honeymoon  :imaposer:

solank jy nie later moegraak vir lees en uitval nie  :thumleft:

Hier vat ons 'n visburgertjie, kos vir die brein, na ons brainfreeze "kom ons gaan stap" oomblik
 

Attachments

  • WP_20151215_051.jpg
    WP_20151215_051.jpg
    61.7 KB
En kyk hoe lekker lees ek dan nou op hierdie Donderdag-môre ................... :thumleft:
Baie goeie RR Lem en n lekkerlees skryfstyl ..............  ;)
 
Dag 3 - vervolg

Met innerlike versterking agter die blad is ons gereed vir die volgende drie besienswaardighede....nog 'n waterval   :imaposer:

Hierdie keer darem so te se in die dorp. Het so 5 minute tot by hom gestap deur die dorp se Arboreteum...dis 'n tuin sonder blomme, maar net met bome. Hierdie watervalletjie se naam is 39 Steps.

Na 39 Steps is ons weer Suidwaarts na Away With the Fairies Backpackers toe. Dit is hier waar ons CUZZY se XR650 geparkeer sien staan het, hy het sy ride report gister geskryf...gaan check it uit  :thumleft:

Away With the Fairies is nou weer op die Oostelike gorge van die berg gelee  en wat hom nou weer uniek maak is die plek waar jy kan gaan bad. Kompleet met 'n warmwaterdonkie wat jy kan stook en al kan jy hier sit en ontspan en seker 50 kilometer ver in die verte in staar. Jmol bel my die aand en ek se ons was daar...."O ja, daai dagga plek", skerts hy.

Oppad huiswaarts na The Edge sien ons die bordjies na die Eco Shrine, op die kleinhoewe reg langsaan. Ons besluit om in te draai en te gaan kyk waaroor dit gaan. Een van my facepalm oomblikke van die trip.

Ons word gegroet deur n baie vriendelike dobermann & so 'n hoogs Engelse Antie. Dit is haar standplaas en sy is 'n kustenaar. Haar lewensmaat is 'n fotograaf wat die sterre afneem. Nou sy het as toerisme attraksie 'n soort van Suid Afrikaanse Stonehenge beeldhouwerk opgerig waarbinne sy skilderye uitstal. Sy vertel jou dat haar werk 'n mengsel is van "scientific fact" & "the great religions of the world". Sy vertel vir ons presies hoe lank gelede en hoe die aarde ontstaan het en sy beeld dit uit in haar skilderye. Sy gaan ook tekere oor hoe die westerse wereld met sy winsbejagte ekonomie net uit die aarde vat en vat en niks teruggee nie. Ook dat die Xhosas al eeue gelede die beginsel van "sustainable echoism" verstaan en vervolmaak het en dat ons generasie soveel by hulle kan leer.

Ek het naderhand begin wonder of sy nie ook van daai lekker mushrooms in haar tuin het nie, want die Xhosas van my generasie is versot daarop om Westerse rykdom so vining as moontlik te bekom en hulle skroom nie om seker te maak dat almal dit sien nie. Dis net kaalgeskeerde koppe, BMW's, Merc's, Audi's & Range Rovers, Prada shades & handsakke waar jy kyk.

Ek vind dit ook ironies dat vir die seminaar wat ek gekry het oor Westerse gulsigheid en White Privelage dat ek moes R 60 van my Westers verdiende geld moes betaal aan iemand wat 'n kleinhoewe op 'n berg met uisigte oor die drie varkies deur haar "white privelage" bekom het. Meng dit met "scientific fact" wat in die laaste 50 jaar ook maar nog oor bespiegel word, skilderye oor moeder natuur met fetusse en aliens in haar maag en jy sit met iets wat nie werklik in my smaak val nie. Anyway...dit hou haar potte aan die kook sodat sy darem ook met die geboude pad met haar westerse motor wat die lug besoedel kan Foodzone toe ry en nie soos die Xhosas hoef te gaan 'n bosvark jag met 'n spies om aan die lewe te bly nie.

Terug by The Edge was dit tyd om dinge bietjie rustig te begin vat. Vanaand gaan ons nou braai!

Ons het die vorige aand paar varktjops by Foodzone gekry saam met 'n Werda aartappelslaai. Op 'n bike trip koop jy mos ook wat jy nodig het om spasie te spaar so ons koop nie 'n botteltjie braaisout nie, maar wel hierdie Roberstons sakkies. Die pakkie wat ek gekies het was lekker, maar hyt 'n lekker byt op hom gehad.

Ten spyte van moee voete was dit 'n lieflike dag op Hogsback.

Ons  moes ons beauty sleep inkry....more is ons in vir 'n treat

1) Anmar by die bord met die woord wat ek nie lekker kan uitspreek nie...."abboritimimum"
2) 39 Steps
3) "O die donkie is 'n wonderlike ding"
4 & 5) Bad met 'n view
6&7) Eco Shrine
8) Hoe jy voel na jy by die Eco Shrine was
9) Stukkie verfblik folk art

 

Attachments

  • WP_20151215_052.jpg
    WP_20151215_052.jpg
    96.7 KB
  • WP_20151215_078.jpg
    WP_20151215_078.jpg
    69 KB
  • 1918304_966498956730945_8142299062634575232_n.jpg
    1918304_966498956730945_8142299062634575232_n.jpg
    33.4 KB
  • WP_20151215_083.jpg
    WP_20151215_083.jpg
    92.2 KB
  • WP_20151215_081.jpg
    WP_20151215_081.jpg
    146.4 KB
  • WP_20151215_077.jpg
    WP_20151215_077.jpg
    64.9 KB
  • WP_20151215_074.jpg
    WP_20151215_074.jpg
    74.6 KB
  • WP_20151215_072.jpg
    WP_20151215_072.jpg
    78.7 KB
  • WP_20151215_063.jpg
    WP_20151215_063.jpg
    78.8 KB
Hel man maar jy skryf darem lekker Louis :thumleft:
 
Hiers nog dag 3 hoogtepunte

1) Black Label....want 7 miljoen myn.....(julle ken die rympie)  :imaposer:
2) let op die gebruik van "Strikers" ...want om 'n pak blitz tussen jou klere weg te steek gaan alles na lampolie laat stink. Strikers is egter useless as jy nie droee dunhout het nie.
3)  One good turn deserves another
4) Ons vat bietjie hog in Hogsback
5) Eina, my bek brand!
 

Attachments

  • WP_20151215_086.jpg
    WP_20151215_086.jpg
    56.5 KB
  • WP_20151215_087.jpg
    WP_20151215_087.jpg
    44.7 KB
  • WP_20151215_088.jpg
    WP_20151215_088.jpg
    52.4 KB
  • WP_20151215_089.jpg
    WP_20151215_089.jpg
    29.9 KB
  • WP_20151215_090.jpg
    WP_20151215_090.jpg
    55.1 KB
Dag 4 - Hogsback na Old Thomas River en terug. +- 210km "In flight with the Fish Eagles"

Oor die jare op die forum is daar mos sommige mense wie jy oor en oor op dieselfde threads raaklees. Toe die Vis Arende op hulle 2015 Namibia trip met die Karretjie daar naby ons in die Kaap kom draai het was ons ongelukkig uit na 'n ooievaarstee op Villiersdorp, so ons het uitgemis op 'n eerste ontmoeting met hierdie twee legends asook die samesyn oor een van Gouda se skaapkoppe.

So nou met ons wat in die middel van die Ooskaap kom rondhang, toevallig met 'n bike nogals en eintlik glad nie weet waarheen nie moes ons bietjie versterkings inroep. En wie nou beter om jou as toerleiers deur hul agterpaaie te neem as Die Visarende?

In hierdie sport van two-up toer met 'n motorfiets praat ons nou van om skouers te skuur met die groot kannonne.

Ons sou nie die geleentheid laat glip nie, dit was tyd om gesig by naam te sit en hierdie ontmoeting is reeds weke vooruit gereel. Ons spreek af vir 16 Desember, Geloftedag. Beide die Arende is van diens af en hulle is gereed vir gatskuur.  Die vorige aand voor my vuurtjie spreek ons met 'n Whatsapp af..."kry julle moreoggend 08h00 by die garage"

Omstreeks 07h55 kom ek en Anmar met die grondpaadjie van The Edge af gery en soos ons die dorp binnekom staan die blou Super Tenere reeds reg vir aksie. Soos ons groet is Nannie reeds gewapen met haar kamera en Louis haal daar 'n pak kaaskrulle uit die topboks uit vir breakfast.

"Ons gaan dit nou lekker rustig vat met julle vanoggend", se Uncle Vis voor ons vertrek. Ek se "dis reg, ek volg julle, ek gaan net bietjie terughang vir die stof."

Ons vertrek weer op dieselde Madonna&Child paadjie van gister en ons hou verby deur die Hogsback State Forest waar ons by 'n pragtige watervalletjie stilhou.

Sjoe, as ek geweet het van hierdie een het ek nie gister my malle verstand af gestap nie.

Na die watervalletjie kronkel die grondpaadjie deur die woud, asook die aangeplante denneboom woud en onmiddelik kom ek twee dinge agter. Een, ons ry nou deur die ou Ciskei. Dis net beeste, bokke en brandsiek honde in die pad waar jy kyk.

Twee....daai Louis Roux duusman KAN 'n motorbike ry  :ricky: Die oomblik wat ek uit sy stof uit is is hulle so goed soos weg.

Hy is nie jou gemiddelde weekend warrior, geklee in 'n BMW babygrow wat sy Countrytrax sertifikaatjies in sy kantoor uitstal nie. Nee, hierdie man het geleer op die grondpaaie van Suidwes. En sy vrou gaan orals saam.

By Sandile Dam staan hulle ons en inwag. Nannie kniel agter die kamera soos 'n spietkop en Louis staan en rus op die damwal met sy sigga. Hy vertel my van so 'n 4x4 roetetjie daar naby wat hy en Nannie al met die Super Tenere by uit is.

Net na Sandile dam vang ons nog 'n grondpad na Keiskammahoek waar ons weer in Stutterheim se rigting indraai. Hierdie area is ryk aan plantasies en die pad is vol draaie. Ek en Anmar slaan so 'n goeie ritme op die pad en kort voor lank staan die Arende by die afdraai na Gubu Dam.

Deur die vervalle dorpies en statte heen is hierdie plek 'n oase. Dit is 'n dagkampeerarea by 'n dam in die middel van 'n denneplantasie. Daar is ook 'n hengelklub en besoekers moet by die hek 'n dagpermit uitneem. Die piekniekplek en badkamers is pynlik netjies, ons was sommer baie honger en spyt ons het nie iets gehad om vining te braai nie. Miskien as die Arende met die Karretjie gery het... :deal:

Na Gubu dam is dit 'n kort en vinnige skof na Stutterheim waar ons weer by die N6 teerpad na Cathcart aansluit.

Dit is 'n pragtige teerpad wat baie herrinner aan die Overberg se N2, daai bulte en draaie rondom Houw Hoek, Boontjieskraal en Caledon.

Uncle Vis hou die Super-ten se oor gedraai en wys vir my ek moet langs hom inkom vir 'n foto. Dis nou alles teen so 150kph  :ricky: Ek moes omtrent my ou 800tjie se nek omdraai, maar die foto is darem geneem.

Ons arriveer by Old Thomas River...die dorpie waarvan ek reeds in 2012 gelees het tydens my herstel van my ongeluk. Dit was beslis vir my dus 'n "dankie Liewe Jesus" oomblik dat ek uiteindelik daar kon wees.

Maar voor die groot rondloop deur die museums moes ons eers eet.

Om daardie tafel is daar baie stories en staaltjies oor ons wildkyk road trips en hulle Suidwes bike trips uitgeruil.  

1) Ons vertrekpunt...die Hogsback Ultra City  :lol8:
2) Die watervalletjie wat maklik was om te kry
3) Nannie snap ons in spietkop mode net buite Sandile Dam
4) een, twee, drie.... aaaaahhhwww
5) Die regte tools vir die job
6) Gubu Dam
7) Op volle vaart daar buite Stutterheim
8) Black Angus beef burgers by Thomas River.


 

 
 

Attachments

  • WP_20151216_006.jpg
    WP_20151216_006.jpg
    130 KB
  • 12376825_10201112798939738_2600929654316915881_n.jpg
    12376825_10201112798939738_2600929654316915881_n.jpg
    117.7 KB
  • 12347653_10201112798019715_5835289678376234095_n.jpg
    12347653_10201112798019715_5835289678376234095_n.jpg
    108.2 KB
  • WP_20151216_008.jpg
    WP_20151216_008.jpg
    128.4 KB
  • 12348140_10201112793859611_7809485542080257482_n.jpg
    12348140_10201112793859611_7809485542080257482_n.jpg
    120.6 KB
  • 12391943_10201112795819660_7423017267804841957_n.jpg
    12391943_10201112795819660_7423017267804841957_n.jpg
    104.7 KB
  • 12321538_10201112791939563_5507953327206649664_n.jpg
    12321538_10201112791939563_5507953327206649664_n.jpg
    168.5 KB
  • 12391871_10201112787859461_3277322401909435036_n.jpg
    12391871_10201112787859461_3277322401909435036_n.jpg
    89.7 KB
Dag 4 - vervolg

Na middagete begin ons die deurloop. Ons begin by die belangrike sake....die museum vir automotive goeters.

Die fotos is maar meestal selfverduidelikend, maar ek moet darem bietjie uitwei oor die groot rede hoekom ek soontoe gegaan het.

Dit is om in daai Messerschmitt KR 200 te gaan klim. Vir vier jaar al sien ek net die fototjies, maar ek het nog nooi een in lewende lywe gesien nie. Hierdie karretjies is so tussen 1955 en 1964 vervaardig.

Ek weet hier is 'n paar Mercedes-Benz aanhangers op die forum, Thomas River het 'n aparte Merc stoor. 

Dan is daar ook 'n paar Peugeot 404s, paar engelse goed en die 1929 Rugby Camper Van. Hy word gedokumenteer as die oudste lopende camper van in die wereld. Hys kompleet met yskassie, beddens, skeerkassie en wasbakkie.

Wat my ook fassineer van die versameling is die outydse gereedskap, toestelle en masjinerie. Soveel van dit was handgemaak of vanuit 'n smeltkroes gegiet.   


 

Attachments

  • WP_20151216_13_24_09_Pro.jpg
    WP_20151216_13_24_09_Pro.jpg
    81 KB
  • WP_20151216_029.jpg
    WP_20151216_029.jpg
    93.9 KB
  • WP_20151216_039.jpg
    WP_20151216_039.jpg
    83.9 KB
  • WP_20151216_037.jpg
    WP_20151216_037.jpg
    92.2 KB
  • WP_20151216_13_10_14_Pro.jpg
    WP_20151216_13_10_14_Pro.jpg
    45.9 KB
  • WP_20151216_13_22_41_Pro.jpg
    WP_20151216_13_22_41_Pro.jpg
    67.8 KB
  • WP_20151216_13_16_25_Pro.jpg
    WP_20151216_13_16_25_Pro.jpg
    82.2 KB
  • WP_20151216_13_15_56_Pro.jpg
    WP_20151216_13_15_56_Pro.jpg
    37.5 KB
  • WP_20151216_13_06_01_Pro.jpg
    WP_20151216_13_06_01_Pro.jpg
    65.8 KB
  • WP_20151216_13_03_32_Pro.jpg
    WP_20151216_13_03_32_Pro.jpg
    102.3 KB
Die mooi man-cave items le orals oor die perseel en ons stap aan na die volgende stoortjie.

Dit is die kultuurmuseum waar besoekers bewus gemaak word van die omgewing se geskiedenis van die boesmans en daar is 'n paar nagemaakte tekeninge teen die kleimure gedemonstreer.

In hierdie hokkie kom ons ook af op 'n baie unieke skaakstel. Dis die pre '94 politici wat speel teen die post '94 SA politici. Op Konings is dit ou FW & Madiba. Op koningin is dit Tannie Evita & Winnie Madikizela Mandela. Biskoppe is Pik Botha & Biskop Tutu. Perde is Eugene Terre'Blanche en Buthelezi. Op kastele is PW Botha & Jay Naidoo (hy was mos die gravy train se minister sonder portfeulje  :imaposer:)
Pionne is die ou 80's polisie en Mkonto We Sizwe.

Hierna beweeg ons na die waensstoor waar daar tientalle perdewaens uitgestal staan. Ek is egter nou weer meer geinteresseerd in al die spoorweglampe en die huishoudelike toebehore.

Thomas River was voorheen 'n spoorwegstasie en die stasie en sy buitegeboue is voorheen bewaak deur soldate in sulke klein klipfortjies.

 
   

 

Attachments

  • WP_20151216_093.jpg
    WP_20151216_093.jpg
    71.3 KB
  • WP_20151216_086.jpg
    WP_20151216_086.jpg
    61.7 KB
  • WP_20151216_13_42_35_Pro.jpg
    WP_20151216_13_42_35_Pro.jpg
    83.1 KB
  • WP_20151216_13_43_22_Pro.jpg
    WP_20151216_13_43_22_Pro.jpg
    101.5 KB
  • WP_20151216_13_41_31_Pro.jpg
    WP_20151216_13_41_31_Pro.jpg
    91.5 KB
  • WP_20151216_071.jpg
    WP_20151216_071.jpg
    81.9 KB
  • WP_20151216_13_34_28_Pro.jpg
    WP_20151216_13_34_28_Pro.jpg
    46.8 KB
  • WP_20151216_13_32_44_Pro.jpg
    WP_20151216_13_32_44_Pro.jpg
    73.1 KB
  • WP_20151216_13_31_21_Pro.jpg
    WP_20151216_13_31_21_Pro.jpg
    54.8 KB
  • WP_20151216_072.jpg
    WP_20151216_072.jpg
    83 KB
nog so paar laaste Thomas River hoogtepunte
 

Attachments

  • WP_20151216_112.jpg
    WP_20151216_112.jpg
    54.6 KB
  • WP_20151216_108.jpg
    WP_20151216_108.jpg
    75.6 KB
  • WP_20151216_023.jpg
    WP_20151216_023.jpg
    116.9 KB
  • WP_20151216_104.jpg
    WP_20151216_104.jpg
    72.2 KB
  • WP_20151216_13_58_33_Pro.jpg
    WP_20151216_13_58_33_Pro.jpg
    110.1 KB
  • WP_20151216_098.jpg
    WP_20151216_098.jpg
    52.9 KB
  • WP_20151216_096.jpg
    WP_20151216_096.jpg
    72.9 KB
  • WP_20151216_13_46_13_Pro.jpg
    WP_20151216_13_46_13_Pro.jpg
    64.1 KB
Die oomblik om die Visarende die groetwoord te gee breek aan en ons moet weer terugkeer na Hogsback vir ons laaste aand.

Maar voor ons vertrek verduidelik Louis eers vir my dat hulle nou teerpad vat en hoe ek moet terugry. Hy gee vir my sulke ChrisL instructions.... :deal:

"jy gaat nou hier uit soos ons ingekom het, dan as jy by die grootpad kom draai jy links, Cathcart toe. Net so voor jy Cathcart binnekom, jy sal sien jys al naby draai jy weer links. Dan ry jy net 'n paar honder meter op hom uit voor jy weer 'n grondpad na links kry. Kyk mooi, want op hierdie pad ry jy nog so 6 km voor jy weer links draai. Dan hou jy met daai pad net reguit aan tot jy later weer links draai vir Hogsback. As jy nie links draai nie gaan jy verbyhou Seymore toe...en daai pad wil jy nie ry nie. So dis links, links, links, links en weer links :imaposer:

" Ek dink ek het hom so, Uncle Vis"  :ricky:

Oppad terug loop die roete presies soos Vis Arend gese het, maar daai paaie is maar baie uitgery. By die 4de links bereik ons 'n fantastiese pad, dis soos die kersie op die koek vir 'n wonderlike dag. Jy ry deur 'n streek genaamd Happy Valley en ek was beslis happy na daai 6km van tande kners voor dit.

In die Happy Valley kom ons af op 'n paar vreemde verskynsels. Soos die boer wat sy Vaaljapie trekkertjie vir dekoratiewe doeleindes op 'n paal opgehys het. Daar was ook 'n pragtige ou kerkie. Op hierdie mooie pad ry jy by die groot melkplase deur eikeboomlanings van 200-300 meter lank op 'n slag.  Ons was stoksielalleen op hierdie pad en ons kon sommer op enige lukrake plek stilhou om die natuurskoon te waardeer.

Net so 5km voor Hogsback draai ek die laaste keer weer links  :lol8:    

Ons betree Hogsback van die sy noordekant af en ons hou stil by die pragtige kerkie, St Patricks on the hill. Ek het so bietjie opgelees oor hierdie klein klipkerkie...dit is die kerk waar die eerste vroulike leraar in SA gepreek het.

 

Attachments

  • WP_20151216_15_17_01_Pro.jpg
    WP_20151216_15_17_01_Pro.jpg
    30.1 KB
  • WP_20151216_113.jpg
    WP_20151216_113.jpg
    77.8 KB
  • WP_20151216_129.jpg
    WP_20151216_129.jpg
    91.7 KB
  • WP_20151216_132.jpg
    WP_20151216_132.jpg
    117.8 KB
  • WP_20151216_141.jpg
    WP_20151216_141.jpg
    78.4 KB
  • WP_20151216_142.jpg
    WP_20151216_142.jpg
    23.7 KB
  • WP_20151216_143.jpg
    WP_20151216_143.jpg
    115 KB
  • WP_20151216_16_23_24_Pro.jpg
    WP_20151216_16_23_24_Pro.jpg
    50.8 KB
  • WP_20151216_139.jpg
    WP_20151216_139.jpg
    108.6 KB
Na die wonderlike dag uit saam met die Visarende was dit skielik weer koud toe ons Hogsback binnekom.

Ons het gou gaan 'n bier drink by The Edge se restaurant om te help reflekteer op hierdie awesome dag. As enige van julle Ooskapenaars ooit met 'n kar Kaap toe kom, bring asb vir my n kis van daai Emerald Vale Gold Ale saam asb. Dis hemels!

Ons het egter steeds besluit om te braai en die proviant uit die yskas te kry, ons kon dit tog nie saamvat nie. Ek het vir ons boereworsrolle gebraai terwyl dit saggies gereen het. Ons het immers genoeg hout nog gehad ook, so binne die kothuisie het Anmar die kaggel aan die stook gekry.

Dit was die perfekte dag

More groet ons Hogsback en ons draai die voorwiel terug Weswaarts.  :thumleft:
 

Attachments

  • WP_20151216_153.jpg
    WP_20151216_153.jpg
    49.2 KB
  • WP_20151216_19_44_00_Pro.jpg
    WP_20151216_19_44_00_Pro.jpg
    67.4 KB
  • WP_20151216_19_26_00_Pro.jpg
    WP_20151216_19_26_00_Pro.jpg
    35 KB
  • WP_20151216_16_47_39_Pro.jpg
    WP_20151216_16_47_39_Pro.jpg
    48.1 KB
  • WP_20151216_154.jpg
    WP_20151216_154.jpg
    50.8 KB
Lem dit is nou ons tipe reis joernaal, ek is mal oor jou taal gebruik en skryfstyl. Jou foto' is baie mooi.
Bly julle het ook die Visarende ontmoet, hulle is regtig inspirerende mense en 'n bibilioteek vol kennis en ondervinding :thumleft:
 
Man from Nam said:
Lem dit is nou ons tipe reis joernaal, ek is mal oor jou taal gebruik en skryfstyl. Jou foto' is baie mooi.
Bly julle het ook die Visarende ontmoet, hulle is regtig inspirerende mense en 'n bibilioteek vol kennis en ondervinding :thumleft:

Baie dankie :thumleft:

Ek geniet dit so baie om te skryf, soms raak ek lekker weggevoer. By the way...was julle nie ook onlangs hierdie kant van die grens nie?
 
Dag 5 - Hogsback na Stormsriviermond 450km - "going back west"  :lol8:

Daai reentjie van my braaivleisvuur het toe sommer so saggies vir die hele nag aangehou. Dis Donderdagoggend en die tuinery op The Edge is papsopnat.

Dis vroegoggend en ons pak solank in vir nog 'n lang dag op die pad. Ons is ietwat hartseer om ons huisie by Hogsback prys te gee, maar vandag is ons oppad na die vierde missie van die trip en om in die ander mooiste plek in SA tuis te gaan...Stormsriviermond.

Met die afry teen Hogsback se pas vat ons ons tyd, ons stop selfs vir 'n foto onder die boom-afdakkies. Alice vlieg in n oogwink verby, maar ons moet intrek by Fort Beaufort om weer vol te maak. Plaas dat ek sommer by die kleiner garagie aan die Alice kant volmaak, maar nee, ek ry deur tot by die groot Total. Dis Desembermaand...en ons trek in by 'n versamepunt vir die taxi roete na Queenstown. Die plek is so vuil, die hoenderbene is in die potplante. Na ek die 800 volmaak pas ek die bike soos goud op terwyl Anmar die onaangename taak gehad het van om badkamer te moet besoek. Maar voor ons ons kon kry is ons weer op die pad, daardie selfde lieflike pad af na Grahamastad. Ons besluit om toe met hoe verwagtinge vir 'n mooi plekkie te gaan stop vir koffie in Grahamstad.

Vir 'n donderdagoggend woel die dorp. Dit val ons egter op dat daar oral verskeie pragtige kerktorings uitsteek en ons gaan stel ondersoek in. Die argitektuur van Grahamstad het ons soveel verstom dat dit vir ons gevoel het ons is nou in middestad Kaapstad. Ons kan egter nie die kans waag om die bike alleen te los nie, so ons parkeer voor die Steers waar ons gestop het vir koffie. Die Steers is in die sakekern en dus ook omring met die mooiste ou geboue. Ek kon 'n  draaitjie gaan loop om dit alles in te drink.

Daar was nog 'n lang tog oor en ons kon nie te lank bly nie. Vir "brunch" het ons op aanbeveling van die Visarende met die N2 deurgeskiet tot by Nanaga Padstal. Die plek was besig en ek wou nie die bike alleen los nie, toe gaan koop ons 'n roosterkoek op wegneemete en ons plak soos twee bergies voor die padstal onder die bome neer vir 'n piekniek. Nanaga speel nie met die konfyt en kaas nie, so teen slegs R 15 was hierdie roosterkoek 'n helse bargain!  

Voorwaarts na Port Elizabeth vir die vierde missie....om op Old Cape Road af te draai. Ek kies die eerste, beste garage vir volmaak en ons werk agterkant PE om tot waar die pad net bo-oor die N2 kruis vir die begin van Van Stadenspas. As kind onthou ek nog die PPC sement tv-advertensie en ek wou bitter graag daardie einste foto gaan neem.



 

Attachments

  • WP_20151217_021.jpg
    WP_20151217_021.jpg
    117.2 KB
  • WP_20151217_018.jpg
    WP_20151217_018.jpg
    80.8 KB
  • WP_20151217_016.jpg
    WP_20151217_016.jpg
    43.8 KB
  • WP_20151217_017.jpg
    WP_20151217_017.jpg
    45 KB
  • WP_20151217_013.jpg
    WP_20151217_013.jpg
    36.2 KB
  • WP_20151217_09_50_22_Pro.jpg
    WP_20151217_09_50_22_Pro.jpg
    41.4 KB
  • WP_20151217_008.jpg
    WP_20151217_008.jpg
    70 KB
  • WP_20151217_09_43_46_Pro.jpg
    WP_20151217_09_43_46_Pro.jpg
    55.6 KB
  • WP_20151217_002.jpg
    WP_20151217_002.jpg
    72.8 KB
  • WP_20151217_001.jpg
    WP_20151217_001.jpg
    156.7 KB
Na Van Stadens bly ons sommer op die ou pad, want dit is grafstil en ons kyk hoe al die lorries en taxis langsaan op die N2 jaag. Ek bring my spoed af na so 100km/h en kom in so 'n ontspanne cruising bui. Die myle seil verby en ons bereik die Gamtoosrivier se lang enkelbaan brug, Jeffreysbaai en by Humansdorp stop ons weer om die bene te rek.

Op die ou end ry ons die ou pad tot waar ons ongelukkig van hom moet afklim. Ek dink die bosboustasie se naam is Witelsboom waar jy weer op die N2 moet klim, maar dan is jy reeds naby aan Storms River Village.

Die rug van die afstand vir die dag was nou gebreek...tyd vir 'n milkshake by Marilyn's Diner. Lemon Meringue vir Anmar, Blueberry Cheesecake vir my. Hier knoop ons 'n geselsie aan met mede bikers...hulle is dalk op die forum? Ek dink die man se naam Dave...hulle is van Gauteng en kamp jaarliks in Plett, maar hulle bring hul bikes saam. Beide is groot entoesiaste en daar word genoem dat hy twee Harleys, Honda XR650, KTM 690 en verkeie Yamaha Enduro fietse in sy stal het. Is hulle dalk op die forum?  

Lyk my hy was baie bly om my te lewend te sien, want toe hy sien ek ry n 800 het hy redelik moeite gedoen om vir my te vertel watter treurige stuk stront ek gebruik om hierdie reis mee aan te pak...nogals met my vrou agterop, uiters onverantwoordelik. Ek kry 'n 15 minuut seminar oor alles wat swak is op 'n 800 BMW en dat hy vele mense ken wie in hospitale wakker geword het na ritte op hulle. Dave....as jy hierdie lees...ek het dit gemaak tot by die huis, in een stuk nogal :thumleft:

Ek gaan betaal die milkshakes en ons moet nog aanstaltes maak na ons huisie in die Nasionale Park. Dinge verloop vlot en ons het selfs nog energie oor om te gaan stap tot by die hangbrue en terug. Yep, daar stap ons al weer  :lol8:

Aandete....Vis & Chips op die deck by Cattle Baron waar die see bykans onder ons uitspoel. Happiness! Met die trip wat begin einde se kant toe staan het ek en Anmar n hond uit 'n bos gekuier en gesels daar buite op die deck.

Mans...neem jul vrouens Stormsriviermond toe en bly in 'n oulike forest hut. Dit tel meer punte as wat dit kos.  :deal:        
 

Attachments

  • WP_20151217_15_44_04_Pro.jpg
    WP_20151217_15_44_04_Pro.jpg
    114.6 KB
  • WP_20151217_14_55_58_Pro.jpg
    WP_20151217_14_55_58_Pro.jpg
    48.3 KB
  • WP_20151217_14_56_06_Pro.jpg
    WP_20151217_14_56_06_Pro.jpg
    43.9 KB
  • WP_20151217_15_42_59_Pro.jpg
    WP_20151217_15_42_59_Pro.jpg
    85.3 KB
  • WP_20151217_15_44_34_Pro.jpg
    WP_20151217_15_44_34_Pro.jpg
    139.3 KB
  • WP_20151217_16_27_39_Pro.jpg
    WP_20151217_16_27_39_Pro.jpg
    79.9 KB
  • WP_20151217_035.jpg
    WP_20151217_035.jpg
    129 KB
  • WP_20151217_044.jpg
    WP_20151217_044.jpg
    130.3 KB
  • WP_20151217_074.jpg
    WP_20151217_074.jpg
    27.4 KB
  • WP_20151217_075.jpg
    WP_20151217_075.jpg
    101.1 KB
Great ride report :thumleft:
Hope you truly enjoyed every minute of the ride
On my bucket list!!
DS
p.s. I cheated walking the Labyrinth at Hogsback :imaposer:
 
Top