Die Lang Verwagte Trip - Old Thomas River.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Gerard

Teelhond
Global Moderator
Joined
Jan 16, 2010
Messages
38,495
Reaction score
3,233
Location
Port Elizabeth
Bike
BMW R1150GS
Hoewel ek 'n gebore en getoë Oos Kapenaar is het ek nog nooit rerig Oos van die malutis getoer nie. Jare lank al, sedert my mountain bike dae  weet ek al van OTR, maar het nooit daar uitgekom nie.

Bitter was my spyt toe ek vroëer die jaar die Slumdogs se trip mis, so toe 'nag' ek maar dat ons weer een moet doen, so as 'n laaste gooi van die jaar om saam te val met die PE Dogs se maandelikse ry.

By die Old School Bash gesels ek, Kally en Irish. Hulle is gretig en toe ons eers weer by die huis is, volunteer ek heel demokraties vir Vis Arend en JMOL om dit te reël, met irish en Kally wat hand bygesit het met die roetes. Dis hulle valley en ek wou dit nie hi-jack nie.(en ek was gatvol van bashes reël)

So gebeur dit toe, hulle eerste poging tot soiets, en 'n bedoelde oorslaap van 'n paar Honde, wat in 'n suksesvolle Bash uitgedraai het.

Welgedaan aan julle. Ek dink hierdie kan ook 'n grote word.
 
Die idee was om rond te ry, te kuier en dan weer rond te ry. So spreek ons af om op Middeldrif te ontmoet en vandaar vat hulle ons die berge in, oor Hogsback en dan met 'n lekker ompad OTR toe.

Ek en Bie spreek af om op Patterson te ontmoet en sleep teer van daar af. Hoe lekker style hy en Kwaatjie op die Katoom. Dit was haar eerste werklik bike trip en ek hoop sy sal ietsie vertel daarvan (fyn detail kan uitgelos word  :eek7: Hier's jongmense op die forum  :imaposer: )

Op Middeldrif ontmoet ons van die Slumdogs, daar word hello gesê en bietjie gesels. Wat lekker was om te sien was al die jong Honde wat die naweek kom saam ry het. Klomp nuwe mense ontmoet. Dis mos ook hoekom mens bash hou  :3some:
 

Attachments

  • 100_2316.JPG
    100_2316.JPG
    318.4 KB
  • 100_2317.JPG
    100_2317.JPG
    334.1 KB
  • 100_2315.JPG
    100_2315.JPG
    333.2 KB
Ons vat grondpad en Bie sal weet, so die eerste halfuur is my mojo sleg. Nie ver nie, en na ons eers 'n verkeerde afdraai gevat het, is ond by King Sandile dam. Mooi. Ons ontmoet hier nog 'n paar Honne en ek vat gou 'n Steering Damper.
 

Attachments

  • 100_2318.JPG
    100_2318.JPG
    339 KB
  • 100_2319.JPG
    100_2319.JPG
    327.4 KB
Nou gaan dit beter, daai XT groove oor die grond en ons vat die woudpad Hogs back toe.

Ons is 'n groot groep en ek hou by die reëls. Na 'n ruk besef ek dat ek die ou agter my lanklaas gesien het. Ek stop op 'n bult waar ek 'n foto van die mooi vallei kan neem. Niks en ek besluit dis tyd vir die een siggie reël. Na ek my suurstof supplement gevat het, is daar nog geen teken nie en ek draai om.

So ent verder kry ek hulle... papwiel, tydelik met slym reggemaak. Ons ry, maar hy blaas af en kort voor lank is daar nie verder te ry nie. Dis Marc, een van die boere in die omgewing. Hy gaan 'n tjom bel om hom te kom haal, en hy sien ons later.
 

Attachments

  • 100_2320.JPG
    100_2320.JPG
    340.4 KB
  • 100_2321.JPG
    100_2321.JPG
    433.5 KB
Nou wat onrusbarend is, is dat ek net so lank uit die ou op die KTM, wat voor my was, se spiëel verdwyn het, as die ouens agter my, en hy ken die een sigaret reël.  :deal: Maar ons maatjies kom soek ons nie  :pot:

Hoe dit ook al sy, dis mooi in die woud, skoon voor my en ek gooi 'n lekker sleep. Daai steering damper doen sy werk.

Kort voor lank ry ons in die res van die groep vas. Nog 'n papwiel. Dis Andre, 'n nuwe Hond, en dit sou sy nagmerrie word vir die naweek

Die Jong Bulle sweet, en as jy sweet maak jy foute. Die tjoop word so op die manier twee keer geknyp met die terusit. Die Ou Bul staan toe maar beskeie nader en sê : "Laat die Oom bietjie kyk" So is die wiel reggemaak en ons ry.


 

Attachments

  • 100_2322.JPG
    100_2322.JPG
    398.7 KB
  • 100_2323.JPG
    100_2323.JPG
    303 KB
Te gou is ons in Hogsback, maar ons kuier by die lekker spot wat meneer hamburgers voorsit, so met aartappel wedges bedien. 'n Paar welverdiende koues word saam geniet.

Hier ontmoet ek ook vir Tinus(?) en Steven(weet nie hulle Honde name nie) en ons sou die volgende dag saam huistoe ry.
 

Attachments

  • 100_2324.JPG
    100_2324.JPG
    402.7 KB
  • 100_2325.JPG
    100_2325.JPG
    380.6 KB
  • 100_2326.JPG
    100_2326.JPG
    384.5 KB
  • 100_2327.JPG
    100_2327.JPG
    335.5 KB
Ek sien Bokveld het netnou daar op die ander OTR trip thread geloer. Hy't mos gevra die verskil tussen 'n Bash en 'n Rally.

So sien ek dit. Hier vorm ons almal deel van 'n groep met dieselfde gesindheid. Dis maklik om mekaar te ontmoet. Jy stap net na 'n ou toe en begin gesels. Geen hang-ups nie. En almal kuier lekker saam.

Weet nie deesdae nie, maar destyds toe ek nog rallies gedoen het sou jy dit nie waag nie. Was die man van 'n ander club word jy gou gemoer pappie. Jy sit en kuier maar heel naweek in jou klub groepie, wat jy elke week en naweek ook sien.

Dit was net nie dieselfde nie.
 
Nou vat ons weer 'n ompad so deur die valleie OTR toe. Ek kry kans om bietjie vooruit te kom vir 'n foto sessie.( die steering damper is nou op 3 gedraai  :eek7: )

Daai ou op die KTM en Kwaatjie  ;)

Mako... mooi fiets wat hy daar ry  :ricky:

TerrorSA

JMOL en Ou Bees
 

Attachments

  • 100_2329.JPG
    100_2329.JPG
    283.2 KB
  • 100_2332.JPG
    100_2332.JPG
    340.9 KB
  • 100_2330.JPG
    100_2330.JPG
    349.3 KB
  • 100_2328.JPG
    100_2328.JPG
    361.7 KB
Old Thomas River is 'n besondere mooi plek en ek sal aan die einde van die RRmeer daaroor gesels. Eers gaan ons klaar ry en kuier.

Daar aangekom word afgepak, gekuier, geslaap en die volgende oggend lui-lui opgepak. Ek het reeds foties van die kuier op die Groep RR gesit
 

Attachments

  • 100_2333.JPG
    100_2333.JPG
    401 KB
  • 100_2337.JPG
    100_2337.JPG
    402.7 KB
  • 100_2338.JPG
    100_2338.JPG
    390.6 KB
  • 100_2374.JPG
    100_2374.JPG
    373.7 KB
Vir eers is dit nou dit. Ons ry more aand weer verder.
 
Jy praat van 'n spesefieke individu wat nie omgedraai het nie, maar daai ou het probleme van sy eie ervaar en buitendien het andere kort-kort stilgehou om fotos te neem wat beteken dat hy sommer gou-gou nie meer die jafel voor jou was nie. Hy hou nogal sy spieels dop en die ou agter hom het aangekom.  ;)
Soos die noodlot dit wou hê, spring 'n klip op en word onder die brakefluid pypie wat van die linker caliper na die regter caliper, bo-oor die wiel loop in forseer wat beteken die pyp word afgebreek. Daar sit ek toe sonder voor remme. Duct tape toe maar net die stukke pyp aan die vurk vas om later n plan te maak daarmee en ry met net agter remme verder.
Mr P het by my stilgehou en vertel iemand het n papwiel agter in die groep, maar dat hulle OK is. Toe ek klaar die pypies vas ge duct tape het sê ek in my beste Engels, "good to go", waarop hy droogweg opmerk, "yes, but not good to stop".
Toe ons deur Cathcart gaan het ek n botteltjie brake fluid gekoop en die aand op OTR die afgebreekte pypie met Pratley geseël(dankie Oom Vis), remme gebloei en toe darm remme gehad op die linkerkanste disc.

Kwaaitjie het die trip kwaai geniet. Sal haar vra om later self 'n paar woorde te skryf. Ek het egter haar eerste dag bietjie omgekrap toe ek haar vertel van die sogenaamde Wilddog ontgroening wat vir haar voorlê op OTR. Detail sal eerder weerhou word, maar toe wil sy omdraai.
 
Baie mooi jupiter, lekker RR en kiekies.  :thumleft:  Ek is bitter jaloers maar sal geduldig wag vir vannaand se saamry.  :sip:
 
Volgende oggend, na luilekker opstaan en ontbyt, is dit tyd om te ry... 10 minuuute en half nege is ons oppad. IRISH vat ons deur plaaspaaie Stutterheim toe. Dis mooi wereld, maar ongelukkig word ons voorgekeer en kannie deur die woud ry Gubu dam toe nie.

Na IRISH se af vergader ons eers om hom reg te sien. Hoop dit gaan al beter Pat.

Gubu dam en later ry ons op Keiskammahoek in die ander Honde vas wat verby ons is toe onms in die woud moes omdraai.
 

Attachments

  • 100_2375.JPG
    100_2375.JPG
    391.1 KB
  • 100_2376.JPG
    100_2376.JPG
    326.8 KB
  • 100_2377.JPG
    100_2377.JPG
    379.2 KB
Hier split die groep en ons ry verskillende rigtings. Ek, Tinus en Steven en Eazimate ry saam. Die plan is om deur Middeldfrif te gaan, Brekvisvlei, Kommiteesdrif, Grahamstad, Highlands, Alicedale en dan miskien Kromrivier oor Suurbergpas huis toe. Hulle het nog nie die paaie gery nie.

Weet iemand wat Tinus en Steven se Forum name is ?

Dis moer warm. Ons stop op Brekvisvlei, daar's 'n Shebeen en ons gooi 'n koue een. Die hitte het ons bietjie uigemergel en ek was nie te veel lus vir stop en fotos neem nie.
 

Attachments

  • 100_2379.JPG
    100_2379.JPG
    297.3 KB
  • 100_2378.JPG
    100_2378.JPG
    385.5 KB
Hi Jupiter
You did very good time from GHT home after we saw you.
did you go via Highlands and Zuurberg or did you cut some out?
We went A/dale and got home just after 4 pm
 
Die staal brug by Kommiteesdrif wat in 1877 gebou is. Hulle het die ramparts gegooi, die mates oorgestuur Skotland toe, waar hy gebou is, hom met 'n skip en waens hiernatoe gebring, waar hy toe soos 'n Mecano stel aanmekaar gesit is... nommerpas. Daai manne kon maar.

Terug op die teer net duskant Grahamstad gooi ond eers 'n petrolstop vir Eazimate se GS
 

Attachments

  • 100_2380.JPG
    100_2380.JPG
    307.2 KB
  • 100_2381.JPG
    100_2381.JPG
    341.8 KB
Lakey said:
Hi Jupiter
You did very good time from GHT home after we saw you.
did you go via Highlands and Zuurberg or did you cut some out?
We went A/dale and got home just after 4 pm

Patience my good man... you spoiling a good story by running ahead of me.  :dousing:
 
Top