Die 3 en 'n half jaar laat honeymoon trip

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
[/quote]

By the way...was julle nie ook onlangs hierdie kant van die grens nie?
[/quote]

Ja ons het oor die sewe duisend kilometer gery in die drie weke en van die mooiste dele van SA gesien en beleef. Ek weet die volgende vraag gaan wees waneer sien julle die rr. Ek is besig om deur die duisende fotos te werk, so hou hierdie spasie dop
 
Ek hou ook saam honeymoon lekker man.......
 
Wow you do a lot of writing! You write with such great passion.

Clearly you and your lovely wife had the trip of a lifetime.

Thank you for sharing your enthusiasm and your trip.

Great to have met you guys.

Keep it coming!

Regards
Cuzzy

 
Dag 6 - Stormsriviermond - Stilbaai. 320km  - "Roll me away"

Dit is 'n vrydagoggend in Stormsrivier en ons het geslaap soos bome wat omgeval het. Ek sien die drom skuins voor ons huisie is omgegooi, ons weet van niks nie. Was dit 'n bobbejaan? Was dit 'n kaapse Kloulose Otter? Ek is gans te rustig om om te gee. Ek gaan maak vir ons elk 'n Nescafe Cappuchino sakkie neem stelling in daar op die hut se stoepie. Agter my hoor ek hoe bars die see se branders en voor my baljaar die loeries in die bome.

Vandag is 'n korter skof, maar ons kan ons tyd vat. Ons gaan kuier vir ons familie in Stilbaai, so daar is nie winkels om oop te vang of papierwerk by ontvangs nie. Ons kan dus ons tyd vat.

Ons weet egter dat die agterpaadjies toer gedeelte van die trip nou begin einde se kant toe staan. Ek kry 'n Whatsapp van Bettie & Wilmar, ons groot motorfietsvriende hier in die Kaap. Hulle kamp by Ebb & Flow North op Wilderness. Ons moet daar indraai, dan maak hulle vir ons 'n behoorlike brunch. Ek gaan my nie twee keer laat nooi nie en ek weet ook die tyd breek aan om die trip se stories te begin vertel.

Na ons koffie begin die groot inpak weer vir die tweede laaste keer. By die tyd het Anmar al lekker in roetine gekom met die goed regsit. Hoewel ons nog 'n week hier kon bly  was ons ook lus vir die voorlaaste "road trip" gedeelte. Hierdie plek sien ons beslis weer.

Met vertrek vat ek soveel tyd as wat ek kan om tot by die hek te kom, later die N2 en ons draai af vir Bloukranspas. Daars twee goue reels van 'n bike trip vir my....geen Wimpy&Spurs nie en GEEN maar GEEN tolpaaie nie!

Op Bloukranspas kry ons 'n klomp bergfietsryers. Nugter weet alleen waarvandaan hulle moes kom....dalk Natures valley?

Hoewel hierdie pad pragtig is kan mens nie help om gemengde gevoelens te he nie. Hier was beslis 'n politiese moddergooiery aan die gang van wie die pad waar moes regmaak. Nou lyk dit vir my is selfs dit ook alles sommer net so gelos en niemand gee om nie. Al is hy "gesluit" sal ons hom nie meer vir veel jare kan ry nie. Aan die Ooskaap kant skiet die bome in die middel van die teer op en hy raak erg toegegroei.
Dit was vir my bitter moeilik om 'n foto van die nuwe brug te kon neem omrede dit so toegegroei was.

Hierdie is veronderstel om 'n nasionale monument te wees...dit is veronderstel om ook 'n tolpad te wees, slegs vir ligte voertuie en motorfietse. Die enigste een in SA waarvoor ek sal betaal om op 'n bike trip te ry. Ons weet egter dat ons regering glad nie omgee vir geskiedenis en erfenis nie. Die land is mos eers in 1994 gestig, een oggend toe is alle infrastruktuur mos net daar.

Na Bloukranspas sak jy af na Natures Valley deur die Grootrivierpas. Hy is darem in gebruik en word mooi onderhou. Jy kom later uit net so buite The Craggs, so 15km voor Plett. Net so skuins oorkant Goose Valley trek ons in by daai portugese bakkery vir 'n koffie stop, want die volgende skof na Wilderness is nie my gunsteling nie.  

Nou begin die stuk van ons reis wat ek die meeste haat....die land se langste 60 zone. Om op enige dag van die jaar van anderkant Plett af tot in George te ry is 'n helse frustrasie. Dis een aanhoudende speletjie om te kyk watter van die dorpies die meeste spoedkameras kan wegsteek. Dan, wanneer jy wel 'n kort stukkie 80 zone of 100 zone kry is daar 'n antie in 'n Honda Jazz met 'n Corgie op haar skoot wat met haar Naaaisnaa nommerplaat op die streep sit en 60 ry. Dit is beter op 'n bike, maar die stringe wat agter die antie soos 'n lykstoet vorm is baie lank. In Knysna self staan die verkeer dwarsdeur die dorp, buffer aan buffer. Gelukkig kon ek hier bietjie lanesplit, want dis warm! Jy wil nie stilstaan nie.

As hulle ooit 'n tolpad wil bou wat sal aftrek kry dan moet hulle daar agter Simola om 'n snelweg staanmaak sodat mens net die verdomde plek kan misry. Dan kan Knysna se toeriste in vrede sit en oesters vreet en elke Auto Carriers lorrie wat daar vanaf Detroit-On-Sea die Kaap van Polotjies, Opel Corsas & Isuzu bakkies voorsien hoef ook nie deur die (wat voel soos) 17 robotte te sukkel nie.

Na 'n paar kragwoorde bereik ons uiteindelik vir Ebb & Flow waar die honger behoorlik gestil is. Dit is so lekker daar, ek dink ek boek ons sommer daar in vir Desember 2016.

Die kuiertjie loop lekker en dit raak naderhand middag, tyd vir groet en Geseende Kersfees toewens. Vanaf Ebb & Flow kan jy in die middel ook uitgaan en dan ry jy langs die Touwrivier se tot in die dorpie. Agter die hotel hou ek regs verby en ons klim 'n steil bult uit. Ons wou gaan kyk na die Map of Africa.

Oor die pad terug vanaf Wilderness gaan ek nie veel skryf nie, na Kaaimanspas en nog 'n paar spoedkameras  daar net voor George het die gat begin lam raak en ons het op die dubbelpad geklim. Daardie wereld ken ek baie goed, ou pad ingesluit, ons wou nou net by ons bestemming kom. Na 'n kort bene rek by Mosselbaai se groot Engen was ons oppad Stilbaai toe waar ons die naweek saam met familie sou deurbring.

Die laaste skof terug huistoe sou dus eers die Maandag volg.

1) Inpaktyd op Stormsriviermond. Hierdie is ons bykans daaglikse ritueel.
2) Die begin van Bloukranspas
3) Die "nuwe" brug.
4) By vroutjie is bly om terug te wees in haar provinsie.
5) Van anderkant daai bruggie af is die pad in sy moer.
6) Honger vir daai kampkos en ook vir gesels.
7) Map of Africa
8) Die laaste 30km vir die dag breek aan.
9) My gunsteling serenity spot


 

Attachments

  • WP_20151218_005.jpg
    WP_20151218_005.jpg
    98.9 KB
  • WP_20151218_007.jpg
    WP_20151218_007.jpg
    90.9 KB
  • WP_20151218_010.jpg
    WP_20151218_010.jpg
    130.2 KB
  • WP_20151218_011.jpg
    WP_20151218_011.jpg
    141.2 KB
  • WP_20151218_11_43_46_Pro.jpg
    WP_20151218_11_43_46_Pro.jpg
    102.4 KB
  • WP_20151218_021.jpg
    WP_20151218_021.jpg
    57.2 KB
  • WP_20151218_026.jpg
    WP_20151218_026.jpg
    49.2 KB
  • WP_20151220_003.jpg
    WP_20151220_003.jpg
    100.2 KB
  • WP_20151218_07_48_18_Pro.jpg
    WP_20151218_07_48_18_Pro.jpg
    136 KB
Dag 7 - Stilbaai - Durbanville via Agulhas  :imaposer: "take me home, country roads.."

Vandag is 'n dag van 'n klomp laastes. Ons voel egter tevrede met hoe die reis tot dusver was. Ons kan met 'n geruste hart huistoe gaan met die wete dat ons enkele dae later weer na Stilbaai toe kon terugkeer vir die tweede been van die vakansie.

Met die vertek uit Stilbaai voel ek of ek oppad huistoe is, maar aan die ander kant wil ek ook nie he hierdie trip moet eindig nie.

Ons het sommer so met een stil sit deurgedruk tot by Buffeljags om te gaan ontbyt eet by Rolandale. Ons kon lekker sit en bespiegel oor watter padstal se roosterkoek nou op hierdie trip die beste was. Met al ons reise raak ons nou al gesoute "road food aficionados."

By die garage op Swellendam tref dit my....ek was nog nooit op Agulhas nie. Vir 'n dagtrip uit die Kaap uit is dit bietjie ver  om my vrou ook te kan saamneem en al pak die wolke saam na daai kant toe gaan ons die ou ompaadjie Kaap toe aanvat.

"Liefie...ons gaan nie nou huistoe nie..."

Net buite Swellendam kry jy die bordjie..."Suidpunt van Afrika, 97km"

Vat volg is 'n pragtige pad deur die Overberg Ruens. Net so voor Bredasdorp vang ons die stert van 'n reenbui, maar daars nie nou kans vir stop nie. Vanaf Bredasdorp is dit nog so 40km see se kant toe. Soos ons Struisbaai binnery kry ek daai "warm fuzzy feeling". Ek het nooit geweet hoe dit daar lyk nie, maar dit herrinner my aan die visvangdorpies Witsand en Gouritzmond. Daar is nog 'n lekker Desember vakansie vibe aan die gang kompleet met 'n plaasmark en al. Ons druk deur na Agulhas waar ek gedink het mens moet by 'n Sanpark hek gaan inteken, toe nou nie. Die feit dat my vroutjie agterop die bike by my is laat my dink aan hoe Charlie & Ewan daai oggend gevoel het toe hulle hier deur was. Daai oorweldigende gevoel dat hierdie droomreis nou einde se kant toe staan. Die Engelse praat van 'n "sense of achievement." Al is dit 'n ou teerpaadjie tot hier, dis steeds moeite om hier te kom. Dit is ver van al die hoofpaaie af en mens moet 'n plan maak om hiernatoe te kom.  

Uiteindelik kon ek ook daardie foto by die baken laat neem.

Terug by die bike en daar stop CUZZY met die stowwerige rooi XR650. Hy was op 'n besonderse solo trip en ons het sy bike bykans 'n week vroeer in Hogsback raakgesien.

Van hier af het ons geweet die dwarswind Kaap toe gaan ons kielie en ons was nou albei gereed om huis te kry. Ek besluit om van Bredasdorp af Napier deur te ry na Caledon. Net so deur Bredasdorp kry ek 'n tikkie van my Overberg inboorling vroutjie af. "Lief, ek is lus vir koffie en koek. Napier het so 'n padstal as jy die dorp aan die anderkant uitgaan"

En net daar begin al die "laastes."

Ons stop die laaste keer vir koffie en melktert by Moerse Padstal. Die eienaar is vol geselsies en grappies en hy kannie glo dat ons in 'n week so ver op die motorfiets getoer het nie.

Wat paaie aanbetref kry ek vir oulaas daai "icing op die koek" met die 50km tussen Napier & Caledon. Sulke lang, bree draaie oor bulte en dale. Dit herrinner nogals baie aan daai stuk in die Oos-Vrystaat tussen Clarens & Fouriesburg.

Op Caledon gooi ek vir die laaste keer petrol in en anderkant Dassiesfontein draai ons op die R43 na Villiersdorp af. By Theewaterskloofdam wil ek uit die dwarswind uit kom en ons draai af op Draaibergpad. Hy bring jou by die Theewaterskloofdam se brug uit.

En dan vir die cherry op die icing...Franschoekpas.

Hier stop ons vir ons laaste bene rek en laaste fotos. Dit is 50km huistoe en ek le die rieme neer. "We did it!"

Dankie Hemelse Vader vir U veilige bewaring en hierdie geleentheid om voluit te kan leef en dit met my vrou te kan deel.

As ek terugkyk op die reis en die beplanning. Het ons 'n paar goeie calls gemaak. Die trip was nie te ver nie, ook nie te naby nie. Die paaie en afstande het nooit tegnies of ongemaklik geraak nie. Ons het lekker luuks gebly sonder dat dit 'n arm en been gekos het. Ek is eintlik verbaas hoe goedkoop dit alles was.

Die bike het geloop soos 'n Swiss Watch en hy was super ekonomies. Die weer het ook saamgespeel.
Ek voel ons het daai balans gekry tussen om net myle te cover en om lekker plekke te besoek.

Maar saam met wie jy sulke goed aanpak is seker die belangrikste besluit. Ek is gelukkig om dit saam met my merkwaardige vrou te kan geniet.  

Baie dankie vir almal wat my verslag gelees het en vir die mooi kommentaar tot dusver. Dit is lekker om te weet daar is mense wie my passie verstaan en met wie ons dit kan deel.

Hier is paar laaste fotos:

1) Cappuchino By Rolandale
2) Rolandale se lekker menu
3) Ons eie Charlie & Ewan oomblik
4) Pjerd!
5 & 6) Napier se karaktervolle padstal
7) Franschoekpas
8) Veilig tuis, vuil, trots en gelukkig
9) Nabetragting by Cattle Baron Maandagaand Burger Special




 

Attachments

  • WP_20151221_004.jpg
    WP_20151221_004.jpg
    48.4 KB
  • WP_20151221_031.jpg
    WP_20151221_031.jpg
    86 KB
  • WP_20151221_029.jpg
    WP_20151221_029.jpg
    93.8 KB
  • WP_20151221_024.jpg
    WP_20151221_024.jpg
    123.5 KB
  • WP_20151221_021.jpg
    WP_20151221_021.jpg
    54.6 KB
  • WP_20151221_12_57_57_Pro.jpg
    WP_20151221_12_57_57_Pro.jpg
    56.5 KB
  • WP_20151221_11_51_16_Pro.jpg
    WP_20151221_11_51_16_Pro.jpg
    117.9 KB
  • WP_20151221_011.jpg
    WP_20151221_011.jpg
    107.4 KB
  • WP_20151221_09_31_59_Pro.jpg
    WP_20151221_09_31_59_Pro.jpg
    128.9 KB
Pragtig, briljant, moers netjies.  ;)  Ek het julle rr vreeslik baie geniet.  Baie lekker skryfstyl en mooi prentjies om dit af te rond.  :thumleft:  :thumleft:

Dit was kwaai nice gewees om julle te ontmoet.  :deal:  As julle ooit weer 'n draai in die Oos Kaap maak, jy het my nommer, hier is nog baie mooi plekke om te besigtig.

Mooi 2016 vir julle twee.  Hou die wiele aan die rol en wees veilig.  :thumleft:
 
Vis Arend said:
O ja, vertel bietjie wie se rooster koek was die lekkerste.     :sip:

Baie dankie vir die goeie wense, Louis.  :thumleft:

Mmmm...goeie vraag. Om bloot die antwoord daarop te kry is opsigself 'n goeie rede vir 'n bike trip.

Diesel & Crème gee hulself ook nou daarvoor uit, maar dan man moet mens honger genoeg wees om n roosterkoek sowel as 'n milkshake te kan deurwerk.

Ek glo mens moet onderskeid tref tussen 'n roosterkoek wat op 'n riffelplaat op 'n gasstoof gemaak is en een buite op die kole gemaak word. Op die gasoond hou hy sy shape en sy rooster bly egalig. Dis amper te perfek, waar die roosterkoek oor die kole juis meer skills benodig, want sy deeg hou nie so mooi shape nie. Die omdraaier moet sy/haar storie ken, want die hitte is nie egalig nie.

Smitswinkel & Nanaga gebruik die gasoonde, terwyl Rolandale & Buffeljags Garage die oor die kole braai. Rolandale maak dit slegs vir sekere ure en as jy moreoggend te vroeg daar aankom gee hulle vir jou een van gister sn. Ek het dit ook al egter drie keer vantevore geeet en daars niks fout met hulle nie.

Op hierdie trip wen Nanaga egter die eerste prys. Hys nie noodwendig lekkerder as Smitswinkel sn nie, maar by Nanaga gryp jy hom as n take away...en dit is wat 'n roosterkoek veronderstel is om te wees...iets waarmee jy in jou hand rondloop.    :thumleft:

Dit is asof Nanaga meer liefde en deernis in die resep inmeng.

 

 
Man from Nam said:
Dit was nou soos Visarend se 'n moerse mooi rr gewees
Dankie vir die deel

Dis sommer 'n plesier  :thumleft:

Nou kyk ek uit vir daai 7000km verslag van julle  :deal:
 
Topie said:
Jitte Lem, julle het n awesome trip gehad  :thumleft:

Yes Martin. Baie lekker om van jou te hoor. het jou die laaste ruk min raakgelees. Is die gesondheid goed? Ry jy, jou vrou & seun nog sulke epic trips met die klein bikes? Het jy nog jou TTR250?
 
Lem said:
Geel Kat said:
BAIE nice RR  :thumleft:

Dankie Garfield...wanneer bring Ewan McEier weer 'n ride report uit?

Ek vermoed hy het ingeskryf vir die West Coast Baja, so watch this space  :pot:
 
Geel Kat said:
Lem said:
Geel Kat said:
BAIE nice RR  :thumleft:

Dankie Garfield...wanneer bring Ewan McEier weer 'n ride report uit?

Ek vermoed hy het ingeskryf vir die West Coast Baja, so watch this space  :pot:

Klink my ou Ewan McEier en sy buddy Charl Boorpunt moet maar by Simson Pave-hier gaan aanklop vir opleiding voor daai Weskus Baja...want daars Baja sand.  :thumleft:
 
Hierdie was nou amper soos een van die Travel Channel se kos programme!!! :eek7: :drif:
Ek eet saam met die oog ;)
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Hierdie was nou amper soos een van die Travel Channel se kos programme!!! :eek7: :drif:
Ek eet saam met die oog ;)

Chris....al daai lekker spys en drank op die fotos lei tot fotos soos hierdie...

Soos jy kan sien na 3 jaar van getroude lewe doen klere met dwarsstrepe nie meer vir ons gunste nie
 

Attachments

  • WP_20151217_035.jpg
    WP_20151217_035.jpg
    129 KB
Soos jy kan sien na 3 jaar van getroude lewe doen klere met dwarsstrepe nie meer vir ons gunste nie

Ek sê vir Amanda die tweetjies is verseker bietjie ronder vandat ek hul laas gesien het.  :deal: Nee seg sy dis net die rekenaarskerm wat dit so laat lyk.
My raad draai om terwyl julle kan, eet is en lekker eet is n bogger veral as mens dit saam doen :deal: :drif: :drif: :drif: :biggrin:
 
Baie Cool brother Louis,  well done on RR and the awesome trip and very cool photos...
 
Top