Die Ruiterbos Kolletjie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dusty Rusty

Grey Hound
Joined
Sep 20, 2010
Messages
5,807
Reaction score
0
Location
Bellville
Bike
Honda XR250 Tornado
Aan die voetenent van die Outeniquaberge lê  Ruiterbos Vallei se groen golwende heuwels soos die Atlantiese oseaan voor jou uitgestrek.  Hier lyk dis asof  die lug se skoon ruimtes  tot teenaan die hemel se  plafon  opstyg.  Met elke asemteug, asem mens die natuurprag  tot diep binne-in jou siel, terwyl die  teerpad jou wegvoer op ‘n kaleidoskoop van kleur.
 

Attachments

  • foto 1.jpg
    foto 1.jpg
    136.8 KB
Met Robertsonpas in my visier ry ek al soekende na waar die die padkaartkolletjie, “Ruiterbos” moet wees.  Waar die kolletjie se naambord langs die pad  staan is daar nie veel nie!
 

Attachments

  • foto 2 b.jpg
    foto 2 b.jpg
    100 KB
‘n Entjie pad-af is daar ‘n gesellige plaaswinkeltjie wat jou nader wink.  Behalwe vir die kafeetjie is daar ook ‘n posagentskap, eetplekkie en ‘n paar kunswerke in die gebou. Oorkant die winkeltjie, anderkant die R328 pronk daar ‘n plaasskooltjie. Ek krap kop:  “Aikona, Ruiterbos moet iewers anders wees!”
 

Attachments

  • foto 3 winkel colage.jpg
    foto 3 winkel colage.jpg
    87.9 KB
Met ‘n nuuskierige versigtigheid ry ek oor die R328 en volg die  grondpad  met die steilte af.  Tigger gedra homself mooi en seil soos ‘n wafferse rubberbootjie  oor die klippiepad se golwende bulte.  Eenvoudig en plat is die Tuinroete gelukkig nie!    Die pad vurk voor my en ek swaai terug teerpad se kant toe.  Om  in die middel van die somer te verdwaal in ‘n spinnerak van plaaspaaie sal groot konsternasie veroorsaak!
 

Attachments

  • foto 4 grondpad en tigger.jpg
    foto 4 grondpad en tigger.jpg
    56.5 KB
  • foto 5 grondpad.jpg
    foto 5 grondpad.jpg
    60.2 KB
  • foto 6 grondpad.jpg
    foto 6 grondpad.jpg
    34.9 KB
Terug op die R328 swiep die grys teerpadslang, verby die tagtigjare Eight Bells Country Inn se fabelagtige eikeboom wat al twee honderd jaar oud is. Volgens Eight Bells is die grond waarop die hotel staan oorspronklike deel van 2322 morg grond wat deur Goewerneur Lord Charles Somerset in 1816 aan ‘n Johannes Petrus Marx gegee is, op voorwaarde dat reisigers hier kan uitspan voordat hulle die Outeniquaberge oorsteek.

Al het reisigers somtyds by die plaashuis aangeklop vir herberg is daar eers met die koms van die omgewing se eerste skoolmeester besluit om twee kamers aan te bou. (Waar die hotel se “Bosun’s Whistel Pub” vandag is, was die kamers eers geleë.) Teen die 1930’s was die uitspanplek voor die Outeniqua berge so gewild onder besoekers dat die plaas omskep is in ‘n vakansieplaas. 

Dis veral die hardebaard Royal Navy matrose wie hul seewaterskoene hier kom uitskop wanneer hul skepe in Mosselbaai se hawe vasgemeer het.  Hulle gereelde besoeke het ook bygedra tot Eight Bells se naam. Sien,  in daardie jare is die seemanne se werkskof met 8 klokslae afgetel.  Teen die tyd wat die agste klokslag lui  was dit dus tyd vir ‘n blaaskansie … ..en  waar is nou nie ‘n beter plek om te rus as hier! ;)

Die geelhoutvloere en plafon van die oorspronklike plaashuis tesame met sy 45 cm dik mure kan vandag nog gesien word in die hotel se snoekerkamer.
 

Attachments

  • foto 7 poolkamer.jpg
    foto 7 poolkamer.jpg
    66.7 KB
Alhoewel Eight Bells Country Inn mens aan die Engelse platteland laat dink, kan  jy gelukkig sonder ‘n borsrok of kuilhoed hier  kom aansit vir  tee.  Valhelm in die hand gaan sit ek by een van die teetuin se ronde wit ystertafeltjies.  Dis net ek, ‘n ouer paartjie  en die hotel se vrypostige kat wie die koelte van die teetuin geniet.
 

Attachments

  • foto 8 eight bells bordjie.jpg
    foto 8 eight bells bordjie.jpg
    71.9 KB
  • foto 11 kat.jpg
    foto 11 kat.jpg
    70.5 KB
Na ‘n hemelse Coke float (en ‘n goed gemaseerde katjie) verken ek die res van Eight Bells. Hier’s nogals ‘n oulike paar staproetes waarvoor jy jou tekkies kan inpak, tesame met ‘n swembad, tennisbaan en kinderspeelplek.
 

Attachments

  • foto 9 eight bells gronde.jpg
    foto 9 eight bells gronde.jpg
    35.9 KB
  • foto 10 eight bells gronde col.jpg
    foto 10 eight bells gronde col.jpg
    127.1 KB
Dis egter die langbeen perde op die vallei se skuinste wat my aandag trek. Briek-briek loop ek afdraand af na waar hulle doodluiters agter die heining staan en gras vreet.  Een of twee stap nuuskierig nader. Behalwe vir die “krrrrrtttts-krrrrrrtttts” van perdetande wat gras afpluk is dit doodstil om ons.  Ek vertoef lank by hulle. Mens kry min genoeg die kans om sulke mooie skepsels te bewonder! 
 

Attachments

  • foto 13 perde collage.jpg
    foto 13 perde collage.jpg
    97.9 KB
Dis wat ek nog hier raakgesien het.
 

Attachments

  • foto 13 gronde.jpg
    foto 13 gronde.jpg
    102.2 KB
  • foto 13 wat nog gesien is buite.jpg
    foto 13 wat nog gesien is buite.jpg
    59.2 KB
Te siene binne die hotel
 

Attachments

  • foto 15 sitkamer.jpg
    foto 15 sitkamer.jpg
    110.2 KB
  • foto 14 gesk afskrif.jpg
    foto 14 gesk afskrif.jpg
    54.5 KB
Kortpad na my motorfiets deur die ontvangslokaal ontmoed ek Clive. Of liewerste,  Mr Uithaler.  ‘n Paar jaar terug het hy, met die hotel se ondersteuning  ‘n groentetuinprojek aangepak. Man alleen, het hy sakke en sakke perdemis  in 5 hektaar grond ingewerk en aartappels, kropslaai, pampoen en uie geplant. (hy het darm so bietjie gebruik gemaak van ‘n trekker en diesel wat gratis aan hom verskaf is)  Op sy eie het hy nat gemaak, geskoffel dat die stof staan en wie weet; dalk het hy selfs een of twee keer voëlverskrikker gespeel. ;)

Sy harde arbeid het 180 sakkies aartappels opgelewer. Die hotel het toe dit, asook die res van Clive se groenteoes by hom aangekoop en aan Eight Bells se gaste die lekkerste etes bedien. As jy ooit by Eight Bells inklok is die kanse goed dat jy vir Clive sal ontmoed. Hy is die Senior Besprekingsbeampte hier.
 

Attachments

  • foto 16 clive.jpg
    foto 16 clive.jpg
    49.6 KB
Clive sien my af onder die reuse eikeboom waarvan van die boomtakke tot 20 meter lank is.  Met ‘n sagte toetgroet ry ek onder die boomtakke uit en draai in Robertsonpas se rigting.
 

Attachments

  • foto 17 groot boom.jpg
    foto 17 groot boom.jpg
    159.6 KB
Gebou deur Thomas Bain en ‘n span Krysna bandiete is hierdie pas met sy krulstert draaie en fraai uitsigte ‘n moet vir enige iemand se “doen dinge” lysie. In 1867 is daar met die pas se bou begin nadat Mosselbaai se “padowerheid” moedeloos gesukkel was om ‘n wapad te probeer bou op die ou Attakwaskloof pad.

Thomas Bain het toe ‘n gedeelte van die ou Ruytersboschpad en die Attekwaskloofpad gebruik om ‘n nuwe pas oor die Outenique berge te bou. Vernoem na daardie tyd se Kaapse hoof padingeneur, Murrel Roberson wie hierdie pas moontlik gemaak het, is Robertsonpas in 1869 geopen.
 

Attachments

  • robertson pas col.jpg
    robertson pas col.jpg
    87.6 KB
Sodra mens deur die pas se gevaarlike haarnaalddraai is, kan jy begin uitkyk vir ‘n bosboustasie op regterkant.  Die gemeenskap wie hier woon is grootter as wat ek gedink het.  Dalk is dit die Ruiterbos kolletjie op my kaart!
 

Attachments

  • foto 18 bosdorp buite.jpg
    foto 18 bosdorp buite.jpg
    51.2 KB
  • foto 20 binne bosdorp col.jpg
    foto 20 binne bosdorp col.jpg
    55.3 KB
By die bosboudorpie se ingang is daar ‘n bostuin met rusbankies. Dit is lekker om te sien dat die  Ruiterbossers trots is op hulle omgewing.
 

Attachments

  • foto 21 bostuin col.jpg
    foto 21 bostuin col.jpg
    74.9 KB
Die laaste plek wat ek besoek is by ‘n aftrekplek langs die pas waar daar twee gedenkstene staan. Een  herdenk die dood van ‘n Hollandse dame wat hier oorlede is, terwyl ‘n ander een hulde bring aan gestorwe SAP lede wie  hier in ‘n busongeluk gesterf het.
 

Attachments

  • foto 22 gedenksteen.jpg
    foto 22 gedenksteen.jpg
    150.9 KB
Dit is ook hier waar my ontdekkingstog vir die dag tot ‘n einde kom, want vir hoogtes en skerp draaie het ek baie respek!

Versigtig ry ek weer deur die haarnaalddraai wat soos ‘n vishoek oor die pad lê voordat ek op die reguit pad versnel.  Met tyd aan my kant het ek Brandwag, (https://doutrapper.wordpress.com/2015/02/01/brandwag-die-plek-met-n-bobaas-boere-basaar/)      Outenique Moon, (https://doutrapper.wordpress.com/2015/02/08/ruiterbos-die-plek-van-sprokiesperde-deel-1/)  Eight Bells Country Inn, die bosboustasie, twee gedenkstene, plus ‘n plaaswinkeltjie besoek en darm so bietjie op een van die plaaspaaie ook gery.

Dit was ‘n dag van nuwe belewenisse en ervarings. ‘n Dag waar ek die kans gekry het om deur ‘n klein gordynskrefie na ander se lewens te kon loer.  Ons het baie dinge wat op ons voorstoep en agterplaas wag om ontdek te word.  Kom so bietjie uit. Gaan verken jou  wêreld.  :)

(as jy wil uitvind wat daar alles in die omgewing is om te doen dan kan jy ook hier kliek:  https://doutrapper.wordpress.com/)

Dankie vir die inloer!
 

Attachments

  • foto 2 a.jpg
    foto 2 a.jpg
    22.6 KB
Mooi RR en pics Rusty  :thumleft:
Lanklaas iets van jou gelees. Ek dog jy ry n 650 nou ry jy alweer n nuwe bike.
 
Top