MegaPix
Race Dog
- Joined
- Sep 27, 2013
- Messages
- 3,462
- Reaction score
- 799
- Location
- Highveld, CENTURION
- Bike
- Zero (all models)
Laaste foto en toe moet ons jaag want nou raak ek ook honger. Dit is nou al na 12h00 en ons het nog net 120km gery. 6 ure op die pad en net dit? Hierdie gaan 'n lang dag raak.
Aangekom in Haenertsburg en stop sommer by die eerste plek wat lyk of dit oop is. Wou nog Iron Crown Pub toe maar ek was bang hulle lag vir Strompie wat koffie gaan soek. :imaposer:
Stop toe sommer op die gras en gaan sit op die hout dek. So gehoop ons gaan vinnig iets kry om te drink ,maar die tannie hier ken net van een pas en dis nie vinnig nie.
Ek staan toe maar op en gaan haal my eie bier. As ek moet wag vir goed soos koffie sou ek dit nie maak nie. Strompie nie baie impress omdat ek al iets kan drink nie. Ek dink my bier was amper klaar toe sy koffie eers daar aankom.
Die kos was regtig lekker en die bier koud. Net jammer mens moet so lank wag as daar nog so baie plekke is om te sien.
Na die eet besluit ons ons gaan nog skatte soek sommer in Haenertsburg, maar voor ek dit gaan doen moes ek eers net seker maak ek het genoeg petrol. Die Chinaman het mos nie 'n fuel gauge nie en ek gaan maak maar vol voor ek drama op tel. 5 liter later is ons op pad.
Ek gaan wys vir Strompie waar ek 'n troue gedoen het by die Rooms Katolieke Kerk vir 'n paartjie van Engeland. Die broer van W1P30UT
Daarna is ons op pad op die ander skatte te kry. Laaste stop is die begraaplaas van Haenertsburg wat al jare op my lys was van plekke waar ek fotos wil gaan neem.
Die is die ander kerk waar ons skat gekry het
By die begraafplaas. Die uitsig is beeldskoon en ek sal ure net sit en staar na die natuur.
Laaste skat wat gevind is vir die dag. Sommer voor ons oë.
Toe raak dit tyd om die laaste klomp fotos te neem en die pad te vat huis toe. Dit was al na 15h00 en ons wou nog een ander plek stop.
En die wolke pak weer saam en dit was die laaste strooi. Ons moet ry
Die laaste stop was op Mankweng. Moes net iets kry vir die dors.
En so kom ons rit toe op 'n end. 11 ure aan 204 km. Beste dag van my lewe.