Sonder om julle fred nou te skaak maar Chris, daai roete Tankwa en Oasis toe wat jy my gestuur het, het ek reeds op Basecamp geplot. Ek onderhandel reeds met my 2IB se swaer vir 'n week of wat einde November, begin Desember om hom te gaan ry. Ek is al kromgetrek van die lus om 'n paar dae se kamptrippie te gaan doen. Dis nie die beste tyd om weg te breek nie maar dis maar wanneer dit vir hulle gaan pas en in my lusernseisone gaan inpas.
Ja KR ek soek nou allerhande verskonings om gou weg te kom. Grap is ek het my fiets so lanklaas gery,ek het amper vergeet waarvoor is al daai elektroniese knoppies :lol8: