"Die spinnekop"...deur Nataniël

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

MILADY

Pack Dog
Joined
May 6, 2009
Messages
196
Reaction score
0
Location
Robertson
Bike
Harley Davidson (all models)
Ja Ja Ja Ja Ja ek weet dis baie om te lees ma lees dit net dis
uitstekend!!!!!!!!!!!


Die  Spinnekop - deur Nataniël
Ek weet nou nie hoe jy oor spinnekoppe voel nie, maar ek ry eerder 'n
fiets sonder 'n saal as  om een te konfronteer.
Ja, gisteraand lê ek rustig en lees, minding my own business.....bedlampie
brand baie "domesticated" en sag met die komplimente van Cash Crusaders,
toe ek so 'n sagte geskarrel in die kamer hoor. Ek dog eers dis die mot
wat wil selfmoord pleeg teen die bedlamp se bulbpie ...

Kyk... nee, mot se kind sit so stil soos 'n  pedigree foksterrier wat
razor blades skuit. Toe's die skuifel geluid weer daar en ek skrik alles
regop wat platwas ... en pap wat op was! 'n  Onaardse gedrog van 'n
spinnekop met W.P. rugbykouse, en wat as weltergewig kan inweeg, toer teen
8 000 refs oor die vloer en spring sommer so met die laai se handles teen
die bedkassie op!
Op slag k@k ek my beste linne in  'n herfs kleurskakering in. Lyk of
iemand my bed kapoenkleur, dit is so tussen k@k en pampoen gespray paint
het. Ek m@er alles, boek, bedlamp, asbak, glas, die toetie tot op die
laagste vlak van die kamer, die vloer. Ek skrik my enigste aambei wat ek
het dat hy op my kuite hang! Nou's die m@erse spaaider nog tussen my en
die kombuis, waar ek, omdat hulle my so mollesteer, deur  die jare, 'n
arsenaal van Doom vergader het. Nou weet ek, nou sal ek flat out moet hol
vir daai Doom. Ek pluk my enigste halfnat Jockey aan sodat  die aambei my
nie pootjie nie. Toe trek ek weg kombuis toe dat die  briekmerke soos 'n
straatkaart in my Jockey vergader ... en ek 10 sekondes by die kombuisdeur
moet back paddle om nie twee agterdeure te hê nie. Lord of the Dance se
gat my bra! Terug . Daar sit die bl#ksem nog! Sommer so met die briektrek
spuit ek al.... gelukkig net Doom! ... Osoonlaag en al daai goeters se
m@er! Spuit hom leeg! Duik my  harige vyand soos Ryk Neethling agter die
bedkassie in. M@er toe moet hy wees na daai dubbel Doom en strontreuk wat
nou dikker as toffie in die kamer hang. Ek trek die kas bietjie vorentoe,
skiem nog so ek het gewen, toe skielik hol daai 4 wheel drive monster van
'n aardsgedrog teen die muur uit, reg voor my oë verby, tot kophoogte.
Agt oë soos Beetle wheelcaps kyk my vierkantig in my twee ogies. Nou's dit
nag. Ek verlaat myself, my water breek, my knieë swik, my longe loop leeg,
my lippe parteer van  mekaar. Ek beskuie my weer sonder enema. 'n Kreet
verlaat my binneste, ontsnap oor my trillende lippe. Dis toe dié klanke
wat Black Sabbath en
Uriah Heep na die Drakensbergse seunskoor laat klink. Dit was maar ook
Spiderman se laaste asem, want net daarna los hy als en kom skeef skeef
grond toe, soos fisant stront in vlug. Al retererende het ek en Doom die
veldslag gewen!
MOOI MAN MOOI

 
Top