Die 3 en 'n half jaar laat honeymoon trip

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Lem said:
Kameel said:
DCR said:
Nou ja, die een verdien 'n stampie na bo...

Lem, nadat ons die naweek hieroor gesels het, het ek die een kom opsoek. Awesome! Lekker gelees en kyk vandag. Ek maak jou 'n deal... op my volgende trip moet jy eenvoudig saam kom net om na die tyd die report te skryf. Ek sal maar bydra maak in die vorm van bier en petrol of so iets.  :ricky:

Tegnies skuld LEM ons dus 'n RR van die naweek se trip? :peepwall: :pot:

Tegnies nogal? Is jy nou tegnies aangele nadat jy sondagoggend gestaan en gekyk het hoe jumpstart mens 'n 650?   :pot:

:imaposer:
Tegnies is ek waarna 'n mens verwys as 'n connection....
Ek connect mense met mekaar en dan connect ek my bike aan ander mense se bikes.
Ek bring mense bymekaar.  :sip: :lol8:
 
Lem uitstekende R.R.
Maar vertel ons eers, hoe het jou vroutjie daarvan gehou vir haar eerste trip?
 
E.T said:
Lem uitstekende R.R.
Maar vertel ons eers, hoe het jou vroutjie daarvan gehou vir haar eerste trip?

Yes ET.

Man ja, ek het al vir haar baie gevra of sy nie self hierso iets wil skryf nie, maar kom ek deel wat in ons geval gewerk het.

Sy het oor baie jare al geweet ek gaan nie hierdie tipe trip ding los nie. Die voorbereiding wat gedoen is en die nice verblyf wat geboek is het haar beslis gerus gestel. Sy weet daai sagter seat is net vir haar gemaak. Daai ekstra dag van uitrus vooraf het ook baie gehelp. Toe ons dus vertrek het was sy uitgerus en lus vir die ding. Daar was niks wat vooraf gepla het nie. Sy was gelukkig gewoond aan dagtrips van dieselfde afstande, maar die "element of surprise" was dat mens mos op so 'n trip elke keer by 'n nuwe bestemming vir die dag aandoen.  

Ons kry onssself gereeld nog steeds van die trip gesels waar sy deel hoe lekker dit was en dat sy nou wens sy was weer hier of daar.

Dit was beslis vir haar baie lekker....want twee goed het intussen gebeur.  :deal:

Die skole sluit mos nou vrydag, my planne was om weer bietjie gat te skuur, maar aanvanklik sou ek met die kar Cradock toe ry vir 'n wildkyk kamp in Bergkwagga Park. Ek het ook oorweeg om Kgalagadi lodge toe te ry om daar te gaan kamp. Dis nou alles om ons oog in te kry vir Kruger Wildtuin in Junie.  Toe kom sy nogals met met hierdie voorstel vorendag. "Kom ons ry weer met die bike, dan gaan wys jy my hoe lyk Gamkaskloof" . Nou kyk, ek gaan beslis nie daaroor moan nie.

Na 'n paar videos van Cape Mountain Passes is sy effens nervous, maar daars nie nou van kop uittrek nie. Sy weet sy kan my vertrou. Saterdag kom....we ride at dawn! Kort uit en tuis trip. Ry saterdagoggend, slaap in Prins Albert, ry sondag in en uit Die Hel & slap in Mosselbaai. Kom Maandag terug. Ek wil nie nou verlof verloor nie.  

Tweedens, die aand by Stormsriviermond was vir haar 'n groot hoogtemunt. Soveel so dat ons in die laaste naweek van die skoolvakansie weer soontoe gaan en die keer my ouers saamneem....in hul eie huisie.

So ja, ons doen al vir jare lekker road trips saam, hierdie keer was dit met die bike en sy snap beslis die bekoring en die beperkinge daarvan.  :thumleft:
 
Verseker dan n vroutjie uit die boonste gestoeltes. :thumleft: :thumleft: :thumleft:
 
E.T said:
Verseker dan n vroutjie uit die boonste gestoeltes. :thumleft: :thumleft: :thumleft:

hehe dankie  :lol8:

Ek en sy doen basies enigiets saam. Haar gholfgame neuk nog 'n bietjie, sy vloek meer op 'n gholfbaan as wat sy haarself voor inhou in die skool.  :imaposer:

Sy is uiters konserwatief grootgemaak en dit vat soms moeite om haar uit haar dop te laat kruip om nuwe dinge te doen en nuwe plekke te besoek. Sy wil maar net weet alles gaan oraait wees, dan is sy eintlik gelukkig maar 'n cheap date. Dit help baie .

Ons het al memorable road trips gehad. In 2011 is ons met my destydse Citigolf en kampgoed Kruger Wildtuin toe. Verlede jaar het dit beter gegaan en ons was daar in huiseverblyf en met my Honda CRV.

Een van ons beste rpoad trips was in 2014 toe ons Addo toe is met haar destydse Toyota Tazz. Dit was soos 'n mini gholftoertjie gewees. Ons het paar van die Suidkaap se Mashie bane gespeel oppad Addo toe. Het by Addo backpackers gebly en daagliks ingery. Een van die goedkoopste vakansies van my lewe. Daai Tazz het met een tenk petrol geloop vanaf Koega tot in Durbanville....Bloukrantzpas, Grootrivierpas & Du Toitskloof ingeluit....ons het nie geld vir tolpaaie gehad nie. 
 
Lem said:
dkyk kamp in Bergkwagga Park. Ek het ook oorweeg om Kgalagadi lodge toe te ry om daar te gaan kamp. Dis nou alles om ons oog in te kry vir Kruger Wildtuin in Junie.  
Wil graag glo julle sal n agtermidag inruim in Junie vir n Koffie in Sabie/Hazeview?
 
Lem said:
JWP said:
Nice one Louis. Het dit baie geniet. Vergeet die Rand, bly local.

Hoop jy het daai Cattle Baron Burger geniet.  :pot:

:laughing4: :imaposer:

Ai John...weer pittig vanoggend sien ek.

Maandae ry ons maar daar by jou verby, want die gesinne staan by die deur uit vir daai special van julle. Laat weet my wanneer julle weer die Schnitzels afmerk....dan is ons eerste daar  :thumleft:

Moenie worry nie Lem die ons bring gereeld ons kant da by John.  :biggrin:

Lekker RR soos n pro gedoen
 
Hehe leka in die sop nou by die werk. Lees en ry so leka saam vergeet van die tyd. Ons mik volgende jaar vir die Kaapprofinsie as my oudste seun sy leerling gekry het. Op die oomblik steel ons bietjie en bly maar op die agter paaie. Hoop hier is enige spietkops nie. Dan wil ons as familie van vyf gaan. 3 klr's, 3 ryers en twee pillion. Die ander twee sal dan 14 en 10 wees. Het nou die dag so vinnige trippie vaaldam toe vir die naweek aan gedurf. Baie stop en rond kyk om dit vir die twee pillions int te hou. Dit is n fees saam met die een beste aan jou. Maak dit net lekkerder om herhinneringe saam te bou. Dankie vir die iutwys en saamry
 
MRK Miller said:
Hehe leka in die sop nou by die werk. Lees en ry so leka saam vergeet van die tyd. Ons mik volgende jaar vir die Kaapprofinsie as my oudste seun sy leerling gekry het. Op die oomblik steel ons bietjie en bly maar op die agter paaie. Hoop hier is enige spietkops nie. Dan wil ons as familie van vyf gaan. 3 klr's, 3 ryers en twee pillion. Die ander twee sal dan 14 en 10 wees. Het nou die dag so vinnige trippie vaaldam toe vir die naweek aan gedurf. Baie stop en rond kyk om dit vir die twee pillions int te hou. Dit is n fees saam met die een beste aan jou. Maak dit net lekkerder om herhinneringe saam te bou. Dankie vir die iutwys en saamry

Yes Meneer

Julle moet beslis kom. Daars soveel agter-agterpaaie julle kan vanaf Gauteng tot in die Kaap reis sonder dat 'n spietkop julle sal vang.

Hier is beslis lekker trips. Ek moet juis nou weer aan die skryf kom.

Het die afgelope naweek vir Anmar op 'n drienag trip geneem via die Cederberge en die Tankwa Karoo. Ongelooflike passe gery en ware Karoo gasvryheid en boerekos ervaar.  :thumleft:

Boonop was ons two-up, julle KLRs sal regtig uitstekend vaar  :thumleft:
 
Wil weskus om tot by Clanwiliam dan oos na baviaans , pe, transkei dan terug hiustoe. Drie wekek met hier en daar n oorslaap vir die kids
 
Ons gesin op naweek trippie
 

Attachments

  • FB_IMG_1437488358814.jpg
    FB_IMG_1437488358814.jpg
    42.5 KB
Top